TREK VELLETJIE VAN LEWER SO AF

 

2015-08-06-trekvelletjievanlewersoaftested

TREK VELLETJIE VAN LEWER SO AF

Ester Barnard:  Laat lê in asynwater vir rukkie.

Stefaans Blaauw: Laat lê vir so uur in koue water. Maak ‘n gaatjie in die vleis en druk jou vinger deur. Wikkel dan die vlies rondom die lewer los.

Alet Swart: Laat lê in koeksoda vir ‘n ½ uur. Kook vir 2 min in kookmelk. velle val self af.
Bak of braai saam met uie en spicy rice spices.

Lorett Brittnell: Ek laat lê die hele lewer in ‘n skoon zink en gooi ‘n ketel kookwater daaroor. Die vel raak so wit en as jy ‘n snytjie daaarin maak en jou vinger onderin druk, geepad die vel van die lewer. Ek haal soms die hele lewer se vel in 1 stuk so af. Vir my die maklikste maar dit werk net maklik as die lewer in groot stukke is.

Annamerie Wilkinson: Lê in melk dan trek die velletjie maklik af.




OLYFBROOD

olyfbrood lynettetested

OLYFBROOD
275 ml water
2 eetlepels olyfolie (vir glasuring)
2 teelepels suiker
1½ teelepel sout
450 witbroodmeel
1¼ teelepel kits suurdeeg
60g groen of swart olywe, opgekap

Giet die water en olie in die broodmaker bakkie.
Voeg nou suiker en sout by.
Bedek met die meel en sprinkel die suurdeeg oor.
Stel op basiese program
Voeg die olywe by volgens jou masjien se instruksies, gewoonlik in die begin of die middel van die 2de knie siklus.
Keer uit wanneer gaar.
Glasuur deur olyfolie oor te borsel en laat tenminste vir 1 uur afkoel voor jy dit sny of die meng apparaatjie onder uit te haal.
Resep: Amanda Struwig.
Foto: Lynette Louwrens




SKOONSUS SE SPINASIE TERTJIES

SKOONSUS SE SPINASIE TERTJIES
Kors
500 ml meelblom
10 ml bakpoeier
80 ml olie
40 ml water
40 ml melk
1 eier

Meng goed en druk in kolwyntjiepannetjies

Vulsel:
500 ml gekookte spinasie
1 pak wit uiesop
250 ml roomkaas
Meng en gooi in rou kors.
Strooi 2 eetlepels gerasperde kaas of harde chips oor

Bak by 180 ºC

Heerlike bros spinasie tertjies en baie lekker om koud te eet.

Bron:  L Struwig
Geplaas deur Amanda Stuwig
Foto:  Alberta van Wyk




KOEKIEDRUKKER RESEPTE

klein koekies petro lubbe

KOEKIEDRUKKER RESEPTE
KOFFIEKOEKIES – Zelda Botes
750 ml botter
250 ml suiker
25 ml stroop
25 ml koffie ekstrak
5 ml vanilla geursel
60 ml melk
5 ml koeksada
5 koppies koekmeel
½ teelepel sout

Klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda.Meng alles met koekmeel en knie. Gebruik vleismeule of koekiedrukker en sny koekies. Bak ± 20 minute by 180ºC.

VULSEL:
250 ml suiker
125 ml melk
250 ml botter
5 ml vanilla geursel

Kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep in gaar koekies en sit op mekaar.

KARAMEL KITSPOEDING KOEKIES – Zelda Botes
1 pakkie kits poeding – Royal of Moirs – Karamel geur (mens kan enige geur gebruik, soos sjokolade, aarbei, ens. Die karamel kom lekker uit)
2 koppies koekmeel
250 ml margarine
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
2 eiers

