JESSIE’S KOEKSISTERS

2014-08-24-koeksusterstested
JESSIE’S KOEKSISTERS

2 cups cake flour
2 tablespoon baking powder
½ tsp salt
1 large egg
4 tbsp butter/margarine
½ cup of water
oil for frying

Ingredients – syrup:
1kg sugar (5 cups)
1 ½ cinnamon sticks
½ tsp ground ginger
1 ½ cups of water
juice of one lemon

Method – dough:
1. Sift the flour, baking powder and salt together.
2. Rub in the butter and mix until pliable.
3. Mix this with the egg and water (adding the water a little at a time).
4. Work the dough well. If the dough appears to be lumpy and sticky, continue to work the dough until it will ball up.
5. Let the dough rest at room temperature for about three hours (under an inverted mixing bowl).

Method – syrup:
1. Prepare the syrup a day before (it needs to be very cold).
2. Dissolve sugar in the water.
3. Add the spices and lemon juice to this and boil together. Leave the syrup cool in the fridge overnight. I devide my syrup into two and keep it in the freezer overnight. The secret to getting the syrup into the centre of the koeksister is that the hotter the koeksister and the colder the syrup it just shloops it in !

To prepare the koeksisters:
1. Roll out the dough (thickness 5mm).
2. Cut the dough into strips of 6cm long, 2cm wide.
3. Cut each of these strips into three strips (not all the way through, leave the strips connected at the top).
4. Plat each strip, pinch together at the end of the strip.
5. Deep fry until golden brown.
6. Remove and drain quickly – dip the hot koeksisters in the cold syrup (that was stored in the fridge up to now).
7. The secret is to keep the syrup cold and the koeksisters hot, this way it will draw just the right amount of syrup.
8. You can keep the syrup cold by keeping the syrup bowl in another container filled with iced water.
Bron: Jessie Meyer




VRIESKAS RAAD VIR SADE EN NEUTE

VRIESKAS RAAD VIR SADE EN NEUTE

Middag almal, wil gou by die slim mensies uitvind, kan ek die volgende sade/neute in die vrieskas of yskas hou en vir hoe lank voor dit dalk kan afgaan of bitter raak: rolled oats, pekaneute, coconut flakes en pampoen pitte. Wil meusli maak maar het te veel van alles, of kan ek alles maak en net so in vrieskas bêre? Baie dankie vir julle hulp.

Deirdre Kirchner
Alles wat jy daar genoem het, kan jy net so vries en dit sal vars bly. Seël dit net. Ek sit my meel, pasta, beskuit en rys alles in vrieskas en dit bly vir maande vars. Keer ook vir miete wat mens so maklik in jou meel kan kry. Beskuit kry ook geensins daai ou smaak soos as dit te lank buite gehou word nie. En wat lekker is, alles wat ek nou genoem het, vries nie solied nie. Jy kan bv jou meel uithaal en dadelik strooi, beskuit dadelik in jou koffie druk en jou pasta en rys dadelik kook! Geen verskil!

Liezel Malan Burger
Wonderlik, want ek het baie van alles by verskaffer gekoop, werk mos maar goedkoper uit, maar nou is ek nie seker of ek sommer meusli van alles moet maak en vries, of liewer net dit wat ek genoem het moet vries en elke keer vars maak nie, ek bak alles en dan kry dit nog botter heuning suiker sousie oor nie. Mixed nuts kan ek dit ook vries?

Linda Venter
Ja nee wat…..jy kan dit vir n baie lang tydperk vries….dit kom niks oor nie.

Liezel Malan Burger
Linda wat stel jy voor, dat ek klomp meusli op een slag maak of net neute en sade vries en elke keer vars maak? Ek het okkerneute vir meer as 2 jaar in my vrieskas gebêre. Het ‘n groot sak vol geskenk gekry.

Linda Venter
Ek sal voorstel jy maak dit elke keer vars… ek het bv. sopbone nou al vir 3 jaar in my yskas… en ek kook nog elke jaar boontjiesop daarvan… het ook ‘n sak vol present gekry… ek maak genoeg sop en vries die sop ook… so dit is seker maar om te ewe.

Issie Snyman
Ek vind my rys en pasta wat gevries is, breek klein op wanneer jy dit kook. Ek hou myne in plastiese houers met lourierblaar in.

Deirdre Kirchner
Linda, ek nou vergeet van al die droë bone, erte, sopmengsels, gort, koring, lensies, ens. Dit kan regtig vir maande/jare in jou VRIESKAS hou! Daai goed het alles ‘n spesiale plekkie in my vrieskas. ALTYD!!

 




SWISS FONDUE

SWISS FONDUE

Swiss cheese and Gruyere cheeses make for a fondue recipe that’s rich and savory. Cooked in a white wine sauce, it makes for a dish worthy of your finest entertaining.

Ingredients:
8 ounces Swiss cheese, grated
4 ounces Gruyere cheese, grated
1 ½ tablespoons cornstarch
1 cup dry white wine
1 tablespoon Kirsch
1 clove garlic, minced
French bread, cut into cubes

Directions:
1) Combine cheeses and cornstarch in a large bowl. Set aside.
2) Combine wine, Kirsch, and garlic in a fondue pot; bring to a boil over high heat. Add cheese mixture, whisking to prevent lumps. Bring to a gentle simmer and keep warm over low, stirring as needed. Serve with bread

Bron: Lorraine Weitz Brand
Foto’s:  Elsabie Templeton




AGED CHEDDER FONDUE


AGED CHEDDER FONDUE
Sharp, aged cheddar cheese pairs with dark stout beer in this fondue dish. Serve with stale, crusty bread for an authentic Irish experience.
1 pound grated aged cheddar
½ pound grated Asiago cheese
2 tablespoons flour
2 cups stout beer
1 tablespoon lemon juice
1 teaspoon Dijon mustard
½ teaspoon salt
½ teaspoon black pepper
Fresh pears, for serving
Crusty bread, for serving

Toss cheeses and flour together in a large bowl. Set aside.
Combine remaining ingredients in a fondue pot over high heat; bring to a boil. Add cheese slowly, whisking constantly, until smooth and hot. Cook over medium-low until cheese is melted. Serve with bread and pears.
Bron: Lorraine Weitz Brand




KAASFONDUE VIR NAGEREG

tested

KAASFONDUE VIR NAGEREG
Met roomkaas of mascarpone en sjokolade kan jy ‘n maklike, heerlike nagereg maak.

230 g (1 houer) mascarpone of roomkaas
190 g donker sjokolade, fyn gekap

Smelt die mascarpone of roomkaas en sjokolade oor lae hitte terwyl geroer word tot glad. Doop aarbeie, ontpitte dadels, lie-tsjies of pruimedante (onpit en gevul met stukkies marsepein) of blokkies botterkoek in die sous. Hou die sous warm oor baie lae hitte terwyl julle eet.

Bron: Lorraine Weitz Brand




TUNAGEREG

 

2014-08-23-vistested

Benodig:
2 Blikke Denny Condensed Sampioensop
2 Blikke Solid Tuna gedreineer en fyngemaak
2 Groot pakke Beef Simba skyfies fyngedruk
Stel jou oond op 180ºC
Gooi die sampioensop, tuna en skyfies in ‘n groot bak en meng dit baie goed.
Spuit ‘n oondvaste bak liggies met Spray ‘n Cook.
Gooi die mengsel in die oondbak en bak tot goudbruin.
Bedien warm.

Bron: Mauryn Grundlingh




KAASKOEK MET BLOUBESSIE TOPPING

2014-08-23-berriestested
KAASKOEK MET BLOUBESSIE TOPPING

Almal het so gepraat oor die bloubessies die afgelope paar dae, dat besluit ek om ‘n kaaskoek met ‘n bloubessie sousie te maak. As jy nie van die bloubessie hou nie kan jy hom vervang met kersies, aarbie, passionfruit, raspberries. My resep is Tyler Florence s’n wat ek al ‘n hele paar jaar maak.

Kors
2 koppie fyn digestive krummels
½ teelepel fyn pypkaneel ( kan uitgelos word…..ek doen )
120 g botter gesmelt
Vulsel
2 x 8 oz pakkies roomkaas ( 2 x 230 g)
3 eiers
1 koppie suiker
2 koppie suurroom ( smetana )
1 suurlemoen se zest
1 teelepel vanilla essence
Topping
2 ½ koppies bloubessies
zest en sap van een suurlemoen ( ek proe hoeveel suurlemoen sap ek wil byvoeg. Vir my werk so ½ suurlemoen. )
2 eetlepels suiker

