HETTIE SE SJOKOLADEKOEK

The_Best_Chocolate_Cake_Recipe

HETTIE SE SJOKOLADEKOEK
4 eiers geskei
½ teelepel sout
¾ koppie suiker
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
½ koppie kakao
1 koppie melk
1 teelepel vanilla geursel
½ koppie brandewyn
¾ koppie kanola olie
1 groot pepermint sjokoladeKlits eierwitte baie styf met sout.
Klits gele goed in. Klits suiker in.
Sif droë bestanddele saam en roer om die beurt met vloeistof in, meng goed deur.
Rasper sjokolade en roer by. Skep in 2 koek voorbereide panne.
Bak 180ºC tot die koek om die rante los kom.
Keer uit en laat koel af. Sny elke laag deur sodat jy 4 lae het.
Versiersel:
2 blikke caramel treat
1 groot pepermint sjokolade
Plaas die karamel in die mengbak, roer tot die karamel loperig is.
Rasper helfte van die sjokolade in en meng goed.
Smeer tussen lae en smeer bo-op. Stooi res van die gerasperde sjokolade oor.

Bron:  Hettie Nagel




HOENDERFILLETTE EN PRAWN SKOTTEL

2014-06-07-hoenderprawntested

4 Hoenderfillette opgesny
1 pak ontskulpte prawn sterte
4 Spriet uie
2 ringe Feta
1 blik Coco melk
1 knypie paprika
1 knypie cyanne peper
1 skoot braaivleis speserye
4 Vars Basiliekruid blare
2 takkies vars pietersielie
10 ml Avokado Olie
Sny hoenderfillette 2 cm dik stukkies, braai in avokado olie, skep uit
Braai prawn sterte bruin – gooi skoot braaivleis speserye oor skep hoender by en meng.
Gooi cocomelk oor asook cayaan peper
Krummel Feta, en gooi oor geneusde basieliekruid blare en pietersielie. Sny spriet uit en gooi bo oor – maal lekker swart vars peper bo op!

Druk in die oond – 180 grade – 45 minute! Whalaah! Njummies!!!
Skep bo-op basmati rys …

Foto en resep geplaas deur Lizbe Vorster




URSHELA SE PEPPERMINT CRISP TERT

peppermint tert urselatested
URSHELA SE PEPPERMINT CRISP TERT

1x 250 ml “Double cream room”
2 stafies peppermint crisps
1 blik caramel treat
1 pakkie Tennis beskuitjies
10 ml brandewyn (ek het so bietjie ge improvise en die self bygesit en dis vrek lekker)

Klits room tot styf krummel 1 stafie sjokolade en voeg by klits nou die karamel treat en brandewyn by. Pak lagies tennis beskuitjies en dan “beslag” krummel laadte stafie sjokolade bo oor en laat verkieslik oornag in die yskas

Bron en foto: Urshela Faurie




URSHELA SE MELKTERT

2014-06-05-peppermintenmelktert-001tested
URSHELA SE MELKTERT
Kors
1 pak tennisbeskuitjies
125 ml gesmelte botter
5 ml kaneel
2.5 ml nutmeg (neutmuskaat)

Smelt botter en meng met gekrummelde tennisbeskuitjies, gooi kaneel en nutmeg by en meng goed, druk dan die “deeg” in ‘n tertbak uit vir tert kors

Tert beslag
Kook 1 liter melk met 2 tlp botter en ‘n stokkie kaneel
In ‘n voedselverwerker meng:
80 ml koekmeel
80 ml maizena
1 ml sout
125 ml melk
200 ml suiker
3 eiers
5 ml vanilje
(Ek het 5 ml “frangelico” liqeur bygegooi vir n neuterige smaak, die alkohol kook uit so moenie worry nie, dis veilig vir kinders)

Sodra die melk mengsel begin kook voeg die gemengde bestanddele by en roer.
Roer tot dit dik word en soos “slap pap” prut, giet in jou tert dop en strooi kaneel oor…..en dan drink jy die res van die bottel frangelico uit en gee die tert kans om af te koel
Bron en foto:  Urshela Faurie

 




DIANE’S MUSSEL SOUP

 

FLR BB Template

DIANE’S MUSSEL SOUP

1 Packet Cream of Mushroom soup
800ml Milk
1 Tin Smoked Mussels, finely mashed

Mix soup mix and milk and slowly bring to a boil. When thick, add your tin of mashed mussels. Whala, delicious creamy mussel soup.

Bron:  Diane Van Schaik Conradie




OATS BROOD

 

2014-06-04-oatsbroodtested

gooi 1 en ‘n half koppie kookmelk oor 1 koppie oats,laat dit helemal afkoel, gooi by 6 E suiker (strooi suiker) 1 eier, 3 K koekmeel (gesif),4 T bakpoier, 1 T sout, meng als lekker deur, dit maak deeg, knie dit bietjie plaas in broodpan, resep se bak 1 en ‘n half uur teen 180 maar ek het myne 1uur gebak en was perfek en gaar.

