DAWIE SE BIELIE WITBROOD

2014-08-23-broodtested
DAWIE SE BIELIE WITBROOD

Hierdie is nie vir groentjies en iemand wat haastig is nie.Jy het geduld nodig.Dit hang nou af hoeveel brood jy wil bak.n 2.5kg meel bak omtrent 3 brode. Ek het 5kg witbroodmeel gebruik. Daar het 5 brode uitgekom en nog 9 oondbroodjies wat amper soos n ronde bun lyk. As ek hulle nie gemaak het nie,sou ek 6 brode gebak het. So dis omtrent n brood vir elke kg meel

Onthou daar is mos n kg meel in die suurdeeg ook. Die oggend na jy ingesuur het soos wat die resep se,vryf jy n koppie margarien vir elke 2.5kg in die meel in. 2 Teelepels sout vir elke kg meel. As jou suurdeeg vol gerys is,gooi die suurdeeg daarin en knie dit goed tot n lekker deeg. Gooi lekker warm water by as die deeg te droog is. Maak die deeg toe en hou dit warm sodat hy dubbeld die grootte rys. Dan smeer jy die panne. As die deeg vol gerys het,knie jy dit weer af en verdeel dit in mooi gelyke dele en rol dit so lekker glad tussen jou hande en plaas in die pan. Die deeg sal omtrent 50 mm dik in die pan lê. Maak weer die panne toe met n kombers. Ek sit hulle op n elektriese kombers om warm te kry en te rys.Of agter in die bakkie se kappie wat in die son staan. Dan rys hy lekker. Mense dis n lang proses. Ek waarsku julle. As die panne amper vol is,plaas hulle in n voorverhitte oond en bak vir 45 min teen 160 grade en die laaste 15 min teen 180. Gooi uit op n draadrak en laat redelik afkoel voor jy begin eet. Hou die bure weg. Anders deel jy alles uit. Ek sny my brode in 2 en vries dit. Ontvries dit in die mikrogolf soos nodig. Pasop om op mekaar te pak as hulle nog warm is, anders duik hy in op die gesnyde kant.

Suurdeeg resep:  http://foodloversrecipes.com/kookwater-suurdeeg/

Dawie vD Heever




ET SE ANYSBESKUIT

 

2014-08-23-beskuittested

My “kinky” anys beskuit al besig om uit te droog! Sommer in Ouma se ou knie emmer gemaak.

2½ kg koekmeel
15 ml sout
3 x 10 g pakkies kitsgis
250 g gesmelte botter/margarien (ek bak met Stork-to-Bake)
4 eiers geklits
1 x 397 g blik kondensmelk
louwarm water (ongeveer 3 tot 4 koppies)
30ml Sambuca anys likeur (of anys geursel of gedroogde anys na smaak) {ek sal volgende keer dubbel die hoeveel anys likeur gebruik aangesien die geur nie sterk genoeg is na my smaak}
Meng die koekmeel, sout en gis.
Smelt die botter en meng met kondensmelk en Sambuca en spoel die blikkie uit met warm water en voeg al die nat bestandele (insluitended die geklitste eiers) by die droë bestanddele.
Begin knie en voeg louwarm water bietjies – bietjies by om ’n sagte kniebare deeg te vorm.
Sit die bak met deeg op ’n warm plek neer en bedek die deeg. Ek sit ‘n glasbottel met warm water in die deeg om dit vinniger te laat rys en maak die deeg toe met kleefplastiek, ‘n skoon lap en vou toe in kombers.
As die deeg tot dubbel sy volume gerys het, knie dit af tot sy oorspronklike grootte.
Voorverhit die oond tot 200°C.
Smeer twee plat oond panne en skud uit met meel.
Maak lang *rolletjies (amper die lengte van die pan) van 200g deeg . Smeer elke rolletjie goed met gesmelte margarien of botter en vleg twee rolletjies saam. Pak 5 dubbel rolletjies gevlegde deeg in elke pan en laat weer rys tot amper dubbel die hoeveelheid.
Sit die panne in die oond, stel temp af na 180°C en bak vir 50 to 60min teen 180°C.
Keer die beskuit uit die panne en laat effens afkoel voordat jy dit in stukke breek.
Droog dit uit in ’n lou oond en laat heeltemal afkoel voordat jy dit in lugdigte houers wegpak.
*indien jy verkies om dit in bolletjies te rol maak seker jy het genoeg smeer (olie of gesmelte botter/margarien) op jou hande sodat die bolletjie maklik kan afgebreek word wanneer hulle gaar is. Pak styf teen mekaar in brood panne en laat rys voordat jy dit bak.

