TIGER BROOD

Tiger Broodtested

TIGER BROOD
7 g droe gis
1 teelepel suiker
525 ml warm water (40 – 45 ºC)
2 teelepel sout
750 g koekmeel

Meng in ‘n glasbak die gis, suiker en 60 ml warm water. Laat staan vir 10 minute. Voeg dan sout en res van die water by gismengsel.
Voeg al die meel by en knie vir 10 minute tot ‘n sagte elastiese deeg. Plaas deeg in ‘n goed gesmeerde bak en maak toe met clingwrap. Laat rys vir een uur.

Tiger paste
1½ teelepel aktiewe gis
2 teelepels suiker
1½ teelepel olie ( vegetable of sesame)
60 g rysmeel
60 ml warm water

Meng die gis met 1 teelepel suiker en warm water. Wag 15 minute tot skuimerig. Voeg dan die olie by die gis en meng goed. In ‘n ander bak plaas die rysmeel en 1 teelepel suiker, dan stadig terwyl meng voeg die gismengsel by tot dit ‘n stywerige pasta vorm. Dit moet nie dadelik van die lepel afdrip nie. Wanneer deeg klaar gerys het na ‘n uur, knie weer af en vorm ‘n rol en plaas in bakpan. Smeer al die pasta oor die deeg en laat weer rys vir een uur. Bak 35 tot 40 minute by 180ºC.

Resep en foto: Rika Hippert




BILTONG QUICHE

Biltong Quichetested

BILTONG QUICHE

Meng die volgende en voer pan uit:
1 koppie koekmeel
1 koppie kaas gerasper
125 g botter

VULSEL…strooi oor kors
100 g biltong gekap in kleiner stukkies
100 g sampioene

Klits die volgende saam en giet oor die vulsel:

1 koppie melk
4 eiers
1 teelepel mosterdpoeier
Sout en peper
½ koppie bloukaas slaaisous
Strooi handvol pietersielie oor.
Bak by 180ºC vir 40 min.

Foto: Annie Van Zyl Knoesen




BONANZA BRAAISOUS

Bonanza Braaisous

BONANZA BRAAISOUS
Hoekom bonanza? Want hierdie sous kan gebruik word vir omtrent enige vleis, wild of pluimvee op die braai.
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 ui, fyngekap
125 mℓ olie
60 mℓ fyngekapte olywe
250 mℓ fyngekapte geskilde tamaties
80 mℓ droë witwyn
Die sap en gerasperde skil van ’n lemoen
80 mℓ suurlemoensap
30 mℓ Worcestershire-sous
80 mℓ bruinsuiker
10 mℓ meel
Sout en varsgemaalde swartpeper
’n skeut Tabasco

Braai die knoffel en ui in die olie tot dit begin verkleur.
Voeg die olywe, tamaties, wyn, lemoen, suurlemoensap, Worcestershire-sous en bruinsuiker by.
Verhit tot kookpunt, draai die hitte dan af en prut oor lae hitte vir 30 minute.
Verdik die sous deur die meel by te roer.
Geur met sout, peper en Tabasco.
Gooi die sous deur ’n sif en gebruik.
Verf oor jou vleis terwyl jy braai

 




MICHELLE SE AARTAPPELSOP

tested
MICHELLE SE AARTAPPELSOP

Daar is so baie maniere en almal het ‘n ander weergawe, maar hier is my flopvrye resep:
8 medium aartappels, geskil en in blokkies geny
1 groot ui in blokkies gesny
1 teelepel sout
Aromat en swart peper na smaak
gesnipperde bacon na smaak
1 liter melk (of meng 500 ml melk/500 ml room)
pietersielie

Plaas die aartappes, groot ui en teelepel sout in ‘n groot pot, bedek met koue water en laat kook tot aartappels sag is.
Haal van hitte af.
Mash nou alles fyn (moenie die water afgooi nie).
Geur met Aromat en swart peper.
Braai die gesnipperde bacon in botter en knoffel en voeg dit by die sop.
Roer die melk of melk/room kombinasie in.
Sit terug op stoof op lae hitte tot dit weer begin prut.
Roer kort kort, want die aartappel sak af totdat die melk goed deur warm is.
Besprinkel met pietersielie en bedien met vars brood!!
Daar’s nie ‘n lekkerder sop nie!!!!

Resep: Michelle Joubert




DRIKA SE SPINASIEROL

tested
DRIKA SE SPINASIEROL

Kook spinasie tot sag, druk al die water af.
Braai uie, knoffel en sampioene wat opgekap is saam.
Skei 1 eier.
Meng spinasie eiergeel en uiemengsel saam.
Klop eierwit styf en meng met die spinasiemengsel.
Op ‘n oondpan le foil uit wat gesproei is met “cook n bake”.
Skep die mengsel op die foil en bak tot eier gaar is, ongeveer 10 min.
Nie te lank nie anders droog dit uit.
Strooi gerasperde kaas oor bak nog 5 min. vir kaas om sag te word.
Rol nou die spinasierol op (soos n swissrol).
Lyk pragtig en smaak heerlik.

