KERRIE VARKTJOPS

 

2014-05-30-kerrievarktjopstested

Ek het sommer my eie bestanddele en hoeveelhede gemeng, maar dis min of meer soos volg vir 8 tjoppies.

een groot ui in ringe gesny
2 koppies+ mrs B blatjang
koppie tamatiesous
halwe koppie heuning
2 eetl kerriepoeier
2 eetl masala
koppie kookolie
sout
peper

Meng als en gooi oor tjops. Dit het seker so bietjie meer as ‘n uur gemarineer. Braai oor kole en sleep so tussendeur weer deur sous. Ons het die tjops terug in die kasserol gesit en op die rooster. Dit het so bietjie staan en prut. Voorwaar ‘n wenner gewees.

BRON- Annelie van der Merwe-Kruger




LEKKER BRAND SOUSIE

 

FLR BB with Heart

2x750ml tamatiesous

1grootblik fyn appelkooskonfyt

1of 3 koppies rissies fyn gekap

2 koppies uie fyngekap en bruin gebraai gooi alles in kastrol as dit begin kook stel plaat op 2 en prut vir 20 min en bottel warm (jy kan besluit hoeveel brand daar moet wees en so jou rissies aanpas)  Jy kan ook knoffel bysit

Bron:  Johanna Maria de Swardt




SJOKOLADE FUDGE KOEK VIR ARMY KOEK

2014-05-30-sjokeladefudgekoektested

SJOKOLADE FUDGE KOEK VIR ARMY KOEK
(8 – 10 porsies)
420 g (750 ml) koekmeel
300 g (325 ml) suiker
200 g (250 ml) bruinsuiker
65 g kakao
7,5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
5 ml sout
3 groot eiers
315 ml karringmelk
10 ml vanielje-ekstrak
145 ml sonneblomolie
315 ml varsgemaakte filterkoffie
Botterversiersel
500 g sagte botter
650 g versiersuiker, gesif
45 ml kakaopoeier
10 ml vanilla geursel
Verhit oond tot 170 °C. Spuit twee 20 cm-koekpanne van minstens 7 cm diep met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier. Sif die koekmeel, suiker, bruinsuiker, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers, karringmelk, vanielje en olie saam. Voeg die droë bestanddele geleidelik by eiermengsel en klits goed. Maak seker droë bestanddele is goed ingemeng. Voeg koffie by en klits goed.
Verdeel beslag tussen die panne en bak vir sowat 45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Plaas die panne op ’n draadrak vir 10 minute. Maak koeke met skerp mes van rand los en keer uit. Laat heeltemal afkoel. Sny bokante van koeke netjies reguit af.

Botterversiersel:
Room botter in elektriese menger tot lig en romerig. Voeg versiersuiker, kakao en vanielje by. Meng goed. Plaas eerste laag koek op bord. Skep helfte van versiersel bo-op en versprei eweredig met slaplemmes. Plaas tweede laag koek bo-op en smeer met res van versiersel. Sit voor.

Koek op die foto:
75 ml kakao
500 g versiersuiker
250 g botter (not margarine but might work). 

Melt those 3. Add one egg, beat vigorously and add one packet of marie biscuits, broken in pieces. Gooi in ‘n gesmeerde of geline-de pan en los tot hard in yskas. Sny in blokkies.

Nota:    moenie vra ek moet die manier van versier opsit nie. Ek werk van fotos af wat ek op google kry, en gebruik BAIE verbeelding. Hier het ek ‘n basis uitgerol in ligbruin gebruik, en bruin, groen en swart kolle opgesit en weer gerol.

