SPINASIE DEEGRING

tested

SPINASIE DEEGRING
Roomkaas tertdeeg:
500 ml koekmeelblom
250 g margarien
eiergeel, geklits
1 ml sout
125 ml roomkaas of maaskaas
Vulsel:
1 ui, gekap
30 ml botter
5 ml aangemaakte mosterd
1 ml vars gemaalde swartpeper
500 g bevrore spinasie of vars geblansjeerde spinasie
1 knoffelhuisie, gekneus
15 ml suurlemoensap
sout
15 ml koekmeelblom
50 ml suurroom

Deeg:
Sif meelblom en sout saam.
Vryf margarien met vingerpunte in.
Voeg genoeg roomkaas by om ‘n sagte, stywe deeg te verkry.
Verkoel in yskas.

Vulsel:
Soteer ui en knoffel in verhitte botter.
Voeg res van bestanddele behalwe suurroom by.
Laat afkoel. Voeg room by en meng.
Rol deeg langwerpig uit op goed meelbestrooide oppervlakte.
Skep vulsel in middel van deeg.

Vorm deeg versigtig in ‘n rol en vorm dan in ‘n ring.
Verseël kante met eiergeel. Plaas op bakplaat wat goed gespuit is.
Sny kepe met skêr in deeg.
Verglans met eiergeel.
Bak 20 min in voorafverhitte oond by 200°C.

Resep geplaas deur Amanda Struwig
Foto:  Susan Strydom




BAKKERSVLA-CRÈME PÂTISSIÈRE


BAKKERSVLA-CRÈME PÂTISSIÈRE
Genoeg vir 500 ml
40 g koekmeel
120 g suiker
300 ml melk
4 eiergele
5 ml vanieljegeursel
20 g botter
Sif die meel en suiker saam en hou eenkant.
Klits 60 ml van die melk en die eiergele saam. Gooi die meelmengsel by en klits tot glad.
Verhit die res van die melk oor lae hitte tot dit net begin kook.
Gooi ’n derde van die warm melk by die eiermengsel en meng goed. Gooi alles terug by die verhitte melk en roer goed.
Roer deurentyd tot die mengsel dik word. Kook vir 1 min. en roer steeds, want die vla kan maklik aanbrand.
Gooi die vanieljegeursel by en roer goed.
Skep uit en bedek die houer met kleefplastiek sodat die vla nie ’n vel maak nie.
Laat afkoel en hou in die yskas.

Hierdie vla werk wonderlik om klein tertdoppies mee te vul.
Word ook tuisgemaakte vla genoem.. heerlik

 

 




PIZZA SOUS


PIZZA SOUS
1 blikkie goeie kwaliteit cherry of roma tamaties
1 klein blikkie tomatiepasta
250 gram cherry tamaties (Woolies se tamaties in die box is die lekkerste)
vars basilicum kruie maar die trick is om nie de blare op te kap nie maar om hulle bo die sous in te skeur in stukkies anderste raak die blaar swart en verloor die kruid sy smaak en geur
oreganum gedroogde kruie so eetlepel en ‘n klein bietjie
so teelepel nat donker bruin suiker,
2 fyngemaakte knoffelhuisies (knoffel tone noem ons dit) en dan laat jy die sous vir so uur prut sodat die geure goed kan intrek. Dis ‘n basiese itaiaanse tamatie/pomodoro sous  – Familie resep
As jy hom bietjie spicy soek dan kan jy klein bietjie chilli in sit.

Resep:  Claudia Bellink




MAKLIKE CHILLISOUS

2015-05-08-chillisoustested
MAKLIKE CHILLISOUS
8 groot uie, fyn gesny
1 groot blik appelkooskonfyt
250 ml asyn
750 ml tamatiesous
¾ koppie rissies stukkies, gesny en ontpit
2 opgehoopte eetlepels knoffel

Braai uie tot deursigtig, voeg knoffel en rissies by braai nog vir so ‘n min.
Voeg dan tamatiesous, asyn en appelkooskonfyt by.
Kook oor lae hitte vir 5 min en bottel.
Mens kan fyn gesnipperde boontjies en blokkies wortel ook byvoeg.
As jy hou van baie brand, voeg van die rissies se pitte in die sous.

