TESS SE MARINADE VIR HOENDERBORSIE REPIES

TESS SE MARINADE VIR HOENDERBORSIE REPIES
Resep en foto: Tessie Pretorius
FOOD LOVERS RECIPES
½ koppie mayonnaise
½ koppie olyfolie
½ koppie balsamiese asyn
1 eetlepel heuning
1 teelepel sout
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel peri peri
1 teelepel paprika
1 knoffel huisie, gesny en gekneus

Meng alles saam, marineer oornag.
Bak in konveksie oond volkrag vir 25 – 30 min bedien met roerbraai groente en slaai.
Koud : sny hoeder fyn repe vir hoender slaai of hoender en mayo toebroodjies.




AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE MET KITS GIS

AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE MET KITS GIS

1 geskilde aartappel, gerasper
1 gelykvol Eetlepel sout
2 opgehoopte eetlepels suiker
2 koppies lou warm water
1 pakkie kits gis
4 of 5 rosyne.

METODE:
DAG 1:
Gooi alles in n can Fruit bottel, gee net so een roer en maak die deksel toe. Hou in n vensterbank of erens waar hy kan warm kry.

DAG 2:
Gooi alles deur ‘n sif. Gooi so kwart van die ou aartappel terug saam met die ou rosyne en so derde van die suurdeeg water. Maak nou weer die resep aan, maar die keer sonder gis en rosyne en gooi dit by die bietjie wat jy oorgehou het van dag een.
Maak die bottel weer toe en laat staan vir ‘n dag.

DAG 3:
Nou behoort jou plantjie aan die gang te wees. Elke keer as jy met dit wil bak, gooi dit deur ‘n sif en gebruik net die vloeistof in jou deeg (Ek hou net so kwart van die suurdeeg vir die nuwe plantjie, die res gebruik ek in die deeg, hang seker ook maar af van hoe sterk jou plantjie is.).

Maar onthou om elke keer weer bietjie van die ou aartappel, die ou rosyne en bietjie van die vloeistof in die bottel terug te gooi.
Vul dit dan net elke keer met ‘n nuwe aartappel, 1 lepel sout, 2 lepels suiker en 2 koppies lou warm water.

Jy behoort daagliks dit so te kan gebruik, maar as dit voel of die suurdeeg nie genoeg laat rys nie, laat staan dit net ‘n dag of wat langer, gooi nuwe of bietjie meer rosyne in. As jou rosyntjies nie meer goed lyk nie, vervang dit.

Resep: Adele Van Staden
Foto:  Hendrik Markgraaff




AMANDA SE OTJIE POTJIE

AMANDA SE OTJIE POTJIE

Hierdie was vanmiddag se otjie potjie – toe nog in wording – nou halfpad opgeëet!:

Potjie varkvleis gerol in mengsel van “sweet & Sour” souspakkie en so halwe koppie meel by.
Dan lekker bruin gebraai in vlak olie.
Alles teruggesit in pot, met 3 mini eisbeins.
Bietjie water bygevoeg en gaar geprut in oond.
Ek het heelwat later eers die aartappels, uie en toe ook wortels bygevoeg en hom net sy eie gang laat gaan in die oond.
Bedien saam met rys en lekker soet pampoen.

Resep en foto: Amanda Struwig




LIENIE SE PEERSLAAI

LIENIE SE PEERSLAAI

Gister het my skoonsus vir ons die heerlikste peerslaai gemaak. Ek is so spyt ek het nie ‘n foto geneem, maar ek kan vir julle sê dit het pragtig gelyk en die geure is uit ‘n boek uit.

Jy benodig:
Baba spinasieblare
Vars ryp pere
Blikkie ingelegde lietsjies
Vars frambose
Koppie (ongeveer) plein joghurt
Koppie (ongeveer) Miracle Whip
Gekapte pekanneute (opsioneel)

Pak die skoongewaste spinasieblare uit op ‘n lekker groot plat bord.
Sny die pere in ronde skywe, sowat 5mm breed en pak ‘n laag daarvan op die spinasiebed.
Meng die joghurt en mayonnaise (gelyke dele) soveel as nodig.
Plaas dan ‘n laag van hierdie sous bo-oor sodat al die pere bedek is.
Versier met lietjies, vars frambose en neute.

Die soet van die lietjies en die suur van die frambose is ‘n smaak ontploffing in jou mond 🙂 !!

Resep: Lienie Struwig




MAKETAAN STUKKONFYT

MAKETAAN STUKKONFYT

Skil die maketaan.
Sny in skywe
Verwyder die pitte en binneste vlesige gedeelte. (jy kan jam daarvan kook)
Nou prik jy daardie skywe baie deeglik aan alle kante
Weeg dan voor jy die skywe in stukkies sny.
Nie te groot nie maar ook nie te klein nie …so 4cm.
Sny dit dan in blokkies en plaas dit in kalkwater oornag.
12,5 ml kalk op ‘n liter water.
Laat die kalk baie goed afsak voor jy die water oorgiet.

Volgende oggend kook jy jou stroop:
kg vir kg en 4 x 250ml water op elke kg.
Maak ekstra want die stroop kook baie weg.
Voeg ook stuk gekneusde droë gemmer by asook sap van n suurlemoen.
Laat 2 minute kook.

