AARTAPPELKOEKIES MET SOETRISSIES

Aartappelkoekies met soetrissies
AARTAPPELKOEKIES MET SOETRISSIES

3 groterige aartappels
1 groot ui
½ groen soetrissie
½ rooi soetrissiePlaas die bestanddele alles saam in voedselverwerker en verwerk tot fyn. Giet in bak uit.

Voeg by:
1 bossie fyn gekapte uiegras
1 ½ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
Meng goed.

Voeg dan geurmiddels by:
1 teelepel sout
¼ teelepel peri-peri aromat
3 goeie skutte aromat cheese
Bak in vlak olie tot gaar. Onthou om die geurmiddels laaste by te voeg anders maak die aartappels te veel water.

Bron: Marianne de Beer




HANLIE SE DADELPOEDING


HANLIE SE DADELPOEDING
2 eetlepels botter
125 ml bruinsuiker
250 ml broodkrummels, in 250 ml melk geweek
250 ml meel
1 teelepel sout
½ teelepel gemengde speserye
½ teelepel gemaalde kaneel
½ teelepel gemaalde gemmer
½ teelepel koeksoda
250 g dadels, in klein stukkies gesny

Meng die botter en suiker goed.
Voeg die broodkrummels met melk by.
Sif al die droë bestanddele saam.
Voeg by die bottermengsel.
Voeg die dadels by.
Skepdie mengsel in ’n gesmeerde oondbak, sit klonte botter op en bak vir 30 minute by 180ºC.
Bedien met Suurlemoensous…………
Suurlemoensous:
Hierdie is ’n sous wat vir poedings gebruik kan word.
2 eetlepels botter
1 koppie suiker
½ koppie suurlemoensap
1 eier, effens geklits

Smelt die botter stadig in ’n kastrol.
Roer die suiker by en voeg dan die eier by.
Giet die suurlemoensap stadig by, terwyl jy aanhoudend roer. Hou aan roer tot die sous dik is.
Resep: Hanlie Uys




EMMA SE HOENDER FILETTE

12744569_962271800493022_7747681222601975817_n
EMMA SE HOENDER FILETTE

3 eetl mayonnaise
1/2 pakkie wit uie sop
1/2 pakkie mushroom
chillie sous
Meng alles saam.
Sny fillet oop smeer mengsel binne.
Sit bo op fillet ook van sous.
Sit 2 repe bacon per fillet bo op.
Strooi cheddar kaas oor.
Bak in oond teen 200 grade vir 40 minute

BRON EN FOTO: Emma Beetge




JÄGERMEISTER SPEK PASTEI

tested
JÄGERMEISTER SPEK PASTEI
2 pakkies spek
Mozzarella kaas
500 g pangebraaide maalvleis
2 gekapte uie
sout en peper
1 teelepel droë basiliekruid
Worcestershire sous

Voorverhit die oond 180°C.
Lê ‘n vuurvaste oondbak uit met spek – van die middel van die bak na buite (2 pakkies was nodig).
Rasper ‘n lagie Mozzarella kaas daarin.
Maak ‘n mengsel van die maalvleis, uie, sout, peper, basiliekruid en Worcestershire sous.
Druk dit binne in vas, en strooi weer ‘n lagie gerasperde kaas bo-oor.
Vou die punte van die spek terug en bedek die middel met stukkies spek.

Maak ‘n bedruip sous met:
olyfolie
suurlemoensap
1 teelepel Hot English Mustard
1 teelepel bruin suiker

Verf die pastei daarmee voordat dit in die Weber gasbraai geplaas word.
Die pastei word in die Pyrex gebak vir 45 minute, voordat dit uitgeskep is en direk op die rooster gebraai word vir ‘n verdere 30 minute.
Draai die pastei ‘n paar maal om gedurende die laaste 30 minute baktyd, en verf dit elke keer weer met die sous.
Ons het dit saam met knoffelbrood geëet.
Ons reken ‘n bietjie gekapte vars koriander sou die maalvleis lekker opgekikker het.
Ons het die ander helfte vanoggend koud vir ontbyt geëet, en dit was net so lekker.

BRON: Stephane Erasmus Ellis




NIKKI LAUBSCHER’S SCONES

12745920_10209270878993959_7323150274998624816_ntested
NIKKI LAUBSCHER’S SCONES

2 Cups sifted selfraising flour
1 1/2 tbspn sugar
In a jug
62,5 ml oil
1 egg
Fill to the 250ml mark with milk
Add the wet ingredients to the flour and sugar, cut the mixture to mix well with a knife till it forms a ball and pulls away from the bowl. Flour the surface and pat the dough in a circle, cut out circles with a glass or cookie cutter.
Brush with milk or egg…bake 180 degrees for 20 mins
They are light and yummy!
Source: Nikki Laubscher




