MARINATED SPRINGBOK CHOPS

2015-10-18-marinatedspringbokchopstested

MARINATED SPRINGBOK CHOPS
Serves 4-6
1,5 kg springbok chops
Marinade
250 g tin crushed pineapple
60 ml (¼ cup) soya sauce
250 ml (1 cup) mayonnaise
250 ml (1 cup) chutney
60 ml (¼ cup) olive oil
60 ml (¼ cup) honey-and-mustard sauce
5 ml (1 teaspoon) mild curry powder
30 ml (2 tablespoons) sugar
30 ml (2 tablespoons) dried mixed herbs
salt and freshly ground black pepper
Preheat oven to 180°C.
Place the chops in an ovenproof dish and season with salt and pepper.
Marinade: Mix the marinade ingredients well and pour over the chops. Cover with foil and cook in the oven for 1½ hours. Serve with chips.
Recipe posted by Lisinda Blaauw
Photo:  Lisinda Blaauw




KOOKWATER PASTEIDEEG

tested

KOOKWATER PASTEIDEEG
Bros deeg wat perfek werk vir die onderkant van pasteitjies omdat dit ordentlik deur bak sonder om taai te wees. Ek vind dit die beste deeg vir wildspasteitjies wat ek sommer in my medium grootte muffin panne maak.
125 ml kookwater
125 g botter of margarine (ek gebruik botter dit smaak ook lekkerder)
500 ml (280 g) bruismeel (of koekmeel + 2 teelepels bakpoeier)
2 ml sout
Smelt die botter of margarine in die kookwater. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die kookwater mengsel by tot ‘n sagte deeg vorm. Ek gebruik my deeghak in my menger.
Gooi in ‘n plastiek sakkie en sit in die yskas vir ten minste ‘n uur of tot yskoud. {*op hiedie stadium kan jy dit ook vries vir latere gebruik}.
Op ‘n meelbestrooide oppervlak, druk die deeg plat en rol uit tot 3 mm dik. Sny vorms soos verlang, voer pannetjies of oondbak uit met die deeg. Sny dekseltjies vir die bo-kante, maak ‘n gaatjie in sodat die stoom kan ontsnap. Sit die koue vleis vulsel in en maak toe met die dekseltjie. Smeer die kante nat met bietjie water op jou vinger, knyp die deeg toe en verf met geklitste eier of melk met bietjie suiker in.
Bak by voorverhitte oond by 200ºC vir vanaf 20 min tot 40 min afhangende van hoe groot die pasteie is. Hulle moet mooi goudbruin bo-op wees.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto:  Adam Cloete
2de Foto: Rio Canovi Brand

 




KNOFFEL KAAS BROODROL

2014-07-09-kaasbroodtested
KNOFFEL KAAS BROODROL
Vir die brood:
7 koppies broodmeel
1 teelepel sout
1 eetlepel suiker
15 g suurdeeg ( korrelgis)
¼ koppie kookolie
1 ¼ koppie louwarm melk
1 koppie louwarm water
1 eier
Vulsel:
Gerasperde kaas
Gebraaide bacon
Knoffel ( botteltjie)
Pietersielie,gekap
Sous:
1 koppie room
1 koppie melk
1 pakkie souspoeier van jou keuse of potatobake.( ek het Diane sous gebruik maar ek glo nie dis in Suid Afrika nie)
Knoffel na smaak
Ek het so gemaak:
Sit die broodmeel in jou mengerbak en meng liggies.
Meng die lou warm melk, lou warm water, suiker, olie en suurdeeg. Laat staan vir 15 minute.
Terwyl die menger se motor loop op medium spoed begin die melk mengsel ingooi, halfpad deur gooi die liggies geklitse eier in en dan die res van die melk mengsel.
Hou dop want ek het nie alles nodig gehad nie. Laat die menger knie vir so 5 tot 10 minute. Ek haal dit dan uit en knie met die hand verder tot hy elasties is. Spuit n groot bak met kossproei en sit die deeg in.
Spuit die bo kant van die deeg ook liggies en maak toe met kleefplastiek.. sit op n warm plek om te rys tot dubbel die grote. Dis koud hier so ek het hom in ‘n kombersie toegedraai en op ‘n metaalstaander op die hotplate gesit.
Haal dit uit en knie af. Ek het die deeg in twee gedeel om n brood vir more te bak. Die een helfde( of soveel soos jy nodig het) rol dit uit in n reghoek vorm . Smeer ‘n laag knoffel oor. Gooi gerasperde kaas oor en die bacon, sprinkel mildelik met pietersielie.
Rol op soos n swiss rol.
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer of spuit n ronde springform koekpan. Sit ‘n laag foelie onderom aan die buitekant om die sous wat uitloop op te vang,
Meng die room, melk, souspoeier en knoffel.
Giet die helfde onder in die koekpan. Sny skyfies halfpad deur die broodrol. Moenie deursny nie. Lig versigtig en drapeer in die ronte in die pan. Giet die res van die sous oor en sprinkel gerasperde kaas oor. Maak toe met n vadoek en laat weer effe rys. So 30 minute. Bak vir 35 minute.
Haal uit en wag so 10 minute en verwyder met behulp van ‘n eierspaan en sit op ‘n opdien bord met ‘n randjie. Sny in skywe en bedien.
Gebruik die res van die deeg en bak vetkoek of soos ek ‘n brood vir more. Of as jy baie mense het maak twee.

