ROOMHOENDERPASTEI MET MOZZARELLA

2014-06-25-roomhoendertested

ROOMHOENDERPASTEI MET MOZZARELLA
Kook 3 hoenderborsies gaar saam met ‘n opgesynde ui, oreganum, cumin en sout en peper.
Ontbeen die hoender en breek in stukkies.
Braai 250 g bacon stukkies tot net gaar en hou eenkant.
Braai 250 g sampioene wat in helfte deurgesny is in dieselfde pan tot sag en plaas by die bacon.
Meng die bacon en sampioene by die hoender en meng ‘n aangemaakte pakkie kaas en sampioensous daar deur.
Plaas skywe Mozzarellakaas bo-op en bedek dit met ‘n sagte kors deeg. Sprinkel bietjie cheddarkaas bo-oor en bak by 180ºC vir 30min of tot die kors goudbruin is.
http://www.foodloversrecipes.com/2013/06/die-lui-huisvrou-pasteideeg-slapdegie/

Bron en Foto: Adam Cloete




VOLSTRUISNEK KERRIE

2014-06-24-volstruisnektested

VOLSTRUISNEK KERRIE
Adrian sê hy het nie ‘n resep nie, maar dis wat hy gedoen het. Die volstuisnek is eers vir 20 minute gestoom, anders moet jy dit baie langer kook. Intussen het hy die wortels en aartappels net bietjie in die Mikrogolf gekook tot dit halfpad gaar is. Die vleis is uit die pot gehaal en saam met uie in ‘n ander pot gebraai terwyl die sous eenkant gehou word. As die uie begin sag word, word bietjie van die sous by die vleis gegooi sodat dit begin kook saam met ‘n paar naeltjies en heel koljander.

Intussen meng hy een teelepel vleis masala, een teelepel gewone medium sterkte kerrie en ‘n halwe teelepel borrie met ongeveer 2 eetlepels tamatiepasta en roer die res van die vleissous by. (Daar was ongeveer 1 1/2 koppie sous in die stoompot). Dit word nou by die vleis gevoeg, saam met sout na smaak. Kook vir ongeveer nog 15 minute en voeg die aartappels, wortels en opgesnyde murgpampoentjies by. Kook tot die groente sag is en roer nou en dan sodat dit nie aanbrand nie. Indien meer vloeistof nodig is, voeg bietjie water by, maar jy wil ‘n dik souserige gereg hê en nie sop nie.
Bron:  Adrian Olivier
Foto:  Adam Cloete




MINI NIERTJIE QUICHES

2014-06-22-niertjiequichestested

MINI NIERTJIE QUICHES

Vir die kors het ek my geen gis deeg gebruik wat op die blog is.
http://www.foodloversrecipes.com/2014/01/geen-gis-pizza-deeg/
Ek het 4 niertjies baie klein blokkies opgesny en ‘n ui fyn gekerf. Die ui gebraai in olyfolie tot net deurskynend en toe die niertjies bygevoeg.
 By dit het ek bietjie growwe sout en tee telepels cumin gevoeg en vir so 5 minute geroerbraai en toe 2 eetlepels tamatiepasta bygeroer, dit bedek en liggies geprut vir nog 5 minute.

Intussen het ek 250ml melk en joghurt gemeng en 2 eiers daarby geklits. By dit het ek ‘n pakkie Potato bake deeglik ingeroer. Laastens het ek die pannetjies met die deeg uitgevoer, die niertjie vulsel ingeskep en dit met die melkmengsel bedek en by180ºC gebak vir 30 minute.

Nota: Vir die 12 tertjies het daar van die niertjies en die melkmengsel oorgebly.