Bron en foto:  Marisa Olivier




ROOMYS MET VARIASIE

FLR BB Templatetested

ROOMYS MET VARIASIE
250 ml volroom melk
120 ml suiker (ek gebruik strooisuiker)
1 heel eier plus 1 of meer eier gele (hoe meer, hoe ryker)

Klop die suiker en eiers saam tot romerig – dit beskerm skynbaar die proteine in die eiers.
Voeg melk by en verhit op lae hitte terwyl jy heel tyd roer tot dit begin verdik – dis basies ‘n baie dun custard.
Laat afkoel en voeg 400 ml ordentlike room by.
As jy net daai waterige verskoning van Clover kan kry, gooi biejie marscapone by.
Gooi jou vanilla / ander geurmiddels by.
Sit in masjien en churn.
Ek vind dat die proses gouer gaan as jy dit oornag in die yskas laat voor die laaste stap.

VIR SJOKOLADE WEERGAWE (my man sê dit proe soos Hagen Dass)
Ek gebruik BAIE cocao poeier (250 ml) maar as jy nie so heavy of sjokolade is nie, kan jy dit halfeer. Dit proe nie soos cocao nie, maar soos seriously lekker sjokolade.

SPICY ROOMYS – ‘n wenner na ‘n Kerrie maaltyd
500 ml volroom melk
500 ml room
1 koppie suiker
8 eiergele
6 kaneel stokkies
16 heel naeltjies
5 blommetjies Star Anise (dis noodsaaklik)

Verhit die melk tot net onder kookpunt met die speserye in.
Laat ‘n uur lank staan en trek.
Verwyder die speserye en volg die basiese resep se metode verder.

Nog ‘n anderste roomys.
MUSTARD ICE CREAM – stunning! – serve on mushroom or butternut soup, great as normal ice cream!
100 g smooth Dijon mustard
40 g brown sugar
100 g honey (add less for savoury version or leave out)

Whisk into basic mix, cool down and churn
Variations – add cinnamon, very strong dissolved coffee, cheese, or 125 ml alcohol (maximum, otherwise it does not freeze) to milk mix.
Hier is die basiese roomys mengsel resep

Iets anders vir jou fees tafel.
PINOTAGE ICE CREAM
Serves 4
250 ml sugar syrup (made by boiling up ½ water ½ sugar)
250 ml Pinotage
250 ml seeded grapes
250 ml cream
200 ml milk

Bring first 3 ingredients to boil, simmer until grapes are soft and mixture is ½ of original volume. Cool down.
Add cream and milk and freeze and churn.
Serve with poached pears in red wine or with cheese and crackers.
Bron:  Petro Borchard




MAKLIKE SAMPIOENSOP

FLR BB with Heart

MAKLIKE SAMPIOENSOP

400 ml water
450 ml melk
1 x pakkie cream of chicken soppoeier
houertjie (250 ml) room
15 ml (1 eetlepel) sjerrie (opsioneel)
peper na smaak
½ bakkie sampioene, fyngekerf

Meng water, melk en soppoeier. Bring tot kookpunt.
Voeg res van die bestanddele en kook net lekker deur.
Geniet!!
Vervang sampioene met mossels indien verkies.

Bron:  Jaco Redelinghuys




VISPAKKIE

2014-05-31-vispakkietested

VISPAKKIE

http://foodloversrecipes.com/geen-gis-pizza-deeg/

Ek gebruik my geen gis pizza degie (veeldoelig) wat op die blog is, maak dit aan en laat rus in die yskas.  Saam met ‘n blikkie Pilchards in tamatiesous  gebruik ek ook ‘n blikkie baked beans. Dis nog nie genoeg nie, so ek kap gou ‘n ui fyn, skil ‘n paar aartappels en sny dit in blokkies.

Terwyl ek die aartappels sag mikrogolf, braai ek die ui en gooi  eers die pilchards se sous by die uie in die pan saam met die baked beans en laat dit prut tot die vloeistof so bietjie verminder het. Dan kom die pilchards in en ek druk hulle sommer so rofweg in stukke en meng deur die boontjies en daarna die gaar aartappels.

Die deeg rol ek langwerpig uit en plaas dit op ‘n uitgevoerde bakplaat, skep die vismengsel daarin en vou dit toe soos ‘n pakkie. Verf met eier en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute.

Bron en foto:  Adam Cloete

 




3 BESTANDDELE SKONS

2014-05-30-skonstested
3 BESTANDDELE SKONS
1¾ koppie bruismeel
1 koppie room
¼ koppie gesmelte botter

Ek het net ‘n ½ koppie room gehad en dit toe opgevul met volroom dubbeldik Bulgaarse jogurt, knippie sout en 1 teelepel suiker bygevoeg. Liggies gemeng en sommer met my hande platgedruk. Het 13 uitgekry. Gebak by 180°C vir tien min. Nogal lekker en lig!

Foto:  Martie Fourie Moolman

Nota deur Gigi Robinson
Gou Marie Fourie Malan se 2 bestanddele skons probeer, maar net kaas en spring onion en so dash sweet chilli sous bygesit, en dis heerlik en vinnig.