CHRISTINE SE KONDENSMELK MELKTERT

CHRISTINE SE KONDENSMELK MELKTERTtested
CHRISTINE SE KONDENSMELK MELKTERT

1 liter melk
500ml room
1 blik kondensmelk
4-5 opgehoopte eetlepels maizena

In bak sit ek 750ml melk, room en kondensmelk en kook, die ander melk meng ek die maizena by en wanneer die mengsel kook meng ek die maizena mengsel in en kook tot dit gaar is.

Gooi in voorbereide kors of maak ‘n kors van tennis beskuitjies en botter.  Strooi kaneel oor en laat afkoel

Bron: Christine Valentine
Foto: Marina Ras




FATIMA’S LEMON MERINGUE

fatimas lemon meringuetested
FATIMA’S LEMON MERINGUE

1pkt Tennis bisc(crushed)
100g butter/margarine melted.
Mix together & press down into pie dish.
Filling-1 lemon juiced & grated zest
1tin condensed milk
4 eggs separated
1cup orley(whipped stiff)
In a bowl, mix together lemon juice, egg yolks, grated rind & condensed milk.
Mix in whipped orley(must be stiff).
Mix until well combined.
Pour mixture into pie crust.
Now whip egg whites with 3tsp castor sugar, adding one tsp at a time. Whisk till soft peaks form.
Either pipe or scoop meringue onto pie & form peaks with a fork.
Bake in preheated oven at 180C for +\- 15-20min until meringue is a golden colour.
Remove from oven & allow to cool.

Source: Fatima Isaacs
Pictures:  Karin Hurn




GEBRAAIDE KWEPERS

 

GEBRAAIDE KWEPERStested

GEBRAAIDE KWEPERS
3 kwepers gewas en goed afgevee.
Sny in ¼ te haal pit uit. Sprinkel dadelik suurlemoen sap oor en sit in ‘n pan op foelie.
Sit klontjies botter op.
Strooi bruinsuiker en strooisuiker oor.
Sprinkel bietjie water oor.
Maak toe met die foelie.
Bak teen 180ºC vir 1 ½ uur, draai die kwepels om elke ½ uur.
Laaste 15 minute, maak foelie oop,  strooi weer bietjie suiker oor.
Bedien met room, vla, roomys

Resep en foto: Emma Beetge




BLOUKAAS HOENDER

 

BLOUKAAS HOENDERtested

BLOUKAAS HOENDER

4 hoenderbors filette
Sout e gemaalde peper
2 eiers geklits
tuisgemaakte droë Broodkrummels
125 ml natuurlike laevet yogurt
125 ml room
80 g bloukaas
Kap filette effe platter tussen kleefplastiek.
Sprinkel met sout en peper.
Doop filette in eier dan in broodkrummels.
Pak in ‘n gespuite oondbak.
Meng jogurt en room en giet bo-oor.
Rasper bloukaas oor, sit tinfoelie oor en bak tern 180 ºC vir 25 min.
Haal foelie af en bak n verdere 15 min tot bruin maar nie droog.

Resep: huisgenoot wenresepte
Foto: Marie Grobler




GIDEON SE PIZZA DEEG

PIZZA DEEGtested
GIDEON SE PIZZA DEEG
2 koppies koekmeel
200 ml louwarm water
1 eetlepel suiker
1 eetlepel sonneblom olie
5 g gis
½ teelepel sout

Sif die droë bestanddele en meng die olie en die water, voeg alles in ‘n mengbak en meng tot ‘n elastiese deeg. Knie goed en laat rys tot dubbel die volume.
Deel die deeg in drie ewe groot dele en rol uit. Sny ‘n sirkel so groot soos ‘n bord en plaas een in ‘n plat oondpan wat gespuit is. Smeer die basis met knoffel (crushed garlic), strooi dan die hele basis met gerasperde Chedder kaas, plaas in ‘n voorverhitte oond op 180°C en bak vir ±10 min. Voeg dan oor die hele basis gerasperde parmasaan kaas en grill net vir 2 min. Garneer met grasuie en maal ook ‘n bietjie swart peper oor.
Vroulief het toe ‘n lekker bord kookkos gemaak bestaande uit uie, pampoen en lamsvleis. Ek skep toe my kookkos bo op my pizza met ‘n bietjie van die kookkos se sous daaroor en siedaar heerlik was dit!
Bron: Gideon Louw
Foto’s: Gideon Louw