Resep: Drika van Greunen




GRONDBOONTJIEBOTTER

 

GRONDBOONTJIEBOTTER
450 g afgedopte geroosterde grondboontjies
1 teelepel sout
1 ½ teelepels heuning
1 ½ teelepels grondboontjie olie

Plaas die grondboontjies, soue en heuning in voedselverwerker.
Prosesseer vir 1 minuut.
Skraap kante skoon en sit die deksel op.
Hou aan om te prosesseer terwyl jy stadig die olie in die mengsel voeg – so ongeveer 2 minute.
Bottel en seël.
Kan vir 2 maande in yskas hou.
Resep: Amanda Struwig




PIETER SE FAMOUS VOLKORING SORGHUM GROWWE BRUINBROOD

Pieter se Famous Growwe Bruinbroodtested
PIETER SE FAMOUS VOLKORING SORGHUM GROWWE BRUINBROOD

700 g (1250 ml) Volkoring meel of prefer Sorgum growwe meel
30 g (250 ml) spysverteringsmeel
10 ml heuning of na smaak bietjie meer maak net soeter !!
10 ml bruinsuiker
5 ml koeksoda
3 ml sout
klein teelepel kits suurdeeg
Voeg sade by na smaak: pampoen sade, sonneblom, gekapte neute hier kan jy jou eie saad mengsel gebruik so ¾ koppie mengsel saad en neute saam ook rosyne as jy so voel.
500 ml karringmelk
Sit oond aan op 180°C wag tot oond daai hitte bereik.

Meng al die droë bestanddele saam in bak met die sade en neute .
Nou goed gemeng en nou voeg jy karringmelk by.
As 500 ml bietjie droog is voeg nog bietjie by meng goed.
Sit mengsel in goed gesmeerde broodpan van so 18 x 8 cm.
Plaas in warm oond en bak vir so 1 tot 1.5 ure toets met met breinaald binne.
Keer uit op koelrak en die is baie belangrik nou.
Sny vinnig warm korsie af eet dadelik met dik gesmeerde botter!!

Resep en foto: Pieter Hattingh




RONELDA SE MACARONI A’LA LOLLY

RONELDA SE MACARONI A LA LOLLYtested
RONELDA SE MACARONI A’LA LOLLY

Ek het nooit n resep: Bacon, onions, green pepper tomato, salt, pepper, nice thick cheese sauce(home made) lots of cheddar cheese ontop, ag, its the basics, but oooooi it taste nice!!!
You can put mushrooms in, whatever, I like to make love with my food!!

Home made sauce:
2 lepels margarine, gesmelt,
3 lepels meel, meng met margarine
2 kop melk en baie cheddar kaas,
Roer oor lae hitte tot gaar.

Resep en foto: Ronelda Strydom




DENZY’S BACON AND BOEREWORS BREAKFAST PIE RECIPE

Denzy s Bacon & Boerewors Breakfeast Pietested
DENZY’S BACON AND BOEREWORS BREAKFAST PIE RECIPE
6 large egg
Fried boerewors pieces
Fried bacon pieces
10 mushrooms chopped
Green pepper chopped
1 onion chopped
1 teaspoon garlic
Pastry
1 cup cheese
Dry or fresh Thyme and Oreganum
Salt and pepper
1 tablespoon olive oil

Saute onions in olive oil in large saucepan until soft and cooked,add mushrooms and greenpepper to pan and saute for about 5 mins,now add bacon,boerewors and garlic and saute for another 5 to 10 mins.
Set aside to cool.
Rolled out pastry on a floured work surface,place pastry over baking tray and press in to the sides, Cut in a couple of holes with a fork. Add boerewors and bacon filling to pastry,whisk the eggs in a bowl add salt and pepper and herbs and add on top op filling,
Finish off with the cheese and more herbs.
Bake pie in pre heated oven for 20 – 30 until pie is set and pastry is nice golden brown and crisp!!!
Enjoy it with a nice salad.

Recipe and photo: Denzel Koenana




SPAGHETTI ALA MAMA


SPAGHETTI ALA MAMA

1 pakkie spaghetti
3 uie, opgekap
1 bottel (750 ml) tamatiesous (All Gold)
375 ml bruin asyn
375 ml sonneblom olie
1 teelepel borrie
10 teelepels matige kerriepoeier
1 koppie suiker

Plaas al die bestanddele in ‘n pot behalwe die spaghetti en bring tot kookpunt.
Prut vir ongeveer 45 min.
Kook spaghetti net tot sag, maar nie pap, in aparte pot met water en sout.
Voeg spaghettie by en prut vir nog 15 minute.
Bottel onmiddellik in warm klein flessies.
Bêre in kas, maar na oopgemaak in yskas.

Resep geplaas deur Amanda Struwig