Bron:  Kiti de Jager

Foto: Kiti de Jager




GEBAKTE APPELS MET BACON EN GEDROOGDE PERSKES

2014-05-23-varkfilletsenappels-001tested

GEBAKTE APPELS MET BACON EN GEDROOGDE PERSKES
appels wat geskik is vir bak soos Granny Smith.
2 eetlepels bruinsuiker
1 teelepel neutpoeier
1 teelepel kaneelpoeier
2 teelepels botter
‘n paar gedroogte perskes of appelkose, fyngekap
bietjie gekapte bacon

Haal die stronke van die appels uit maar wees versigtig om die onderkant van die appels heel te hou. Kook die perskes in bietjie water tot sag en braai die bacon in bietjie olie. Meng die suiker, neut en kaneel en strooi dit binne in die appels. Meng die bacon en perskes en vul die appels daarmee. Plaas ‘n stukkie botter bo-op elke appel en mikrogolf dit in ‘n toe bak vir ongeveer 5 minute of tot sag.
Foto: ADAM CLOETE




VARKFILLETTE MET HEUNING EN BALSAMIC

tested
VARKFILLETTE MET HEUNING EN BALSAMIC

Varkfillette
olyfolie
sout en witpeper
3 eetlepels heuning
3 eetlepels balsamic asyn
2 teelepels vars tiemieblare
3 eetlepels calvados
Nota: Calvados is ‘n Franse appelbrandewyn wat onbetaalbaar duur is en jy heel waarskynlik nog sal moet invoer ook. Ek het gedink dat ‘n goeie plaasvervanger daarvoor gewone goeie brandewyn gemeng met bietjie appelsap kan wees.

Smeer die fillette met olyfolie en geur dit met die sout en peper na smaak. Maak ‘n pan baie warm en plaas die fillette daarin. Laat dit in die olie braai sonder om dit onnodig rond te skyf. Skud die pan en wanneer dit vanself loskom van die pan kan jy dit met ‘n knyper en nie ‘n vurk nie, omdraai. Braai tot goudbruin aan alle kante. Gooi nou die Calvados of vervanger oor asook die heuning en tiemie. Laat dit vinnig verder braai vir ‘n paar sekondes en voeg dan die balsamic asyn by. Die asyn neutraliseer die soetheid van die heuning so bietjie. Sorg dat die sous goed aan die vleis vaskleef, haal uit die pan en bak vir ‘n kort rukkie verder in die oond of mikrogolf indien jy dit meer gaar wil hê. Sny in skyfies en bedien met die sous wat in die pan oor is.

Resep geplaas deur ADAM CLOETE
Foto:  Adam Cloete




SPYROS SE VARKSULT-BRAWN

SPYROS SE VARKSULT-BRAWNtested

SPYROS SE VARKSULT-BRAWN

4 varkpootjies
500g varkvleis, sonder vet.   Boudvleis is ideaal.
3 wortels
6 eiers
gelatien
sout, peper, naeltjies en heel pietersielie blare
1 eetlepel asyn
gemengde piekels of agurtjies.   Gekleurde suur-uitjies werk ook baie goed

Kook die vleis saam met die wortels wat in ringe gesny is, asook die kruie en geurmiddels in ‘n bietjie water, tot sag.   Skep gereeld enige skuim wat op die oppervlak vorm af.   Haal uit die sous en ontbeen die vleis terwyl die sous steeds liggies geprut word.   Voeg die ontbeende vleis terug in die sous saam met die asyn en laat vir ‘n kort rukkie prut.   Die asyn verhoed dat die sous bleek word.   Haal van die hitte af, verwyder weer die vleis en hou dit en die sous eenkant.   Kook intussen die eiers hard, dop af en sny in skywe.   Sny die piekels ook in skyfies.

 

Meng die gelatien met die sous.   Die hoeveelheid gelatien hang af van die grootte van die bak wat jy vir die bron gaan gebruik en die hoeveelheid sous wat jy gaan gebruik.   Pak ‘n dekoratiewe laag eiers, wortels, pietersielieblare en piekels onder in ‘n vormbak van jou keuse en giet ‘n bietjie sous daaroor.   Verkoel dit in die yskas tot die gelatien net begin stol.   Pak nou lae vleis en die ander bestanddele bo-op die gestolde lagie en giet die res van die sous daarin sodat dit alles bedek.   Plaas in die yskas om die gelatien te laat stol.   Wanneer dit styf is, net voor jy dit bedien, plaas die bak se onderkant vir ‘n paar sekondes in warm water om die gelatien te laat los, hou ‘n opdienbord styf teen die oopkant, draai dit om en gee dit ‘n ligte skud sodat die bak loskom van die gereg.   Sny in skywe en bedien.

