LEKKER BEESSTERT-POTJIE OP DIE STOOF

Beessterttested
LEKKER BEESSTERT-POTJIE OP DIE STOOF

Benodighede:
1 tot 2 beessterte
‘n paar aartappels soos nodig
Worcester sous
Crushed garlic
Walker bay se sweet chilli
braaisout
Peppadew se sweet piquante pepper & garlic seasoning
3 medium uie in ringe gesny
(Alle speserye kan na smaak by gevoeg word)

Braai beesstert tot bruin in bietjie olie in swart ysterpot ,
Skep vleis uit en braai uie, gooi vleis terug in pot en voeg kook water by. Kook vir 3 tot 4 ure oor lae hitte tot sag.
Voeg water by soos kook .
Sous raak lekker dik. LW die uie maak ook sous lekker dik.
Aartappels kan later by vleis gevoeg word of apart lekker in olie gebak word.

Bedien met rys en groente .

Geniet

BRON: Ben Herbest




OONDGEBAKTE PATATS

IMG_9927
OONDGEBAKTE PATATS
Benodighede: (volgens resep soos vir my gegee )
Soet patat – NB moenie patat kook voor die tyd nie
125 g botter
1 ½ eetlepels bruinsuiker

Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny die patat in dik skyfies (chips).
Verhit die botter in ‘n pot en voeg die suiker by, caramelize dit effens.
Sit die skyfies in pot, om die patat te dek met die mengsel.
Haal patat uit en sit in oond pan, vat dan die res van die mengsel en skep oor die patats.
Bak vir so 25 min.

As jy van dit soet hou soos ek, my eerste “caramel mengsel” het about 2½ eetlepels suiker in, – nie heeltemal gecaramelize nie.

Ek het ek nog ‘n “caramel mengsel” gemaak wat net ingegooi was, as ek moet skat about 4 eetlepels, sommer heelwat gecaramelize, en dit so 5 min voor dit moet uit kom, oorgegooi.

Hoop julle geniet dit soveel soos wat ons het.

Resep: My ma – Alecia Steyn