ElsabeTempleton




SUMMER SAUSAGE ROLLS

 

summer sausage rolls

Ingredients
• 2 large skinless chicken breasts
• 1 garlic clove, crushed
• 3 rashers streaky bacon, thinly sliced
• 4 sundried tomatoes, chopped
• handful basil leaves, chopped
• 375g/13oz pack ready-rolled puff pastry
• flour, for dusting
• 1 egg yolk, beaten
• 25g sesame seeds
Method
1. Whizz the chicken and garlic in a processor until the chicken is minced. Tip in the bacon, sundried tomatoes and basil. Pulse for 5 secs to just mix through. Season well.
2. Roll the pastry sheet on a lightly floured surface and cut in half lengthways. Spread half the chicken mixture along the middle of one of the pastry strips, then roll up the pastry, pinching the ends together to seal. Using a sharp knife, cut into 2.5cm long pieces. Repeat with the remaining pastry strip. Can be frozen, uncooked, for up to 1 month.
3. Heat oven to 200C/180C fan/gas 6. Place the rolls on a large baking sheet. Brush with the egg, then sprinkle with seeds. Bake for 20 mins until golden.
Bron” Onbekend
Posted by Elize Grobbelaar
Picture from BBC Good Food




GESTOLDE WORTELSLAAI

2014-08-23-wortelslaaitested
GESTOLDE WORTELSLAAI
Die gestolde wortelslaai is elke keer wat ek dit maak ‘n treffer.
1 blik fyn pynappel (410 g)
1 pakkie suurlemoenjellie (80 g)
100 g (125 ml) suiker
1 ml sout
200 g (500 ml) wortels fyn gerasper
1 pakkie Orley Whip kits versiersel (125 ml)

Dreineer die sap van pynappel, dit moet goed gedreineer word.
Verhit die stroop tot kookpunt, en los jellie daarin op, laat afkoel tot dik is maar nie gestol nie.
Klits die dik jellie tot romerig, klits dan die suiker bietjie vir bietjie by.
Meng die wortels en pynappel en vou liggies in jellie in klits die Orley Whip styf en vou by wortelmengsel in.
Keer wortelmengsel uit in nat slaaivorm en plaas in koelkas. Verkieslik oornag. Keer uit op bord.
Wenk ek gebruik ‘n die harde slaaivorms of ‘n glas bak om slaai in te stol die sagte vorm werk nie baie goed nie, en ek spuit die vorm met spray en cook.
Foto en resep:  Elsa Hattingh

Elize de Kock
Ek maak dieselfde resep, nooit ‘n flop nie, ek gebruik gewone room en gooi by 1 teelepel wit peper en 175 ml fyn gerasperde Cheddar kaas. Res van die resep dieselfde.