Verhit oond tot 180 ºCelcius.
Smeer koekie pan met margarine of bespuit met spray en cook.
Room margerien en kits poeding saam tot romerig.
Klits eiers in.
Voeg meel, bakpoeier en sout by.
Vorm deeg.
Die deeg kan met ‘n koekiemaker in vormpies gedruk word, of
rol uit op meelbestrooide oppervlak, so 0,5 tot 0,8 mm dik.
Druk vormpies uit.
Wanneer mens die koekies op die bakplaat sit, sit dit effens uitmekaar, want die koekies rys nogal baie, as jy dit te naby aan mekaar sit, gaan dit in mekaar in rys.
Laat effens op die pan afkoel voordat jy dit met ‘n spaan afhaal en op ‘n afkoelrakkie plaas.
(daar is geen suiker in die resep nie, die kitspoeding is klaar soet)

SPONSVINGERS – Zelda Botes
2 eiers
125 ml strooisuiker
250 ml koekmeel
15 ml strooisuiker om bo-oor te sprinkel

Voorverhit oond tot 180 ºC. Klits eiers. Voeg suiker geleidelik by en klits goed tot lig en romerig. Sif meel en vou liggies by suikermengsel in. Skep in ‘n versierbuis en spuit in éclair pannetjies. Sprinkel bietjie strooisuiker bo-oor. Bak ongeveer 8 minute tot ligbruin. Plaas op ‘n draadrak om af te koel.
Lewer ongeveer 12 sponsvingers

VLA KOEKIES – Zelda Botes
125 g botter of margarien
125 ml suiker
1 eier
375 ml koekmeel
125 ml vlapoeier
3 ml bakpoeier
2 ml sout

Voorverhit oond tot 200 ºC. Room botter en suiker saam. Voeg eier by en klits tot lig en romerig. Sif droë bestanddele saam en meng deur bottermengsel. Knie liggies, rol uit en druk in vorms uit. Plaas op gesmeerde bakplate en bak ongeveer 10 minute. Laat op draadrakke afkoel.
Lewer ongeveer 50 koekies

SMELT KOEKIES – Zelda Botes
125 g botter of margarien
60 ml versiersuiker
200 ml koekmeel
15 ml vlapoeier
2 ml sout

Voorverhit oond tot 160 ºC. Room botter en versiersuiker saam. Sif meel, vlapoeier en sout saam en voeg by. Druk deur versierbuis op gesmeerde bakplate. Bak ongeveer 15-18 minute. Plaas op draadrakke om af te koel. Sit koekies net so voor of plak twee-twee op mekaar met appelkooskonfyt tussenin.
Lewer ongeveer 12 dubbelkoekies
Foto:  Zelda Botes

BOTTERKOEKIES – Annette Elizabeth Renouprez
250 g sagte botter (270 ml)
130 g versiersuiker (250 ml)
280 g koekmeel (500 ml)
5 ml sout

Klop die botter totdat dit lig en romerig is.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die droë bestanddele by die botter en klop dit totdat dit glad en romerig is. Voeg nog ʼn bietjie koekmeelblom by indien die deeg te slap is. – Rol uit
Vorm met ʼn koekiemaker sterkoekies en plaas op n gesmeerde bakplaat.
Bak dit 15 minute lank in n voorverhitte oond by 180ºC (350ºF).
Wenk:
Die een punt van die koekie kan in gesmelte sjokolade gedoop word of met n glanskersie versier word

MELTING MOMENTS (smelt in die mond koekies)Annette Elizabeth Renouprez
250 g margarine at room temperature
½ cup icing sugar, sifted
½ cup cornflour
½ tsp vanilla essence
2 cups  cake flour
buttercream for sandwiching biscuits
extra icing sugar for sifting over biscuits

Preheat oven to 180°C Cream margarine with icing sugar and cornflour. Beat in essence. Add flour and mix until it becomes a soft paste-like mixture. Scoop the mixture into a large piping bag fitted with a star nozzle. Pipe finger lengths onto a baking sheet.
Bake for +/-15 minutes or until the edges appear lightly browned. Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes. Lift off biscuits with a spatula. When cold, sandwich with buttercream. Sift icing sugar over and place in paper cups to serve.

VARIATION: Biscuits could be sandwiched together with chocolate Ends of biscuits can also be dipped in chocolate.
DIE DEEG MOET KOUD WEES OM ‘N SUKSES TE WEES

 

 




WENKE VIR DIE MAAK VAN JELLIE

2015-08-04-maakvanjellies

WENKE VIR DIE MAAK VAN JELLIE (KONFYT)

Vrugte soos kersies, perskes, aarbeie en frambose bevat min pektien, daarom word vrugte wat baie pektien bevat, soos appels, sitrus of aalbessies, in resepte bygevoeg.