Bron en foto:  Adam Cloete




HOENDER GEKOOK IN ROOIWYN (COQ AU VIN)

2014-06-18-coqauvintested

Hoender boudjies en dytjies
2 koppies rooiwyn
2 lourierblare
1 spruit tiemie of ½ teelepel droë tiemie
4 stroke bacon in blokkies gesny
1 fyngemaakte knoffelhuisie
1 hoenderekstrak blokkie
2 eetlepels tamatiepasta
125g heel sampioene
3 medium grootte aartappels in blokkies gesny en halfgaar gemaak.
3 medium grootte uie grof gekap. (verkieslik sowat 10 heel piekeluitjies)
Sout en peper na smaak.
Avoskywe (opsioneel)

Meng ‘n bietjie meel met sout en peper en rol die hoender daarin om goed te bedek. . Braai die hoender, saam met die bacon in ‘n bietjie olie tot die hoender verbruin het. Krummel hoender ekstrakblokkie by hoender en voeg lourierblare by. Voeg tiemie, knoffel, tamatiepasta en bietjie water by en kook tot hoender gaar is. Voeg sampioene en rou uie by en giet rooiwyn oor. Bring tot kookpunt en laat prut vir ‘n paar minute tot die uie sag is. Voeg aartappels by en prut tot die aartappels heeltemal gaar is. Plaas ‘n paar avoskywe in die sous net voor jy dit van die hitte afhaal.
ADRIAN OLIVIER

Foto:  Adam Cloete




ALFREDO PASTA WITH HAM

 

10446358_10152541167681060_1460733825_ntested

ALFREDO PASTA WITH HAM
1 pound dry fettuccine pasta
1 tablespoon butter
6 ounces diced cooked ham
2 cups heavy cream
1 cup grated Parmesan cheese

Bring a large pot of lightly salted water to a boil. Add pasta and cook for 8 to 10 minutes or until al dente; drain.In a medium sauce pan over medium heat, melt butter. Stir in ham and cook 1 minute. Stir in cream and heat through. Stir in Parmesan and cook until thick and smooth. Toss with cooked pasta.
Recipe posted by Adam Cloete
Photo and note: Dorea Fischer
Net gekapte sampioene en cheddar bygesit.




ENA SE BRAAMKONFYT

brame-betsietested
ENA SE BRAAMKONFYT
2,5 kg Brame
2 kg suiker
500 ml water (±)
knippie sout
skeutjie vars suurlemoensap
Was brame baie goed onder koue lopende water, om van stof, ensovoorts ontslae te raak.
Plaas in emmer koue water met bietjie sout, spoel WEER af en dreineer al die water af.
Plaas brame in konfytkastrol, voeg 500 ml water by en kook teen medium hitte, sodat brame kan warm word en effens kan begin sag word.
Voeg die suiker by, verhoog hitte en sodra suiker smelt, draai hitte dan weer laer.
Roer voortdurend!
Vpeg ‘n skeutjie suurlemoensap en knippie sout by. (Ek doen dit met al my konfyte.)
Wanneer konfyt begin ‘taaier’ word, verwyder van hitte en verpulp so driekwart van die kooksel. Ek gebruik sommer die hand-versapper (stick) binne in die kastrol.
Plaas terug op stoof en kook verder teen matig-tot-stadige hitte.
Roer kort-kort.
Bottel warm in gedistilleerde flesse.

*Indien jy dit as sous oor roomys of terte wil gebruik, versap dit net fyner.
**Ek kook moerbei-konfyt op dieselfde manier.

Resep: Ena Bester Posthumus.
Foto:  Betsie Ferreira




FRANSE AARTAPPELGEBAK

2014-06-10-franseaartappelgebaktested
FRANSE AARTAPPELGEBAK
5 groterige gekookte aartappels in blokke gesny
300 ml room
3 knoffelhuisies
30 ml platblaarpietersielie, fyngekap
groot knippie sout
vars gemaalde swartpeper
400 g blaardeeg, verkoel
1 eiergeel, geklop

Sit aartappels in ‘n mengbak saam met room, knoffel, pietersielie, sout en peper. Meng goed. Wees versigtig om nie die aartappels te stukkend te druk nie. Verdeel die deeg in twee stukke, die een effens groter as die ander. Rol albei in sirkels uit en bedek ‘n gesmeerde oondvaste bak met die groter een. Gooi die vulsel netjies en kompak in en bedek met die kleiner sirkel. Vou mooi toe en borsel die deeg liggies met die eiergeel.
Bak vir 30 minute teen 180 ºC tot goudbruin en nog 30 minute teen 150 ºC. Laat staan om af te koel. Die aartappels absorber die room soos dit afkoel.