BUTTERNUT AND CHICKPEA CURRY

 

2014-08-23-bunnychowtested

o Oil-1 tbs.
o Onion, chopped-2 medium
o Garlic, chopped – 3-4 cloves
o Cilantro, chopped (stalks and leaves separated, stalks reserved)- 1 bunch
o Butternut Squash, diced- 1 medium
o Chickpeas- 1 can
o Patak’s Korma Paste or any other curry paste (not cooking sauce)- 2 tbsp.
o Coconut Milk- 1 can
o Water- 2 cups
o Spinach- 100 gr
o Frozen Peas- 1/2 cup
o Desiccated unsweetened coconut (optional)- 2 tbsp.
o Salt- to taste
o Basmati Rice- 2 cups
1. Heat a tablespoon of oil in a large and deep pan and cook chopped onions, garlic and cilantro stalks over low heat for 10 minutes until soft and slightly coloured.
2. Meanwhile dice your butternut squash to match the size of chickpeas. I leave the skin on as I discovered it cooks very nicely and eliminates a lot of unnecessary work. When the onions are tender add the curry paste and cook for a minute or so stirring the whole time, then add your squash, chickpeas, coconut milk, desiccated coconut, water and a pinch of salt, bring it to a boil by turning the heat up, then turn the heat down to a low-medium and simmer it covered for 35-40 minutes. Stir it occasionally to prevent from burning and add a few splashes of water if it gets too dry.
3. Start on the rice. Cook your rice in the rice cooker according to the manufacture’s instructions.
4. Test the butternut squash, it should be fork tender by this point but not falling apart. Your curry should be thick so if it’s too runny, uncover and let the liquid cook down for a few more minutes. When you are satisfied with the consistency of the curry stir in peas, spinach and cilantro leaves, cover with a lid and take off the heat.
5. Serve with steaming hot basmati rice. We love having naan bread or chapattis and various Indian pickles and chutney with our curries. My children go crazy for crunchy poppadums!

Recipe posted by Angela Landsberg




KAMBRO KONFYT

FLR BB be the first to give us a photo!!
KAMBRO KONFYT

Uit Peter-jasies se resepteboek

As jy iewers die kans kry om van die kambro konfyt in die hande te kry moet jy beslis proe hoe dit smaak, dit laat jou dink aan kafferwaatlemoen konfyt, maar dit het tog ‘n unieke smaak.

Hier is die resep van ‘n tannie wat gereeld Kambro-konfyt kook.  Volgens haar is net die Kambro’s wat in Augustus uitgehaal word geskik vir konfyt kook.

Hier is die resep soos wat sy dit maak:

Skil kambro dun af en week dit vir ‘n ruk in soutwater om melk uit te trek (ek weet nie hoe lank ‘n ruk is nie, dit is maar soos ek die resep gekry het).
Sny die kambro in repe of skywe wat geskik is om te prik.
Prik deeglik van alle kante en sny dan in verlangde groote of vorm.
Weeg die stukke.
Week nou die stukke oornag in kalkwater (1 eetlepel kalk op 3.4 liter water)
Gooi water af en spoel stukke af met skoon water.
Sit nou die stukke een-een in kookwater (water moet nie ophou kook nie) en kook vir 10 minute vinnig tot deursigtig.
Maak stroop van 500 gram suiker vir elke 500 gram vrugte en gebruik drie koppies water vir elke 500 gram suiker.
Laat stroop kook en plaas stukke geleidelik daarin sonder dat stroop ophou kook.




STYWE ROOMKAASVERSIERSEL-MET MEEL

2014-08-22-versieringtestedroomkaas versiersel met meel

STYWE ROOMKAASVERSIERSEL-MET MEEL
Resep:  Maria Liebenberg
Foto:  Petre van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
¾ koppie sagte botter/baking margarine
½ koppie roomkaas
¾ koppie bruinsuiker
1 koppie koekmeel
1 teelepel sout
2 teelepel vanilla geursel
2-3 koppies versiersuiker
Klits (room) botter, roomkaas en bruinsuiker vir 2 min op hoë spoed, totdat die kleur meer wit word.
In ‘n aparte bak, meng meel en sout.
Voeg meel/sout mengsel by botter mengsel en klits tot goed gemeng.
Voeg vanilla by en dan die versiersuiker. Meng goed.

