KONFYT DONUTS

tested
KONFYT DONUTS
Beskuitdeeg in bolletjies gerol en laat rys.
Versigtig in diep olie gegooi en stadig gebak sodat dit tot binne gaar is
Oppas dat olie ook nie te koud is nie anders trek daar teveel olie in die bolletjie..
As dit uit die olie kom rol dit in suiker  Laat koud word..
Gebruik versierbuis met lang tuit en druk gaatjie tot in middel van bolletjie en spuit appelkooskonfyt daar in.
Ek laat die bolletjies rys op stukkies waspapier sodat ek nie aan die gerysde bolletjie hoef te vat en hom dan kneus nie.
Ek tel hom met waspapier en al op en dop die deeg dan af van die waspapier in die warm olie.

Resep:  Anna Nel Durand




WITWYN GARNALE

2015-09-26-witwyngarnala
WITWYN GARNALE

1 kg garnaalvleis
1 pallet knopiesampioene
250 ml vars room
200 g gesout botter
250 ml witwyn
1 suurlemoen
suurlemoenpeper speserye
5 ml (1 teelepel) knoffelGebruik ‘n groot diep pan en smelt die botter daarin. Voeg garnaalvleis by en braai die garnale in die botter, voeg die knoffel en suurlemoensap by.
Laat prut vir 5 min. Voeg witwyn, ‘n bietjie suurlemoenskil en sampioene by, kook vir 15 minute.
Laaste voeg vars room by. Laat prut vir nog 5 tot 10 minute en dien op gegeurde rys. Wenner elke keer.
Foto: Angie Lizemore.




SUENELL SE GEROOKTE HOENDERBORSIES

2015-09-21-suenellsegerooktehoenderborsiestested


SUENELL SE GEROOKTE HOENDERBORSIES
Pas asb die hoeveelhede aan na smaak, hierdie is net ‘n ongeveer.
6 hoenderborsies
1-2 pakke repies spek (hang af van die grootte van die hoenderborsies)
Pekel:
1.5 liter kookwater
2 eetlepels hoenderspeserye (indien verkies, 6 gun is ook lekker)
125 ml suiker
Marinade:
250 ml “bbq” sous (ek gebruik “castle” se maak)
100 ml heuning
100 ml suurlemoensap
80 ml Worcestersous
sout en peper na smaak

Voeg die kookwater, speserye en suiker n ‘n bak en meng goed totdat die suiker opgelos is. Laat die mengsel afkoel (moenie die hoender by die mengsel voeg indien dit nog warm is nie!!). Voeg die hoender in die pekel en plaas dit oornag of vir ten minste 3 ure in die yskas. Meng die bestanddele vir die marinade.
Dreineer die hoender van die pekel en plaas die hoender in die marinade (ek’t gaatjies in die hoederborsies gedruk met ‘n sosoatiestokkie, die marinade trek net lekker deur dan). Laat die hoender marineer vir ongeveer 1 uur.
Verwyder die hoender uit die marinade, moenie die marinade afskud van die hoender nie, draai die spek om elke hoenderborsie en smeer marinade om elke toegedraaide hoenderborsie. Dit gee ‘n mooi kleur wanneer dit gaar word. Plaas die hoender pakkies in ‘n roker (myne gebruik pers spirits, ongeveer 1 koppie en 4 – 6  eetleppels saagsels). Die hoender rook ongeveer 20 minute. Indien die hoender nie deurgaar is na smaak nie, plaas dit in die oond en bak verder vir ‘n 10 – 15 minute by 180ºC. Plaas die borsies in ‘n bak en bedek dit met ‘n deksel of foelie en laat dit rus vir 10 minute. Enjoy !!!
Nota: Cecil Dunhin – Ek het hoenderboudjies en –dytjies gebruik en dit in die weber met “oak wood” skaafsels gerook, geweek met suiker in kookwater, laat afkoel en dreineer. Ek plaas die skaafsels bo-op die kole en met die weber deksel toegemaak. Rook die hoender vir 150 minute teen 115°C.
Resep en foto:  Suenell Liebenberg
Foto 2 en 3: Cecil Dunhin




FRANCES SE TUNATERT ROL

2015-09-21-francessetunatertroltested
FRANCES SE TUNATERT ROL
Foto en resep:  Frances Smith
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikkies Tuna
1 medium ui fyn gekerf
1 koppie fyn gerasperde kaas
1 pak Kaas en uie chips fyn gemaak
3 eetlepels Mayonnaise
3 eetlepels blatjang
Sout en growwe pepper
1 rol skilferkorsdeeg

Meng al die bestanddele saam.
Skilferdeeg effens platter uitgerol.
Mengsel bo-op gesit en toe opgerol.
Repe op-op in gesny en geklitste eier oor gesmeer en in repies gegooi.

Gebak by 180°C vir so uur.

 




KERRIEVIS A LA PANAMA

analize-se-kerrivistested
KERRIEVIS A LA PANAMA
1 pak (800 g) bevrore stokvis
koekmeel
olie

Sous
2 uie, gekap
1½ koppie wit of bruinasyn
1 koppie water
1½ koppie wit of bruinsuiker
1 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel sout
½ teelepel fyn gemmer
6 – 10 heel peperkorrels
4 lourierblare
2 – 3 eetlepels Maizena
2 – 3 eetlepels water

Metode
Strooi die meel liggies oor die vis, en braai in pan met olie tot gaar.
Dreineer die vis op kombuispapier om die oortollige olie te verwyder.
Meng al die bestanddele vir die sous (behalwe die Maizena en water) in ‘n groterige kastol, en verhit tot kookpunt.
Roer om die suiker heeltemal op te los en laat 5 minute lank stadig prut sonder ‘n deksel.
Maak die Maizena met die water aan tot ‘n gladde pasta, en voeg by die sous.
Voeg die vis by.
Prut liggies terwyl jy versigtig roer tot die sous verdik.
Laat dit ten minste 5 minute lank prut.
Laat dit afkoel en skep in ‘n nie-metaal houer of glasfles.
Bedek en hou in die yskas.
Dien op saam met brood en ‘n lekker slaai.