Resep: Bottel-en-Bere Groep
Plasing en beproef: Amanda Struwig




AF-EET VERJAARSDAGKOEKE

2015-05-08-afeetkoeke
AF-EET VERJAARSDAGKOEKE
Hierdie soort koeke is baie gewild by veral kleuters. Dit bestaan basies uit kartondoosvorms wat met eetgoed versier word.
Algemene wenke

1. Die grootte van die kartondoos wat gebruik word, hang af van die onderwerp.
2. Trek die karton met tinfoelie oor.
3. Heg die dele van die kartonkonstruksie dan aanmekaar met maskeerband of krammetjies.
4. Die hoeveelheid koekies, lekkers en beskuitjies hang af van die grootte van die “koek”.
5. Die koekies en lekkers word met koninklike versiersel op die tinfoelie vasgeplak.
6. Gebruik ‘n stewige basis, byvoorbeeld ‘n skinkbord of plank.

Ingestuur deur:  Hannetjie Snyman

 




KONINKLIKE VERSIERSEL-Royal Icing

2015-05-08-afeetkoeke-001testedBLOU

KONINKLIKE VERSIERSEL-Royal Icing
Om koekies aan karton te plak om dit te versier

1 eierwit
3 druppels suurlemoensap
175 g versiersuiker (330ml),gesif
Kleursel en geursel (opsioneel)

1. Meng die eierwit en suurlemoensap.
2. Voeg die gesifte versiersuiker lepelsgewys by en meng totdat dit puntjies vorm wat opstaan.
3. Kleur en/of geur indien verkies.
4. Maak die bakkie met versiersel dig toe, anders word dit hard en droog.

Nota:   Ek gebruik ‘n versiersak. Dit word nogal vinnig hard.

Resep en foto Ingestuur:  Hannetjie Snyman
2de foto van Frances Smith




EAT-SUM-MOR BESKUITJIES

eat some moretested
EAT-SUM-MOR BESKUITJIES

1. Roer Saam:
500 g botter en 2 koppies suiker.

2.Klits saam:
2 ekstra groot eiers met 2 koppies lou water

3. Sif saam:
1,5 kg bruismeel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
Meng 2 en 3 beurtelings by 1 in.
Rol Balletjies, pak in gespuite panne en bak +- ‘n uur by 180º C.
En dis dit.. so ‘n eenvoudige reseppie maar dis verby lekker.
Resep geplaas deur:  Eurika Buckle




KERRIE WILDSMAALVLEIS

tested
KERRIE WILDSMAALVLEIS
1 kg Wildsmaalvleis
1 groot ui
3 groot aartappels
Meng alles saam en gooi in die stoompot..stoom vir 45 min
Was nou een aartappel skoon af, en sny dit in met skil en al

Voeg by:
1 eetlepel sout
1 teelepel borrie
2 teelepels medium kerriepoeier
1 teelepel vars knoffel
1 eetlepel blatjang
1 teelepel sout
½ teelapel swart peper
Stoom nou vir 20 minute.

Lekker op rys, of met Stampkoring.
Kook Rys of ‘n Rys Stampkoring mengsel 50/50, en voeg so paar rosynties in terwyl dik kook.

Resep:  Stefaans Blaauw




CURRIED GAME MINCE

venison mincetested
1 kg Game mince
1 large onion
3 large potatoes
Mix all together in a pressure cooker. Steam for 45 min.
Wash one potato and dice with skin and add to the pot.

Spice with:
1 tsp salt
1 tsp turmeric
2 tsp medium curry powder
1 tsp fresh garlic
1 tbs chutney
½ tsp black pepper
Steam for another 20 Minutes
Serve with rice and whole pearled wheat, or a 50/50 mixture of both and add some raisins.

Recipe:  Stefaans Blaauw




BUNNY CHOW

2015-05-07-bunnychowtested

BUNNY CHOW
Braai uie, kerrie, borrie en speserye.
Braai die blokkies steak (goulash)
Gooi tamatiepasta in
Voeg aartappels en water by en laat kook
Voeg laaste gemengde blikkie kerrie groente in en 2eetlepels appelkoos kontfyt laat dit lekker prut

Hol die brood uit en skep vleismengsel in.
Sit Tamatie, uie en chillieslaai bo-op

Resep en foto:  Sonja Muller