Om goeie jellie te maak, is ‘n tydsame proses wat nie aangejaag kan word nie. Moet byvoorbeeld nie aan die versoeking toegee om die jelliedoek te druk, skud of roer sodat die vloeistof vinniger kan deurloop nie; dit gaan ‘n dowwe eindproduk lewer. Sommige jellieresepte beveel aan dat die jellie deur die nag gelaat moet word om deur die doek te drup. dit is egter nie nodig nie, want dit duur net ‘n paar ure. Baie mense sien nie kans vir die lang proses nie en gebruik dan vrugtesap om jellie te kook; dit is natuurlik nie die ware Jakob nie.

Jellie kan gebruik word as ‘n smeer op brood, muffins of skons of as ‘n bykomstigheid by vleis, veral vark- of wildsvleis.

Om Jellie Van Vrugte Te Kook

Gebruik gesonde, effens onderryp vrugte wat nie pap is nie. Was die vrugte, droog dit af en verwyder alle stingels, blare en gekneusde dele. Berei elke soort vrug voor soos in die resep aangedui.

Dit is nie nodig om appelkerns te verwyder as jy die appels met die hand kap nie, maar as dit in ‘n verwerker gekap word, is dit beter om die kern eers te vrwyder, aangesien die verwerker die pitte kan stukkend kap en dit sal dan ‘n bitter smaak aan die jelllie gee. Onthou om altyd die kerns saam met die vrugte te kook, aangesien dit ‘n groot hoeveelheid pektien bevat.

Prut die vrugte en water in ‘n groot kastrol vir 20 – 30 minute of tot die vrugte baie sag en pap is.

Steriliseer ‘n moeseliendoek deur kookwater daardeur te gied. Hang die moeseliendoek (jelliesak) aan ‘n staander of aan ‘n stoel wat onderstebo staan, se vier pote. Plaas nou ‘n bak daaronder om die jellie/sap wat deurdrup, op te vang.

Giet die mengsel in die jelliesak en laat dit stadig deurdrup. Dit duur ongeveer 2 – 3 ure.
Meet die sap en weeg die suiker af : 500 g suiker vir elke 500 ml sap (ek gebruik minder, maar dit moet minstens 3/4 suiker tot 1 deel sap wees).
Verhit die vrugtesap en suiker saam met die suurlemoen sap oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos is.
Verhoog nou die hitte en kook vinnig tot stolpunt bereik is of tot die mengsel 105 C bereik.
Baie skuim vorm as gevolg van onsuiwerhede wat loskom en boontoe beweeg sodra die produk begin kook. Maak seker dat jy alle skuim verwyder om so ‘n helder produk te verseker.
Giet die jellie gesteriliseerde warm bottels en verseël.

Die rakleefteyd van jellie is 2 jaar.

Bydrae deur:  Petro Borchard

 




SWARTWOUD KOEKSTRUIF

SWRTWOUD KOEKSTRUIF
2 x 397 g blikkies kondensmelk
2 x 250 g roomkaas
125 ml suurlemoensap
1 sjokolade rolkoek
kersie likeur
1 x 425 g blik swart kersies (ontpit en gehalveer)
gevlokte amandels
sjokolade vlokke

Meng kondensmelk, roomkaas en suurlemoensap.
Sny rolkoek in snye en plaas ‘n laag in glasbak.
Sprinkel met kersielikeur.
Sit hier en daar van die swart kersies op.
Besprinkel met amandels.
Sit ‘n laag roomkaas oor.
Sprinkel sjokoladevlokke oor.
Herhaal tot alles gebruik is.
Eindig met roomkaasmengsel.
Versier met room volgens eie keuse.
Jy kan hier en daar ‘n marachine kersie insit vir kleur.
Verkoel in yskas.