Foto:  Analize Bester Van Zyl
ek sien die resep kerrievis ala panama is presies hoe myne is. Ek sit net nie die gemmer in nie.
2de Foto: David Naude




DO NOTHING CAKE

koekakatert_ntested
DO NOTHING CAKE
2 cups sugar
2 cups flour ( I have used 1 cup self raising and 1 cup normal flour)
2 eggs
2 teaspoons baking soda
½ teaspoon vanilla
2.5 cups crushed pineapple, undrained
Frosting:
1⁄2 cup butter
1 cup sugar
3⁄4 cup evaporated milk
1 cup coconut
1 cup nuts
1 teaspoon vanilla

Place first 6 ingredients in a bowl and mix until blended with spoon don’t over mix.
Pour into 13 x 9 inch cake pan. (23 x 33 cm)
Bake at 180°C for 35 – 40 minutes. (fan oven – 170°C) until the centre of the cake is done.
While the cake is still hot, poke it with a skewer to help the frosting soak into the cake.
Pour frosting on top immediately.
For frosting:
Mix butter, sugar and evaporated milk together and cook over medium heat until a little thickened. (This usually takes about 5 minutes at a boil)
Remove from heat and add remaining ingredients.
Photo’s:  Rina Kleinhans and Zelda Ellis
Photo without nuts:   Pearl Willows




HOE SAVE EK LINKS OP MY FOON

2015-09-21-hoeomlinksopjouselfoontesave
HOE SAVE EK LINKS OP MY FOON

Jy kan die links op jou foon save.
Op ‘n Samsung volg die volgende stappe:

Eerstens kliek op die link
Bo regs op jou skerm is drie kolletjies
Kliek daarop
Onderaan die lysie is “Save Link”
Gaan nou heeltemal daaruit tot terug by jou eie profile
Bo regs is nou drie strepies (soos wat jy maak as jy na die groepe toe gaan), kliek daarop dan kry jy al die opsies
“Scroll” nou onder tot jy die opsie “Saved” sien.
Kliek daarop en jy sal al jou links daar kry wat jy gesave het.

Hoop dit help.




MARIE SE PATATROL

2015-09-20-mariesepatatroltested
MARIE SE PATATROL
1.3 kg patats (2 grotes)
400 g puff pastry ontvries
250 ml vars room
125 g suiker

Kook patats met skil in mikrogolf tot sag en last afkoel
Druk dit fyn. Spray en cook n medium grootte oondskottel. Verhit oond tot 180 grade C.
Ontrol die deeg op sy plastiek verpakking. Nous dit net een vel deeg. Pak fyn patats eweredig bo-op. Rol dan op. Die plastiek sal dit maklik maak dat dit deeg nie vassit op oppervlakte nie. Patat sal dan binne wees. Sny die rol dan in 2 cm skywe en plaas op sykant langs mekaar in skottel. Verhit room en suiker tot kook punt en gooi oor patatrol. Bak vir halfuur en geniet!
Resep en foto:  Marie Fourie
2de Foto: Meisie Van Der Colff




EATEN MESS CREMORA TERT

 

2015-09-18-eatenmesscremoratertconversion

EATEN MESS CREMORA TERT

Ek het vandag lus gehad om te speel en hier is my weergawe van ‘n “Eaten mess”
Gebruik die resep op die blad van Cremora tert met ‘n skop maar los die amarula uit
( http://www.foodloversrecipes.com/2015/04/cremora-tert-met-skop/ )

Voeg 2 blikkies granadilla mouse by, (die kondensmelk is ook tuisgemaak van die blad af – ( http://www.foodloversrecipes.com/2015/07/tuisgemaakte-kondensmelk-en-karamel/ ).

In een glas het ek lae gepak met tennis biskuitjies, arbei konfyt en in die ander glas het ek tuisgemaakte meringue gebruik in plaas van tennisbiskuitjies.

Resep verwerking en foto:  Ilona Turner




MIKROGOLF SAGOPOEDING

2015-09-18-mikrogolfsagopoedingtested

MIKROGOLF SAGOPOEDING
2 koppies melk
1/2 koppies sago (hoef nie vooraf te week nie)
3 eetlepels botter
2 eiers – geskei
1/3 koppie suiker
2 ml Vanilla geursel
Knippie sout
Knip neutmuskaat
Appelkoos konfyt
Kaneel

Gooi melk, sago en botter in bak en mikrogolf vir 10 min. oop by 100% krag – ROER GEREELD – en daarna 5 min by 50% krag en roer elke 2 min of meer gereeld.
Klits eiergeel en voeg saam suiker, vanilla, sout en neutmuskaat vinnig by warm sago.
Mikrogolf 2 min op 100%.
Klits eierwitte vooraf styf en vou in warm mengsel.
Sit dun stukkies appelkoos konfyt bo-op en sprinkel kaneel oor.
Mikrogolf 1.5 min by 70% krag en roer versigtig deur.
Mikrogolf weer 1.5 min by 70% krag.
Bedien met vla of wat verkies word.

Resep en foto:  Frances Smith