MARYNA SE KERRIE VARKTJOPS

Kerrie Varktjopstested
MARYNA SE KERRIE VARKTJOPS

6 tot 8 varktjops
½ koppie asyn
½ koppie koekmeel
Sout, pepper en neutmuskaat
2 groot uie in ringe
1½ koppie kookwater
2 eetlepel kerriepoeier
3 eetlepel hoog bruinsuiker
Strooi sout, pepper en neutmuskaat oor varktjops. Meng meel, kerriepoeier, sout, pepper en neutmuskaat en druk varktjoppies in meel tot goed bedek.
Pak laag tjops (sny kepe vet in vet) en dan laag uie ringe.
Meng die kookwater, bruinsuiker en asyn en giet bo oor die tjops en uie.
Bak op 190º C vir 1½ uur,  verwyder foelie en bak verder oop tot tjops sag en bruin is, maar oppas dat die lekker sousie nie wegkook nie.
Indien sousie skraps lyk maak nog suiker, water en asynmengsel aan, maar gee dan genoeg tyd dat dit lekker dik is en deurgekook het.
Bedien saam rys.

Resep en foto:  Maryna Kruger




ERNA SE SPINASIESLAAI

testedSpinasie slaai
ERNA SE SPINASIESLAAI

Meng in slaaibak:
blaarslaai
1 bossie jong spinasieblare
1 pakkie spek (bros gebraai en in stukkies)

Apart verpak:
boontjiespruite
8 snye brood in bokkies en in olie gebraai (croutons)

Meng in ander houer:
1 koppie sampioene in skyfies (rou)
½ koppie bruinsuiker
¼ koppie bruin asyn
Derde koppie tamatiesous
½ koppie olie
1 eetlepel Worcestersous
¼ tot ½ koppie fyn uie
sout en peper

Neem die 3 houers saam na waar jy gaan kuier en net voor ete sprinkel jy die jy die croutons, en boontjiespruite oor, en dan die sous.
Resep en foto: Erna Van Der Merwe




EIERLOSE SJOKOLADEKOEK

EIERLOSE SJOKOLADEKOEK
650 ml koekmeel
90 ml kakaopoeier
10 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
3 ml sout
325 ml strooisuiker
160 ml olie
30 ml asyn
5 ml vanilla
500 ml water

Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en strooisuiker saam. Meng die olie, asyn, geursel en water. Voeg geleidelik by die droë bestanddele terwyl voortdurend geklop word. Giet beslag in 2 gesmeerde koekpanne. Bak 35-40 min by 180°C of totdat die toetspen skoon uitkom. (Enkel laag bak 50-55 min)
Laat die koeke 5 min in die panne afkoel voordat dit op ‘n draadrak uitgekeer word. Versier soos verkies.
Foto:  Fanie Smit
Resep: Carmari Fourie Strobos
As student die koek gebak vir verjaarsdae-kan nie flop nie! Daarom die naam Tics sjokolade koek gekry (naam van  die diensjaar waar ons vir jare vir studente op verjaarsdae die lekker moist koek gebak het).
Na deeg in pan gegiet het, gee so een of 2 ‘kap’ /’stamp’ op tafelblad – help lugborreltjies ontslae te raak.




MELKTERT SONDER KORS

MELKTERT SONDER KORStested
MELKTERT SONDER KORS
30 ml botter gesmelt
1 koppie suiker
4 koppies melk
5 ml vanielje
4 eiers se gele
Klits alles saam

Meng die volgende:
1 koppie meel
5 ml bakpoeier
Knippie sout

Meng die melkmengsel by die meelmengsel
Klits eierwitte styf en roer laaste in.
Stel die oond op 180ºC en bak 25 – 30 min. Laat afkoel strooi kaneel oor.
Bron: Andre Adriaan Esterhuizen




KARRINGMELK BESKUIT MET WHEAT BIX

Karringmelk Beskuit met Wheat Bixtested
KARRINGMELK BESKUIT MET WHEAT BIX
1.5 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
10 Wheat bix beskuitjies fyngerol
Meng bogenoemde saam in een bak.
400 ml margarine
500 ml karringmelk
300 ml kookolie
2 geklitste eiers
500 ml suiker
Meng natbestanddele en suiker met droë bestanddele. Druk deeg vas in pan en druk af met beskuitdrukker. Of maak ballletjies en pak in ‘n pan.
Bak by 180ºC vir 55-60 min! Laat afkoel en drooguit.

Resep en foto: Mariaan Hartman