Resep:  A Struwig (B Wilbers – kookklas)




VOCHERIN NORMA

VOCHERIN NORMA
6 Eierwitte (kamertemperatuur)
25g strooisuiker
225g ligbruin suiker

Vulsel en versiering:
5 ml kits koffie
15 ml kookwater
4 – 5 stukkies verglansde gemmer
300 ml room
5ml vanilla suiker
Versiersuiker
Voer ‘n bakplaat met bakpapier.
Klits eierwitte totdat dit ‘n stywe punt vorm, gooi dan die strooisuiker by en klits nog vir ongeveer 10 sekondes.  Gooi geleidelik die bruinsuiker by en meng met ‘n groot metaallepel.
Vul versiersak met meringue en maak drie sirkels op bakplaat ongeveer 20 cm in deursnee.
Bak in oond van 140° vir ongeveer 60 min.
Dit moet droog en ‘n ligte karamel kleur hê.
Laat afkoel.

Vulsel:

Meng koffie met water en laat koud word.
Sny gemmer fyn.
Klits room en vanilla suiker styf.
Neem ‘n kwart van die room en plaas in versiersak.
Meng die room met die koffiemengsel en voeg die gemmer by en smeer tussen die meringue lae.
Strooi oor die boonste laag versiersuiker (deur sif) en versier met room rosette.
Moet minstens twee uur voor die tyd versier word.

Bron:  A Struwig (B Wilbers – kookkursus)
Foto:  Geleen




STAMPMIELIETERT

 

2015-08-04-stampmielietert

STAMPMIELIETERT

250 ml stampmielies
7 ml sout
250 ml bacon
10 ml botter
250 g sampioene in skyfies gesny
250 ml room
1 pakkie wit uie soppoeier
250 ml gerasperde kaas
250 ml mayonaise

Week stampmielies oornag in warm water .
Dreineer water en giet die mielies in n kastrol .
Voeg genoeg water by om te bedek en voeg sout by en kook tot sag .
Voorverhit die oond 180’c en smeer oond vaste bak .
Verhit botter in pan en braai spek en sampioene tot bruin .
Meng die mayannaise , room , sop poeier en sampioene .
Skep mengsel in pan en roer deur laat stampmielies en kaas mengsel lekker gemeng is .
Bak vir 6 min of lekker bruin .

Bron:  Reseptehoekie
Foto: Geleen




SMELT IN DIE MOND FUDGE

2015-08-03-smeltindiemondfudgetested
SMELT IN DIE MOND FUDGE
900 g strooisuiker
170 g botter
300 ml melk
2 teelepels vanilla geursel
1 blik 375 ml ingedampte melk

Plaas alles in die pot en roer in die begin tot die suiker op gelos is, laat dan borrel, tot die fudge dik is en ‘n sagte balletjie in koue water vorm.
Hou ‘n ogie want jy sal dit nou en dan darem moet roer om seker te maak dit brand nie vas nie.
Wanneer die fudge begin lyk asof daar iets verkeerd gaan, en die melk begin lyk asof dit suur geraak het, moenie moed verloor nie dit is hoe dit lyk in die begin.
Wanneer die sagte balletjie gevorm het in koue water haal die pot van die stoof af.
Laat staan vyf minute dan meng met ‘n elektriese hand menger tot die glans verdwyn.
Moet asb nie my fout maak vanoggend en oor klits nie want dan is dit amper te styf om dit in jou 20cm vierkantige pannetjie te druk.
Maar met die dat dit rof lyk vandag is dit vir my gesin ‘n wenner.

Resep en foto:  Tracy Minny




MISSISSIPPI COMEBACK SAUCE

2015-08-03-mississippicomeboacksaucetested
MISSISSIPPI COMEBACK SAUCE

Makes a pint jar full.

1 cup mayonnaise
1/4 cup ketchup
1/4 cup chili sauce
1 tsp Dijon mustard
1 tsp onion powder
1 tsp garlic powder
2 teaspoons Worcestershire sauce
1/2 teaspoon ground black pepper
– 1/2 teaspoon Tabasco sauce
– 1/4 cup olive oil
– juice of one lemon

Mix all ingredients well and store in refrigerator overnight. It needs to sit to let the flavors become “acquainted”.

Resep ingestuur:  Koos van der Merwe