

ALTA SE SWARTWOUD KERSIEKOEK
2 koppies koekmeel
2 koppies strooisuiker
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
½ koppie kookolie
7 ekstra groot eiers, geskei
½ koppie kakao
amper ‘n koppie vol kook water (so tusen ¾ koppie en vol koppie)
5 ml vanilla geursel
2 ml kremetart
Meng kakao en kook water goed en laat afkoel.
Sif droë bestandele saam (ek doen dit sommer in my Kenwood se bak).
Giet olie, eiergele en koue kakao mengsel by en klits goed.
Klits eierwitte en kremetart saam en vou in by sjokolade mengsel. Skep uit in 4 laag panne (kan ook koek in 2 groot panne bak en dan sny).
Bak in 180 ºC oond vir +-45 min of tot gaar. Ek toets maar, almal se oonde verskil.
Keer uit op draad rak en laat oornag staan om af te koel (as koek koud genoeg is sit ek dit in ‘n plastiek sak sodat dit nie uit droog nie).
Kersie vulsel:
1 houer swartkersies sonder pitte (in blikkie of bottel).
Hou van die kersies heel een kant en snipper die res op.
Gebruik die sous. Kook dit op lae hitte. Voeg nou ‘n knippie sout by ‘n hoogvol eetlepel vla poeier en ‘n ½ koppie water. As stroop kook, voeg vla mengsel by en kook, haal af van stoof en laat goed koud word. Klits nou so ‘n ½ liter room tot goed styf (ek het bakkies room gebruik). Dit klits mooi en word nie botter nie.
Nou vir die koek:
Deel kersie vulsel in 4 dele.
Gebruik 3 van jou lae koek en sprinkel liggies met kersie likeur. In elke een van die 3 lae smeer van afgekoelde kersie vulsel op koeklaag, nie tot op die kant nie. Spuit ‘n laag room en sit dan volgende laag op en doen dieselfde met elke laag.
Laaste laag spuit eers room in mooi rosette reg rondom koek en sit van die vulsel in die middel, versier met kersies wat gebêre was en versier met sjokolade krulle.
Kan ook in klein koekies bedien word.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk