MADELYN SE DONUTS

MADELYN SE DONUTS

Meng alles net saam in groot bak.
225g koekmeel
½ koppie strooisuiker
10 ml bakpoeier
knippie sout
125 g botter
1 eier
¾ koppie melk
5 ml vinilla geursel
Klits met klitser tot glad.

Maak Donutmaker warm en drup ‘n eetlepel vol deeg in elke vorm.
Laat bak tot ligbruin en laat afkoel.
Versier volgens eie keuse…

Resep en foto: Resep: Madelyn Cloete




AMANDA SE TAMATIESOUS

AMANDA SE TAMATIESOUS

Hierdie kan in blender gesit word vir fyner tekstuur.

4,5 kg tamaties
½ kg uie
4 koppies suiker
½ teelepel fyn naeltjies
1 teelepel rooipeper
1 bottel wit asyn
1 bol knoffel of 1 eetlepel geperste knoffel (opsioneel)
1 teelepel neut
¼ koppie sout
2 koppies appelkooskonfyt
2 klein soetrissies
blikkie tamatiepuree (opsioneel)

Sny alles fyn.
Kook tot sag / dik.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

Resep: Amanda Struwig




HILDA SE MAKLIKE VARKTJOPPIES

HILDA SE MAKLIKE VARKTJOPPIES

Mash, peas and devine pork😊

Varksoussie
6 Varktjops
4 Eetlepels gemaalde ui
3/4 koppie Water
1/4 teelepel Peper
1/4 teelepel Kaneel
1/4 teelepel Peri-Peri (optioneel)
3 eetlepels Asyn
2 eetlepels Meelblom
2 eetlepels Worcestersous
1 koppie Tamatiesous
knippie sout
knippie naeltjies

Metode :
1. Braai tjops lekker bruin. Sit in oondbak.
2. Meng res van bestanddele en kook 2-3 minute.
3. Skep sous oor vleis. Maak toe en sit in oond .
bak so 30 min @ 160 grade.
Ek maak dit sommer in braaipan.

Resep en foto: Hilda Kruger
2de foto:  Rina Kleinhans




ANTHONY’S CHAKALAKA CHEESE AND CHUTNEY TWIRLS


ANTHONY’S CHAKALAKA CHEESE AND CHUTNEY TWIRLS
1 Can Chakalaka
Cheese grated
Chutney
1 Roll Puff Pastry

Roll out puff pastry
Put a layer of chakalaka on pastry
Sprinkle thin layer of cheese over chakalaka
Roll up the puff pastry
Slice into rolls and put onto baking tray
Bake on 180`C until brown and crispy (about 40 min)
Glaze with chutney and serve
Own recipe and photo – Anthony Olivier




TASCHA SE KOOLFRIKADELLE

TASCHA SE KOOLFRIKADELLE
Resep en foto: Natascha de Jongh
FOOD LOVERS RECIPES
Blansjeer heel koolblare sodat jy dit maklik kan hanteer.
Frikkadelle:
1 kg maalvleis
2 uie, fyngerasper
¼ koppie melk
2 eiers
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels blatjang
1 teelepel sout
bietjie peper
1 teelepel kerriepoeier
2 teelepels Aromat
1 eetlepel suurlemoensap

Meng alles goed.
Vorm balletjies, ek het redelike grotes gemaak en rol toe in die koolblare.
Pak in ‘n bak wat ‘n deksel het en bak by 200°C tot gaar en blare sag. (Ek het die sous in die bak afgegooi en sous met dit gemaak deur dit dik te maak met Bisto en meel.)
Strooi gerasperde Cheddar kaas oor en bak nog ‘n rukkie tot kaas gesmelt en mooi goud bruin is.
Heerlik!!




ANNEMI SE LAM EN KRUISEMENT PASTEI

tested
ANNEMI SE LAM EN KRUISEMENT PASTEI

1 kg stowe lamsvleis
5 ml fyn koljander
7 ml suiker
62 ml asyn
30 ml botter
30 ml meelblom
1 ml fyn naeltjies
2 glase rooiwyn
peperkorrels en sout

Sny vleis in stukke en strooi bietjie meelblom en sout oor.
Smelt botter in swaar kastrol en roer meelblom in.
Laat ligbruin braai.
Roer wyn en asyn in en voeg fyn naeltjies, koljanser en suiker by.
Plaas vleis in kastrol by sous en voeg ‘n paar peperkorrels by.
Laat stadig stowe tot vleis sag is.
Voeg kort-kort kookwater by indien nodig.
Verwyder bene en skep vleis in gesmeerde pasteiskottel.
Sit ‘n laag uitgerolde pasteideeg oor en bak tot ligbruin in oond.

Foto: Annemi Du Randt Jordaan




WAT KAN JY ALLES MET BLAARSLAAI DOEN

tested
WAT KAN JY ALLES MET BLAARSLAAI DOEN

Selma Dickens
– maak Chinese sop met dit
– Wontons spring onions chicken noodle sop fyn spaghetti baie lekker

Frikkie Jones
– Gewoonlik sny hulle die vars blaarslaai in die lengte en sit dit op n griddle pan tot hy swart strepies maak en bedien met bloukaas dressing.
– Ek weet die Franse maak dit met ertjies gaar

Rensche Klaassen
– Maak dit soos die outydse kool as dit gaar is kan n mens nie die verskil proe nie ( met aartappels en uie)

Marie Greeff
– My sussie het dit al gekook met aartappels en uie dan fyn gemaak met botter. Was baie lekker

Faye Abrahams
– Add to your stirfry instead of cabbage

Ilse Visser
– Maak sop daarvan, kropslaai sop is fantasties, met n ui, bietjie room en bietjie aromat.
Onthou om dit te luquidise

Chris En Madeleine Koekemoer
– Kap dit in stukkies en meng met chilli bite mix, braai dit dan in olie. heerlik.