Foto en resep:  Adam Cloete




ADAM SE MOER-BY HOENDER-HERDERSPASTEI

 

2014-05-18-moerbeipasteitested
ADAM SE MOER-BY HOENDER-HERDERSPASTEI

Ek kook toe twee hoenderborsies gaar saam met uie, speserye, sout en peper. Terselfdertyd kook ek 4 aartappels gaar saam met ‘n verlore blomkoolkoppie wat vergete was en al beter dae geken het. Toe die hoender gaar is, haal ek dit en die uie uit die water en gebruik dieselfde water om 2 soorte pastas, waarvan bietjies wat in die sakkies oor was, ongeveer 500g opgemaak het, gaar te kook. Intussen braai ek 2 groenrissies wat in stukkies gesny is in bietjie olie tot sag en roer ‘n blikkie gekapte sampioene daarby. Met die hoender ook in stukkies gesny, meng ek toe die hele spul, behalwe die aartappels wat ek saam met die gaar blomkool koppie mash. Die aftreksel van die hoender, waarin die pasta gekook is, is net genoeg om ‘n pakkie witsous en ‘n pakkie sampioensous in te meng en die sous roer ek ook in die hoendermengsel. In ‘n oondbak skep ek ‘n laag hoendermengsel met ‘n laag aartappelmengsel bo-oor en strooi bietjie kaas daaroor. Volg dit op met die res van die hoender en bo-op die res van die aartappels en nog bietjie kaas bo-oor. Onder die rooster tot mooi goudbruin, en daar is my moerbei-pastei.

RESEP EN FOTO: ADAM CLOETE




HOENDER EN SPINASIE FRIKKADELLE MET VARS WARM TAMATIESOUS

 

2014-05-09-hoenderfrikadelldtested

500g gaar hoender
100g spinasie
2 eiers
50g gewone meel
1 teelepel cumin
sout en peper na smaak

VIR DIE SOUS
1eetlepel olyfolie
1 gekapte ui
1 gekapte knoffelhuisie
500g fyngemaakte tamaties
2 eetlepels ketchup

Maak die gaar hoender en spinasie fyn en meng deeglik. Voeg die sout en peper, cumin en eier by en meng dit saam met 20g meel deeglik in die mengsel in. Maak ongeveer 12 balle en rol dit in die oorblywende meel tot dit deeglik bedek is.

Verwarm die olie in ‘n kastrol en braai die knoffel en ui vir ongeveer 10 minute oor lae hitte tot sag maar nie bruin nie. Voeg die tamatie by en prut liggies vir 10 minute.

Verwarm ‘n bietjie olie in ‘n pan en braai die hoender balle tot goudbruin aan alle kante. Verwyder van die pan en dreineer op kombuispapier. Bedien die frikadelle op kapok aartappels of pasta en skep die sous bo-oor.
ADAM CLOETE




ROOM VAN TAMATIESOP MET BASIL PESTO

2014-05-07-tamatiesoptested
ROOM VAN TAMATIESOP MET BASIL PESTO
Ongeveer 3 koppies hoenderekstrak
1 blik heel tamaties met sous
1 blik tamaties en uie
1 koppie room
Sout en peper na smaak
Basil pesto

Giet die hoenderekstrak in ‘n groterige kastrol en bring tot kookpunt. Kook tot dit ongeveer met ‘n derde verminder het. Voeg beide blikke tamaties by en laat prut vir ongeveer 10 minute. Voeg die room by en laat vir nog 15 minute prut. Maak fyn in ‘n versapper, geur met sout en peper. Meng ‘n eetlepel pesto in wanneer opgeskep.
Foto en resep:  ADAM CLOETE




VLEISGEVULDE GEBAKTE PATATS MET AVO EN TAMATIE SALSA

 

2014-05-07-patatstested

Was groot patats, hou dit klam en smeer skil met growwe sout.

Bak in die oond tot sag.

Kook varkvleis (of vleis van jou keuse) tot baie, baie sag.

Dit moet uitmekaar getrek kan word. (Of stoom dit).

Ek het slegs oreganum, ui, knoffel, sout en peper by die vleis gesit.

Sny die patats oop en vul dit met ‘n laag gerasperde kaas en die vleis.

Skep ‘n laag salsa bo-oor elkeen.


ADAM CLOETE