Hou warm.
Spoel die geweekte stukke deeglik af en bring in skoon water tot kookpunt.
Dit moet goed vir 10 minute kook voor jy dit uitlig, dreineer en in warm stroop plaas
Bring tot kookpunt en laat ten minste 2 ure kook
Laat oornag en kook dan volgende dag tot glansend en stroop lekker dik is.
Bottel warm.

Resep en Foto: Greta Bester




SULTANA ATJAR

SULTANA ATJAR
500 ml druiwe asyn
4 groot uie gekap
25 ml maizena
1 teelepel masala
1 eetlepel kerriepoeier
2 1/2 koppies suiker
1,5 kg sultanas
1 teelepel sout
1 teelepel borrie

Verhit asyn, suiker en sout, bring tot kookpunt.
Voeg uie by, kook 15min lank.
Voeg kerrie, masala en borrie by, kook goed.
Voeg sultanas by, kook 20 min.
Meng maizena met water, voeg by, kook.
Bottel warm, verseel dadelik
Resep: Eva Botha.




GEROOKTE GEELSTERT

GEROOKTE GEELSTERT

Brine:
1/2 koppie growwe sout
1/2 koppie bruin suiker
1 eetlepel growwe swart peper
3 eetlepels knoffel vlokkies
Vars tiemie
1/4 teelepel peri peri poeier

Rice spice
Brine vis vir 2 ure in die brine
Na 2 ure, haal vis uit die brine, smeer met speserye en tiemie
Rook in weber vir 2 ure teen 80°C

Resep en foto: Cecil Dunhin




WILMA SE HEERLIKE PANNEKOEKE

WILMA SE HEERLIKE PANNEKOEKE
2 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
2 eetlepels sonneblomolie
1 eetlepel asyn
1 ½ koppies melk
1 ½ koppies water
2 groot eiers
1 teelepel sout

Meng saam (klits) tot sonder klonte en bak in warm pan.  Gebruik bietjie olie in die pan vir die eerste een en dan is dit nie weer nodig nie, of soos jy verkies.
Hierdie resep maak so ongeveer 12-14 pannekoeke.
Resep en foto: Wilma Batt




CHICKEN AVO SPAGHETTI SALAD

CHICKEN AVO SPAGHETTI SALAD
3 cups shredded cooked chicken
½ x 285 g jar piquillo peppers, drained, thinly sliced
4 green onions, sliced
2 advocado’s, sliced
50 g baby spinach, roughly shredded
½ cup whole-egg mayonnaise
¼ cup lemon juice
2 tablespoons chopped fresh thyme

Cook pasta in large sauce pan of boiling salted water, and two table spoons sunflower oil.Cook until tender.
Drain.Rinse under cold water.drain wel.Set aside to cool.
Place chicken, peppers, onions, avo, spanish and pasta in a large bowl.
Combine mayonnaise, lemon juice and thyme in a small jug.
Season with salt and pepper.
Drizzle salad with this dressing, tos gently and serve.

Nota:
Ek het ook so bietjie tabasco sous by die dressing by gesit, ongeveer 3-4 druppels dit bring daai tiemie se smaak uit saam die suurlemoensap. Maar ‘n mens kan nog goed by sit soos bv komkommer of gekapte rissies.

Recipe and photo: Shenell Courtney




BEVRIESING VAN GROENTE

BEVRIESING VAN GROENTE

Bevriesing is n baie goeie manier van voedselbewaring,maar slegs as dit reg gedoen word.
Blansjering
Die enigste groente wat sonder Blansjering gevries kan word sonder nadele is Groen Rissies[GREENPEPPER]

VOORDELE VAN BLANSJERING
1.Stop ensiem aksie wat smaak,kleur en tekstuur nadelig kan beinvloed.Die ensieme hou aan werk as blansjering nie gedoen is nie,al is groente gevries.
2.Blansjering maak oppervlakke skoon,vernietig bakteriee,swamme en ander nadelige organismes.
3.Dit verhelder die kleur
4.Dit verhoed vitamienverlies
5.Dit maak groente minder vatbaar vir vriesbrand

TYD IS KRITIES
Onder blansjering maak groente meer vatbaar en stimuleer die groei van organismes
Oorblansjering veroorsaak verlies van kleur,smaak,vitamines en minerale.

DIE BLANSJERINGSPROSES
Gebruik 5 liter water vir elke 500 gram groente.Water moet voluit kook.Plaas groente in kokende water,groente moet binne n minuut weer kook.Die tyd begin sodra die groente weer kook,gooi groente in bak met yswater sodra kookblansjeertyd verby is,dit moet vir dieselfde tyd in yswater le,as tyd verstreke is,dreineer goed,verpak en b
BLANSJEERTYE VIR GEWILDE GROENTES,As jy groente wat nie op lys is wil vries vra net

TYDPERK IN MINUTE
Aspersies
klein 2
medium 3
groot 4
Boontjies 3
Brokkoli 3
Brussel Sprouts 3
Spinasie.Ek kook dit op vir een minuut,gooi dan in yswater vir een minuut,pers alle water uit,verpak ,en bevries
Wortels
Klein heel 5
gekerf 2
Blomkool 3
Seldery 3
Ertjies Een en n halwe minuut

Bron:  Henk Boshoff.