DIS BAIE LEKKER




GEBAKTE VISVINGER GEREG

 

2014-08-22-visvingergeregtested

Hierdie is my eie resep, deur die jare aangepas om hom te kry soos wat hy nou proe.
1 Boks van 32 visvingers
Olie vir die diepbraai van die visvingers
1 Groot ui fyngekerf
1 Eetlepel knoffel
100g gekerfde Sampioene (king oyster verkieslik, of gewone knoppie sampioene)
Bietjie olyfolie
1/2 Koevertjie Sampioensoppoeier
1 Koevertjie Wituiesoppoeier
500ml Volroom melk
250ml Room
1 1/2 koppies gerasperde Cheddar kaas
1/2 teel Swartpeper
Additionele sout na smaak
Metode:
Diepbraai vir visvingers vir 5 minute, en hou eenkant.
In die olyfolie, braai nou die fyngekerfde ui, knoffel en gekerfde sampioene. Sit eenkant.
Maak nou die melk warm in die mikrogolf, en meng die sampioensoppoeier en wituiesoppoeier daarin en maak seker dit is goed opgelos. Voeg nou die swartpeper by en nog sout indien verkies. Vat nou die gebraaide uie, knoffel en sampioenmengsel en meng dit in die melkmengsel in. Voeg laastens die room by en roer goed deur.
Pak nou die gebraaide visvingers in lae in ‘n oonvaste bak, en gooi die melk/room mengsel eweregtig oor en maak seker alles is goed bedek. Heel laaste strooi die gerasperde kaas bo oor.
Maak toe met foelie, en bak vir ongeveer 30 minute by 200 grade. Na die 30 minute, haal die foelie af, en bak vir ‘n verdure 30 minute, of totdat die sous mengsel goed verdik het en die kaas effens gerooster het.
Dien op saam met kappokaartappels of styel van jou keuse.

Resep en foto:  Dewet En Tania Botha




VINNIGE MELKTERT

marli se melkterttested

VINNIGE MELKTERT
1 liter melk
4 eeetlepels koekmeel
4 eetlepels maizena
Knippie sout
2 eiers
1 1/2 koppies bruinsuiker
3 eetlepels margarien
1 teelepel vanilje essence
Kaneel
1 Pk tennis beskuitjies vir kors net so uitgepak in tertpan

Kook melk margarien en vanilje essence saam tot kookpunt.

Klits die eiers, meel, suiker, maizena en sout met so 1/2 koppie melk en roer by die kokende melk in Stel die hitte laag en kook oor lae hitte tot mengsel lekker dik is en gooi oor tennisbeskuitjies . Strooi kaneel oor en laat die tert goed afkoel voor jy hom in die yskas bere anders sweet die tert! Geniet!
Resep: Anita Bauman
Foto:   Mareli Ahlschläger

Nota:  Ek vervang 2 lepels maizena met 2 lepels vlapoeier en dit maak hom nog lekkerder.
Rina Kleinhans

 




ANITA SE SJOKOLADEKOEK

2014-08-22-anitasjokoladekoektested

ANITA SE SJOKOLADE KOEK
2 koppies suiker
6 eiers (gele van wit geskei)
2 koppies koekmeel
1 koppie kookwater
1 koppie kookolie
½ teelepel sout
2 teelepel bakpoeier
4 eetlepels kakao

Klits olie suiker water en eiergele saam tot dikkerige vloeistof.
Sny (sif) die meel sout cacoa en bakpoeier 3 maal saam en voeg dit by die vloeistofmengsel en meng deeglik saam.
Klits die eierwitte styf tot puntjies vorm en vou dit by die deegmengel in.
Skep in voorbereide panne.
Bak vir 40 minute teen 140ºC (vooraf verhitte) oond.
Versier met eie keuse van sjokolade versiersel.

Gewaarborg om nooit te flop nie!
Vir groter koek maak die mengsel 2 x aan en bak in 2 groterige koekpanne anders gebruik 2 medium panne!

Resep en foto: Anita Bauman