GIDEON SE FRIKKADELBRAAI

12729074_991880964183061_1897524352012855728_ntested
GIDEON SE FRIKKADELBRAAI
Fikkadelle:
500 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
½ pakkie bruin uiesoppoeier
¼ koppie soetrissiesous
½ teelepel sout
1 teelepel gemaalde swartpeper
1 koppie broodkrummels
3 eetlepel balsamiese asyn
2 eiers
Vulsels:
‘n paar heel amandels
‘n paar ontpitte dadels
‘n paar onpitte vars pruimedante (kleintjies)
‘n paar vars persvye
‘n stukkie bloukaas
‘n paar papierkoppies (10)
Meng die bestanddele vir die frikkadelle saam in ‘n mengbak en maak balle wat in die papierkoppies kan pas.
Plaas ‘n frikkadel in elke papierkoppie en druk met jou vinger ‘n holte in die middel.
Plaas ‘n amandelpit in ‘n dadel en druk die dadel in die holte in die frikkadel (ek het 3 van dit gemaak).
Doen nou ook so met nog 3 frikkadelle, maar plaas in die holte van die frikkadel ‘n klein swartvy wat middeldeur gesny is met die skilkant na onder en druk ‘n stukkie bloukaas bo-op die vy.
Doen nou weer so met die volgende 3, maar plaas in die holte van die frikkadel die oopgesnyde pruimedant met ook ‘n stukkie bloukaas in die middel.
Plaas die papierkoppies met die gevulde frikkadelle op ‘n plaat.
Ek het die frikkadelle in my varkieoond gebak vir ongeveer 45 min.
Saam met dit het ek ook stukkies “sparerib” gebraai, die ete was heerlik!!
Bron: Gideon Louw




VINNIGE MARSMALLOW NAGEREG

 

12715516_961402173913318_855171292626096911_ntested

VINNIGE MARSMALLOW NAGEREG

30ml botter, 75ml suiker smelt saam in kastol op lae hitte tot lig bruin.
Voeg 500 ml melk by en bring tot kookpunt.
Meng 2eetl water en 45ml maizena/ meelblom gooi by melkmengsel en kook tot styf.
Gooi in bakkies laat n bietjie afkoel..sit marshmallows op en grill in oond.

Bron: Emma Beetge




BELINDA SE SAGO POEDING

12742178_559465147545452_509557115254156411_ntested
BELINDA SE SAGO POEDING

Week 250ml sago vooraf in koue water vir so 30 min.
3 koppies melk
4 eetlepels suiker
5 ml vanilje
1 eetlepel botter
250 ml sago
3 eiers
Knippie sout
Gooi melk in kastrol,suiker,vanilje en botter.Bring tot kook pint op starige hitte.Voeg eiers en sout by en roer,gooi sago by en roer oor baie lae hitte met n draad wisk.Inhoud sal begin duk raak en balletjies deurskyned.Balletjies moet sag wees.Gooi in n glasbak,smelt 1 eetlepel appelkoos konfyt in mirowave op 30 sekondes,drup oral op poeding.Laat afkoel en geniet.
Bron: Belinda Minnie




ZEE FRANSE SLAAI

12710989_10207303272593943_8308317042652026220_otested
ZEE  FRANSE SLAAI

Effens anderse bestanddele as ons gewone groenslaai of Grieks slaai. Tradisionele French Salad het opgekookte klein aartappeltjies en een of ander vorm van protein in soos hoender of vleis. Gekookte eier en fyn groenboontjies is altyd deel van hierdie slaai.
Groen blare
Fyn groenboontjies
Tamaties
Olywe
Gerasperde wortel
Uie
Gekookte eiers
Hoender of vleis (opsioneel)
Gekookte jong aartappeltjies (opsioneel)
Bron: Louise Groenewald




GROENTE EN LENSIE SLAAI MET JOGURTSOUS

12743919_10153343759652765_2514749591071218992_ntested
GROENTE EN LENSIE SLAAI MET JOGURTSOUS

250ml rou bruinlensies, afgespoel.
3 wortels, geskil en in blokkies gesny
1 groot soetpatat, in blokkies gesny
400grm botterskorsies, geskil en in blokkies gesny
3 rou bete, in wiggies gesny
1 rooi ui, in wiggies gesny
45ml olie (Ek het cocunet olie gebruik )
15ml heuning
Knypie rooipeper
Sout en peper
Jogurtsous
60ml jogurt
5ml knoffel gekap
15ml vars koljander, fyngekap
15ml suurlemoensap
15ml olyfolie
2 sirkels fetakaas

Stel oond op 180•
1. Kook lensies tot gaar, dreineer en hou eenkant.
2. Meng al die groente met olie, heuning en geurmiddels.
3. Plaas groente op n bakplaat en bak vir ongeveer 40min of tot sag.
4. Joghertsous Meng al die bestandele behalwe fetakaas en hou eenkant.
5. Skep lensies in slaaibak, gevolg deur Geroosterde groente.
6. Skep joghertsous bo-oor en sprinkel fetakaas oor.
Ek het die jogurtsous apart gehou sodat elkeen dit self kon oorgooi
Bron: Elna Erasmus