Bron en foto:  Nico_Jenny van der Merwe




MPHO’S FRUIT COCKTAIL PUDDING

Warm Pudding
MPHO’S FRUIT COCKTAIL PUDDING
Ingredients
2 cups self raising flour
2 tsp bicarbonate of soda
1 tsp salt
2 large eggs beaten
1 410g fruit cocktail with syrup
1 1/2(one and a half cup) sugar
Sauce
2 Tbsp margarine
1/2 cup sugar
Evaporated milk
1tsp vanilla essence

Method

In a large bowl beat 2 eggs, add 11/2 cups sugar and fruit cocktail to eggs and mix. Add 2tsp bicarbonate of soda and a tsp salt to the mixture. Sift your self raising flour (2 cups) to the mixture and pour the entire mixture to your baking dish. Bake at 110 or 150 degree Celsius depending on how fast your oven is until brown and well done. Boil all the sauce ingredients in a saucepan just before taking the pudding out of the oven. Pour the sauce on the pudding the minute you take it out of the oven. Serve with custard.

Bron:  Mpho Tongwane




GEBAKTE STOKVIS MET VINKELBOTTER

2014-06-10-vinkelvistested

GEBAKTE STOKVIS MET VINKELBOTTER
Verhit ‘n bietjie botter in ‘n pan en braai die visfilette wat liggies met sout en peper gegeur is vinnig aan albei kante oor medium hitte. Verplaas die vis na ‘n oondbak en sprinkel dit met die sap van ongeveer een  suurlemoen . Bak by 200ºC vir 15 – 20 minute of tot die vis gaar is. Verhit intussen nog bietjie botter in dieselfde pan en voeg 2 – 3 teelepels vars gekapte vinkel of 1 teelepel droeë vinkelsade en bietjie sout en peper by. Laat vir ‘n rukkie kook om die geur van die vinkel te versprei. Verplaas die vis na ‘n opdienbak, giet die kooksappe by die botter en laat dit nog vir ‘n paar sekondes liggies prut. Giet die sous oor die vis en bedien warm.
BRON:  ADRIAN OLIVIER
FOTO:  ADAM CLOETE




KOREAANSE BIEFSTUK VINGERS

2014-06-08-steakslaai

KOREAANSE BIEFSTUK VINGERS
Biefstuk van jou keuse (hoeveelheid wissel volgens jou omstandighede)
1 fyngekapte ui
4 fyngemaakte knoffelhuisies
5 eetlepels soyasous
2 eetlepels sesameolie (omdat dit baie duur is, gebruik ek olyfolie)
50g suiker
2 eetlepels medium droë sherry
50ml beesekstrak
sout en ‘n knippie peper van jou smaak

Sny die biefstuk in dun vingergrootte repe en plaas in ‘n marineerbak. Meng al die ander bestanddele saam en giet oor die vleis. Bedek en laat marineer vir so lank as moontlik, maar nie korter as 1 uur nie. Verhit die oondrooster tot hoog en plaas die vleis op ‘n bakplaat en rooster vir 5 tot 10 minute terwyl gereed omgedraai en met die sous bedruip word.

Of pas dit aan by jou omstandighede

Ek het 2 gaar steaks in die vrieskas gehad, wat ek opgesny het en toe in die sous gemarineer het. Die steaks was redelik underdone. Die het ek toe so bietjie in die pan gebraai in olyfolie, uitgehaal en die sous in die pan gegooi en laat “reduce”. Intussen die bak met hardgekookte eiers, tamaties, avo, ‘n bakkie guacamole en die steak repies gepak. Die sous oorgegiet en toe die gaar broccoli ook net bietjie in dieselfde pan gebraai en tussen die ander gepak. En……Steak en Broccoli slaai.

2de foto:   Ek het dieselfde sous gebruik, maar koue gaar varkboud vleis in repe gesny en vir 20 minute op 220ºC in die oond gerooster, saam met die sous, nadat dit vir 2 ure gemarineer het, net om die sous gaar te kry. Toe laat afkoel en op die bord saam met tamatiestukkies, slaaiblare, en ‘n geel soetrissie in blokkies gesny, gerangskik en die sous deur dit gemeng. Dit is op kamer temperatuur ge-eet.

Bron en foto:  Adam Cloete