TRADISIONELE BOLOGNESE LASAGNE

bolognaise adam

Maak jou gunsteling bolognese sous met gemengde groente in(ek het sommer soutvleis in plaas van maalvleis gebruik). Maak ‘n bechamelsous met kaas in. Smeer ‘n laag bechamelsous onder in die oondbak en lê ‘n laag lasagna stroke (sheets) bo-op die sous. Maak dan lae van bolognese sous, bechamelsous, kaas en weer lasagna stroke en herhaal die proses ‘n paar keer. Eindig met bechamelsous en ‘n kaaslaag bo-op en bak vir 30 min. by 200ºC.

Adam Cloete

http://foodloversrecipes.com/?s=bolognaise

http://foodloversrecipes.com/bechamel-sauce-white-sauce/tested

 




TAHINI PASTA / SOUS

 

FLR BB be the first to give us a photo!!

Sprei 2 koppies sesami saad in ‘n plat bakpan en rooster dit tot dit net begin verkleur. Roer dit nou en dan deurmekaar. Moenie dit te donker laat rooster nie, want hoe bruiner die sade word, hoe bitterder word die tahini.

Plaas die geroosterde sesami saad oor in ‘n vinnige blender en terwyl die motor loop, giet jy bietjie vir bietjie van ¼ tot ½ koppie olyfolie by tot dit ‘n pasta vorm. Gebruik meer of minder olyfolie om die dikte van die pasta te bepaal.

Dit kan vir tot ‘n maand in die yskas in ‘n toe bottel gehou word.
ADAM CLOETE