Tersia White Wessels
– Ek gebruik my groenslaai wat nie meer crispy is nie en braai dit in ‘ pan en gebruik dit vir ontbyt saam met wors en eiers of op ‘n hamburger. Dit is heerlik, want dit het reeds al die geure en asyn in.

Karin Van Greuning Venter
– Ek kook soos kool met aartappel en uie.Heerlik

Lucy Lopes Viljoen
– Ek het 5 kg verloor deur blaarslaai te kook in water met bietjie aromat

Anne-Marie Watt
– 1 blik suikermielies, 2 koppies blaarslaai, 1 ui gebraai, halwe koppie ertjies, halwe pakkie wituiesoppoeier, bruismeel, 1 eier. Sout, peper na smaak. Meng alles en bak lepelsvol in pan. Heerlik!!

Petra Nel
CHRISTINE SE BLAARSLAAI SOP ~ RSG
500 ml room
3 liter melk
750 ml kookwater
1½ ui
1 eetlepel olyfolie
2 pakkies repies spek
3 groot aartappels – grof gerasper
1½ kop blaarslaai
2 pakkies hoender roomsop
Hoenderaftreksel – aangemaak met water

Kook melk en water saam. Gooi aartappels by en kook tot sag. Braai uie apart in olyfolie. Braai repies spek in dieselfde olie. Gooi uie en spek in melk en kook. Gooi ook blaarslaai by. Voeg hoenderaftreksel by en laastens die room. Kook vir sowat 1 uur.

________________________________________________
2 koppe blaarslaai
1 liter hoenderekstrak
1 koppie room, of ongegeurde jogurt
handvol gekapte pietersielie
1 aartappel, geskil en in blokkies gesny

Sny die blaarslaai in groot stukke en spoel af. (jy hoef dit nie droog te maak nie)
Plaas dit in kastrol met die hoenderekstrak en aartappel.
Kook tot die blaarslaai deurskynend is.
Verpulp die mengsel in ‘n voedselverwerker.
Sout en peper na smaak.
Voeg die room of joghurt by.
Bedien met pietersielie as garnering.
RSG Resepte

Jenny Nel Robberts
– Hi julle ek maak ook blaarslaai sop maar so: Blaarslaai en gekapte uie kook saam met hoender blokkie tot sag. Maak so koppie of so witsous. Verpulp en gooi sout en peper by en as jy wil room. Dit proe soos aspersie sop. Dit regtig heerlik. Hier by ons het ons baie baie blaarslaai omdat ons net in die winter kan groente plant en dan gebruik ons als.

Tanya Vorster Bezuidenhout
– Ek sny dit op saam uie en braai dit en eet dit op ‘n boerewors rol. Dis vreeslik lekker. My ma het jare terug ‘n kaffee gehad en dit so bedien. Die mense was mal daaroor. Vir die manne wat van brand hou kan jy chillies saam braai.

Katryntji Nell
– Sny dit soos vir slaai en kook saam met vleis dit maak soos bietjie dik

Hanli Wessels
– Blaarslaai kan soos spinasie gekook word en proe dan ook soos spinasie….aartappels,ui en blaarslaai….sout en baie peper…..en so kan beetblare ook gekook word.

Louise Nel Basson
– My skoonma het my geleer dat mens dit kan kook soos jy groenboontjies koop. Heerlik

Christelle Gerhard Coetzee
– Chop blaarslaai in fyn stukkies, gooi pak gevriesde ertjies by, en halwe blokkie hoenderaftreksel opgelos in kookwater, kook en braai net liggies.




ALTA SE VINNIGE STEAK

Alta se Vinnige Steaktested
ALTA SE VINNIGE STEAK

Gewone steak, met bietjie suurlemoen sap oor en braai speserye.
Bak steak aan albei kante soos jy daar van hou.
Gebruik daai stukkies wat afval van steak – die bietjie olie ook.
Gooi bietjie meel by van die wat jy gebruik.het om steak in te rol
Voeg dan water by en kook deur

Bron en foto: Alta Gunter Van Dyk




RYSNOEDELSLAAI

tested
RYSNOEDELSLAAI
½ pak rys noodels
2 wortels gerasper
2 groot uie in ringe gesny
sout en peper
Mayonnaise, Sweet Chili Sous en bietjie suiker

Kook rys noodels tot el dente (gaar, maar nie papsag).
Braai uieringe en gerasperde wortels.
Geur met sout en peper en bietjie suiker.
Plaas alles in ‘n slaaibak en meng met bietjie Mayonaise en Sweet Chili Sous.
Resep: Lisa Haarhoff van Schalkwyk




HOENDER SUPREME

Hoender Supremetested

HOENDER SUPREME

4 hoender fillette
1 bakkie knopie sampioene
1 rooi Soetrissie
1 bakkie klein tamatietjies
2uie in ringe gesny
Sout, peper en braaisppeserye na smaak
10ml knoffel in olyfolie
1 koppie room
15ml Maizena

Sny die hoender in lekker dik skywe en braai saammet die uie, sout, peper, braaispeserye en knoffel in olyfolie, in ‘n wok (dankie Rina ek gebruik nogsteeds myne) of diep kastrol.
Voeg die sampioene en soetrissie wat opgesny is, by.
Voeg klein bietjie gekookte water by, en kook tot die hoender gaar is.
Voeg tamaties by en blus net die tamaties. Dit moenie papkook nie.
Meng maizena met bietjie water en verdik sous.
Meng room in Net voor opdiening.
Bedien op lekker bruinrys of net met slaaie.

Resep en foto: Wilma Josey Venter