1

LIZ SE STAATMAKER BRANDEWYN PANNEKOEK

LIZ SE STAATMAKER BRANDEWYN PANNEKOEK
500 g pakkie bruismeel
500 ml melk
3 eiers
125 ml kookolie
knypie sout
2 sopies brandewyn

Klop alles saam. As dit te dik is, gooi bietjie water by. Bak dadelik, hoef nie te rus. Spuit pan en gebruik so 1 teelepel olie met elke 3de pannekoek. Perfek, ek bak dit al baie jare.
Resep: Liz Terblanche




ANEEN SE GRIEKSE ROLBALLETJIES

ANEEN SE GRIEKSE ROLBALLETJIES
Hier is n reseppie wat ek al baie jare maak., maar hier kom n halweblokkie sjokolade in middel. Heerlik.
200 gr botter/margarien ( 225 ml)
50 ml strooisuiker
15 ml water
500 ml koekmeel
100 gr heelneutsjokolade
Versiersuiker gesif.

Verroom smeer en strooisuiker. Voeg water en koekmeel by en meng goed. Breek sjokolade blokkies los en sny elke blokkie deur. Rol elke sjokoladeblokkie met ongeveer 7 ml deeg toe. Bak op 180 gr vir 15 -20 min. Rol koekies in versiersuiker sodra uit oond kom. Lewer sowat 50 koekies.
Ek maak deeg gewoontlik dubbel aan en gebruik 3 sjokolades. Ek gebruik Peppermint , heelneut en plain sjokolade.
Resep en foto: Aneen Ferreira




GRIEKSE AMANDELKOEKIES, KOURABIETHES

GRIEKSE AMANDELKOEKIES, KOURABIETHES
Ek het Jamie O se resep effens aangepas en die volgende gedoen:
75 g fyn amandels of amandelmeel
250 g sagte botter of by kamer temperatuur
125 g versiersuiker plus ekstra vir strooi
30 ml brandewyn
1 groot eier geel
300 g koekmeel
1/2 teelepel bak poeier
Room botter tot lig en romerig. Sif die versiersuiker daarby in en voeg brandewyn en eiergeel by en meng nog paar minute.
Voeg die amandelmeel, koekmeel en bakpoeier by en meng met metaallepel tot al die meel ingevou is. Dit mag lyk of die mengsel nog krummelrig is maar dit sal bymekaar druk om deeg te vorm.
Ek het deeg in drie stukke gedeel en elk op meelbestrooide oppervlak uitgerol tot so ongeveer 4cm dik en toe 4cm stukkies gesny sodat al my bolletjies ongeveer dieselfde grootte kan uitbak (kyk my fotos vir verwysing).
Plaas op bakpapier op bakplaat so paar cm uitmekaar en bak in voorverhitte oond by 160°C vir 15-20 minute of tot baie ligbruin.
Maklikste manier om die versiersuiker storie te doen is sit foelie op werksoppervlak neer en sif ‘n laag versiersuiker oor. Sodra die koekies uit oond kom pak hulle op die versiersuiker en sif nog versiersuiker bo-oor. Laat dit so staan tot afgekoel en pak in houer met versiersuiker op bodem en gooi die versiersuiker op die foelie wat oorgebly het bo-oor en sit deksel op wat goed seël.
Resep lewer sowat 60 koekies.
Nota:  Ek sal volgende keer stukkies amandel insit. Dis al wat ek mis in hierdie resep.
Resep en foto: Elsabe Templeton




MARIAN SE HOENDER “WRAPS”

MARIAN SE HOENDER “WRAPS”
Ek vat gewoontlik hoender fillet maar was nie lus om te ry nie toe kook ek borsies hoender tot sag en ontbeen dit
Sit hoender weer in n pan en gooi Portuguese speserye sout en peper en mostert oor. Kook deur.
Vulsel
Wortel met peeler in repe gekerf
Komkommer in stukkies
Klein tamaties halfveer
Blaarslaai opgekerf
Gekarameliseerde uie
En gedroogte ui. (My nuwe gunsteling)
Balsamic reduction
Smeer mayonnaise onder en pak die res op. Spuit balsamic reduction oor en vou toe.
Resep en foto: Marian van Deventer




MARIETTE SE KINKEL ROOMYS

MARIETTE SE KINKEL ROOMYS
2 Lt winkel roomys van jou keuse, ek het vanilla gebruik.
Laat roomys sag word en skep uit in arparte houer.
Pak laag lemon creams onderin roomys bak.
Skep laag roomys op koekies.
Laag Rolo’s op roomys.
Laag roomys op Rolo’s.
Sprinkel laaste laag roomys lekker met klapper en pak smarties op klapper.
Sit in vrieskas en probeer wag tot roomys weer lekker styf is, skep en geniet
Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze




KATARZYNA’S PUMPKIN TART

KATARZYNA’S PUMPKIN TART
Sweet beginning of the autumn – pumpkin tart
There are some products which are housewives’ allies. In my opinion, courgette, French pastry, beetroots and cheese belong to this group. I always have them in my fridge, because they allow me to prepare any dish in a crisis situation. Today they were joined by the pumpkin. Usually, I use pumpkin to make crumpets, salads or soups. Today I would like to share with you the recipe for a sweet version of a dish with pumpkin. I made it by following Jamie Oliver’s recipe.
So, I invite you to a good, because it is sweet, beginning of the autumn, with the pumpkin – the queen of the autumn vegetables – in the lead role. This shortbread tart with a creamy pumpkin stuffing has a beautiful autumnal colour and a slight taste of caramel. It should really be a decoration for the Sunday table and is an interesting proposal for a Halloween party.
Ingredients (25cm cake tin)
dough
200g of flour
35g of caster sugar
100g of butter
1 egg
1 tablespoon of milk
pumpkin stuffing
400g of peeled pumpkin
400ml of milk
150g of brown sugar
1 teaspoon of vanilla essence
2 eggs
Mix together the flour and sugar. Cut up the butter add it to the mixture and mash it with a fork until you have the consistency of wet sand. Add the egg and milk and quickly knead into a smooth dough. Cover with a plastic wrap and leave in the fridge for half an hour. Smooth the cake tin with butter and sprinkle with breadcrumbs. Cover a cake tin with the dough, and leave in the fridge for half an hour.
Cut up the pumpkin. Put the milk, sugar, vanilla essence and pumpkin into a pan. Boil until the pumpkin is soft. Blend it and leave to cool down.
Heat the oven up to 180C. Cover the dough with some baking paper, weigh it down with ceramic balls and bake for 12 minutes. Remove the paper and balls and bake for another 12-15 minutes. Take out the cake from the oven. Turn down the heat to 160C.
Add the eggs to the pumpkin and stir. Put the stuffing onto the cake. Bake for 40-45 minutes.
Enjoy your meal!
Recipe and photo: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




PAPAWERSAADKOEK

PAPAWERSAADKOEK
250g (275ml) Margarien
210g (250)ml) Strooisuiker
3 ekstra groot Eiers
10ml gerasperde Lemoenskil
240g (500ml) Koekmeel
10ml Bakpoeier
2.5ml Sout
80ml Papawersaad
5ml Vanieljegeursel
60ml onversoete Lemoensap
Sous:
180ml Lemoensap
60 tot 125ml Suiker
Gerasperde lemoenskil na smaak
± 15 ml Sjerrie of van der Hum likeur opsioneel
Metode:
Stel die oond op 180°C
Room die botter tot lig en romerig.
Voeg die suiker geleidelik by en meng deurentyd.
Klop die eiers een vir een by.
Voeg die lemoenskil by en meng goed.
Sif die droë bestanddele twee keer saam en voeg dan die papawersaad by.
Voeg die vanieljegeursel by die lemoensap.
Vou die droë bestanddele om die beurt met die lemoensap geleidelik by die eiermengsel in.
Gooi in ‘n gesmeerde pan ( gat in die middel ) en bak vir 45 min. of tot gaar in die voorverhitte oond.
Sous:
Voeg intussen die bestanddele vir die sous bymekaar.
Meng goed, verhit tot kookpunt en prut ‘n paar minute.
Keer die koek dadelik op ‘n bord uit en gooi die warm sous oor.
Bedien met mengsel van gelyke dele room en ongegeurde Jogurt.
Bron: Lienie Struwig




AMANDA SE KARAMEL SUURLEMOEN KAASKOEK

AMANDA SE KARAMEL SUURLEMOEN KAASKOEK
Maak krummelkors met:
1 pakkie karamelgeur tennisbeskuitjies
60 – 80ml gesmelte botter
Druk vas in bak en sit in yskas.
Klits nou 2 eierwitte styf met ‘n halwe koppie strooisuiker
(Ek het bruinsuiker fyngemaal tot strooisuiker tekstuur)
Klits die volgende nou bymekaar:
1 blikkie kondensmelk
1/2 blikkie karamel kondensmelk
1 houer roomkaas
60 ml suurlemoensap
2 Eiergele
Giet in koekiekors.
Smeer eierwit meringue bo-oor.
Bak op 180° vir so 10 – 15 minute tot meringue mooi bruin is.
Resep en foto: Amanda Struwig




RONELL SE HOENDERSOSATIES

RONELL SE HOENDERSOSATIES
1 kg Fillets in blokkies gesny. Ek het 7 sosaties uitgekry.
Smeer hoender speserye in blokkies hoender in.
sny stukkies greenpepper en uie vir tussenin. Jy kan vat wat jy wil.
Sous het ek ‘n bottel barbeque sous van castle gekoop. Was ‘n vinnige besluit. Volgende keer maak ek my eie sous.
As jy klaar jou sosaties gedoen het gooi sous oor soos verkies. Laat staan rukkie voor braai. Hoe langer hoe lekkerder.

WENK:
As jy jou blokkies en wat jy wil bysit klaar gesny het meng dit binne in sous en laat lê dit daar in. Dan ryg jy dit in stokkies in.
Laat lê stokkies so 10 min. in water dit keer dat stokkies brand op die braaier.

Resep en foto: Ronell Muller Boshoff




GLUTENVRYE KITSPOEDINGKOEKIES

GLUTENVRYE KITSPOEDINGKOEKIES
Ek het sommer vandag lus gehad om te speel toe bak ek hierdie kitspoeding koekies ek dink ek het dit hier op die blad gekry maar ek het net die gluten vrye bruismeel gebruik.
250 g sagte margarien
250 ml suiker
Verroom goed saam en voeg by
2 eiers en klits goed
Voeg nou by
500 g bruismeel (gluten vry)
1 pakkie kitspoeding ek het caramel gebruik
En 1 teel caramel geursel
Knippie sout
Meng goed plaas in yskas tot ferm maak bolletjies en druk plat of rol uit en druk patroon tjies uit. Bak 12min teen 180°C.
Resep en foto: Marie Grobler