Voorverhit die oond na 325 grade F ( 160º C )
Voer die base van ‘n 24 cm los boom pan met waspapier uit.
In ‘n aparte bak, meng die bestandele van die kors saam. Moenie al die botter op een slag byvoeg nie. Voeg net genoeg by sodat hy mooi klam is.
Gooi in die pan en druk vas op die base en so 2cm teen die kant op.
Plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
In die bak van ‘n elektriese menger, klop die roomkaas op ‘n lae spoed vir 1 minuut tot glad en vry van enige klontjies.
Voeg die eiers 1 op ‘n slag by, en klits tot goed gemeng na elke byvoeging.
Voeg die suiker geleidelik by en klits tot romerig….so 1 tot 2 min.
Voeg die suurroom, lemon zest en vanilla by.
Onthou om die kant van die bak elke nou en dan af te skraap.
Plaas die koekpan op ‘n groot stuk foil en vou die kante van die foil op om teen die kante van die koekpan op te kom. ( ek gebruik 2 stukke
Plaas die pan nou in ‘n groot genoeg oondpan, want daar gaan water ingegooi word.
Skep die vulsel van die roomkaas oor die kors.
Giet kookwater in die oondpan totdat die water omtrent halfpad teen die kante van die kaaskoek pan opkom; die foelie sal voorkom dat die water insypel en die kors bederf.
Bak die kaaskoek vir ongeveer 45 min. Hy stol nie styf nie en daar sal nog ‘n “jiggle” wees. Eers as dit koud is sal dit styf gestol lyk. ( ek het myne al 2 x 5 min langer ingehad as hy vir my nog te los gelyk het. )
Verwyder van die oond en laat afkoel in die bak water. Sodra dit koud is plaas in die yskas totdat benodig. ( ek maak myne die vorige dag )
Voeg die al die bestandele vir die topping in ‘n klein potjie en prut oor medium hitte vir 5 minute of totdat die vrugte effens begin af te breek. Laat eers goed afkoel voordat dit oor kaaskoek gegooi word.

Foto en resep:  Wilanda Räsänen




KNOFFELSLAKKE

2014-08-23-snailstested

KNOFFELSLAKKE
Ek het  knoffel botter gesmelt, ‘n blikkie slakke by gevoeg! lekker gebraai in knoffel botter toe bietjie knoffel stukkie by gegooi en ook bietjie sout! Braai net deur.   Toe het ek bietjie wit uie sop poeier gaan gemaak  met melk en by gegooi!! kook tot dik! Die hoeveelheid hang af van die hoeveelheid bakkies jy wil vol maak.
Skep in slakke bakkie en  sit bietjie gerasperde kaas bo oor!!
Sit in die oond onder grill tot kaas gesmelt is.
baie baie lekker.
Resep en foto:  Benhet Nieuwenhuys




BRANDEWYNTERTJIES

2014-08-23-brandewyntertjiestested

BRANDEWYNTERTJIES
BESLAG:
250 g dadels
5  ml koeksoda
250 ml kookwater
250 ml witsuiker
60 ml botter of margarien
1 eier
375 ml koekmeel
2 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml gekapte neute
STROOP:
300 ml witsuiker
250 ml water
15 ml botter of margarien
100 ml brandewyn
2 ml vanilla geursel

Sny dadels fyn en strooi die koeksoda oor. Giet die kookwater oor en laat staan om af te koel en sag te word. Meng suiker en botter goed. Voeg die eier by en meng. Voeg hierdie mengsel by die dadelmengsel. Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam en roer dit by die dadelmengsel in. Roer ook die neute in. Spuit klein kolwyntjiepannetjies en skep twee derdes vol beslag. Bak ongeveer 15 tot 20 min by 180°C tot mooi bruin en gaar.
STROOP: Kook suiker, water, botter en sout 5 min saam. Haal van stoof af en voeg brandewyn en vanielje by. Dompel warm tertjies in stroop. Laat afkoel.

Resep en foto:  Elda Steyn Langenhoven




VERSUIKERDE LEMOENSKIL

VERSUIKERDE LEMOENSKIL

Sny 2 lemoene se skil in repies. Verhit 60 ml lemoensap en 60 ml water, knippie sout en 1 koppie suiker. Roer tot suiker opgelos en kook saggies op medium hitte, voeg lemoenskil by en kook 20 minute tot stroperig. Skep met gaatjies lepel uit en koel af . Sprinkel met suiker. Jy kan suurlemoen skil ook op dieselfde manier maak. Gebruik as versiering op lemoenkoek, of geniet net so.
Die resep is net aangepas vir ‘n mikrogolfoond:
Op high vir 7 minute, roer, en dan vir n verdere 2-3 min. op high.
Moet nie te lank in mikrogolfoond kook nie – brand baie gou.

Geplaas deur Amanda Conradie
Nota en foto: Christie Xti  Rina… ek het gevra vir versuikerde lemoenkyfies en jul het my na hierdie resep verwys , dit was ‘n reuse sukses.. Eerstens dit gekook tot die skil deurskynend vertoon het, uit gehaal en ‘n bietjie gedroog, in suiker gerol en verder gedroog teen 60° C in die oond met ‘n houtlepel in die oonddeuropening … HEERLIK VERBY, baie dankie vir jul hulp, ek waardeer dit werklik…