Bron en foto:  Hettie Bezuidenhout




EASY CALZONES

calzones adam2014-07-09-calzonestested
EASY CALZONES

Ready made pie crust, or make your own. Or use pizza dough
5 tomatoes sliced thin.
a Tablespoon Herbs (Rosemary,oregano, basil or any Italian herbs)
Cream cheese, Parmesan, Mozzarella, Romano (or a blended package of fine shredded cheese)
salt and pepper to taste.
Blend the herbs and cheeses together

Directions:
Roll out one crust…lay slices of tomatoes all over the crust about 2 fingers apart. Place a spoonful of the blended herbs, cream cheese, and other cheeses on top of the tomatoes. Salt and pepper to taste.
add another sprinkle of cheese over the top of the tomato. Gently place the top pie crust or pizza crust over the top. Seal all the way around. Take a drinking glass and gently cut out each bump of tomato. Make sure each round Calzone is sealed. Use a little egg well beaten to ensure seal.
Give each Calzone a bath of garlic and melted butter then drop gently into hot grease until they brown or float to top…(You could also bake at 375 until brown. Serve with a good marinara sauce.
Foto:  Adam Cloete

Nota:   Ek noem dit my Surprise Calzones want elkeen het ‘n ander vulsel in. Verskillende kombinasies van tamatie, gerookte worsies, olywe, avocado, mosterd, soet chilliesous, kaas en tot groen soetrissies. Net ‘n wenk vir diegene wat so clueless soos ek kan wees. Sorg tog dat jou boonste deegvel heelwat groter is as die onderste een sodat dit mooi om die hopies kan pas. Verder, spasieer die hopies vêr genoeg uitmekaar uit om die deeg behoorlik te kan seël. Nie soos daardie twee in my bord wat met laslappies aanmekaar gesit moes word nie.
Foto:  Adam Cloete




BACON EN KAAS BROODROLLETJIES

 

2014-07-09-baconkaasrolletjiestested

So 8 snye brood
Kaas
Bacon
Sny korsies van brood af en rol plat met koekroller
Sit n skyfie kaas bo op
Rol toe
Draai dan bacon om dit
Steek vas met tandestokie
Braai in pan op stoof met botter
Die is baie ryk maar lekker.
Wees versigtig met die botter. Sit eerder bietjie vir bietjie by anders trek brood al die botter op

Maak seker jy draai die hele broodtjie toe met bacon. Want soos ek se die brood trek die botter op

BRON- Marian van Deventer




CHINESE RYS

 

2014-07-09-chineserystested

Chinese rys word met koue rys gemaak. Sorg vir genoeg olie. Neem 3 eiers en scramble dit in n pan en hou eenkant. Braai gekapte ui en hou eenkant. Braai repies hoender of steak (met spice of soya sous maar sorg dat die vog weggebraai is). Opsioneel: braai sampioene en gevriesde gemengde groente. Gooi nou alles terug in die pan saam met koue rys. Besluit self oor porsies. Strooi met sout, peper en pietersielie na smaak.

Bron:  Tina de Beer Gouws

Marian van Deventer
ek het klapper olie gevat en rou rys en n ui en3knoffel huisies en n stukkie gemmer gevat en dit saam gebraai tot rys lekker bruin was. Toe het ek sesame oil bygegooi en soyasous. Het nou nie spesefieke hoeveelheid van die 2 nie toe het ek kort kort bietjie water bygegooi en met deksel gekook tot gaar.

In ander pan het ek mushrooms, klein mielies opgesny, broccoli, blomkool gebraai. Laaste tamaties in gesit dat dit net warm raak. Voor ek die rys en groente gemeng het het ek rocket ingesnipper.

Foto: Marian van Deventer




CHICKEN WELLINGTON (HOENDER)

2014-07-04-chickenwellingtontested
CHICKEN WELLINGTON (HOENDER)

6 Hoenderfillette
500g opgekapte Sampioene
2 groot Leeks
1 Ui
250g Bacon stukkies
Dijon mostert
Pof deeg
Paprika
250ml Room
Sout en peper.
Meelblom
Dit hang natuurlik daarvan af of jy een, twee of ses fillette gaan gebruik, hoeveel bestanddele jy gaan nodig hê.
Braai die opgekapte leeks, bacon en helfte van die mushrooms met ‘n bietjie sout in bietjie olie tot al die water verdamp het. Hou eenkant. Sny met ‘n skerp mes ‘n snit aan die dikste sykant van elke fillet, om ‘n sakkie te vorm. Stop dit met die sampioenmengsel en smeer ‘n laag Dijon mostert bo-oor. Skep ‘n lepel vol van die sampioenmengsel bo-op. Indien jy gekoopte pofdeeg gebruik, rol dit net oop sonder om dit uit te rol. Dit pof beter so. Sny dit in vierkante wat groot genoeg is om om die fillette te vou. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en plaas die fillet versigtig daarop. Plaas die deegvierkant bo-op en vou dit net onder die fillet in. Dit hoef nie die hele onderkant te bedek nie. Herhaal met al die fillette, verf die deeg met eier of melk, en bak in die oond by 180ºC vir ten minste 45 minute.
Braai intussen die opgekapte ui en die res van die sampioene, en voeg die room by sodra die sampioene begin sag raak. Strooi 2 teelepels paprika oor (dit is hoofsaaklik vir die kleur), geur met sout en roer deeglik. Laat prut tot die room begin verminder en roer dan bietjie meelblom by om die sous te verdik. Bedien die Wellingtons warm met die sous.
resep en foto:  ADAM CLOETE




MACARONI EN KAAS MET ‘N KINKEL

2014-07-03-macaronienkaastested

MACARONI EN KAAS MET ‘N KINKEL
Vir die vleis:
500 g maalvleis
2 lourierblare
250 ml beesekstrak (blokkie) gemeng met 2 eetlepels tamatiepasta
2 fyngekapte uie
½ fyngekapte groenrissie
2 teelepels oreganum
150 g bacon stukkies
sout en peper na smaak.
2 lourierblare.
Vir die macaroni
250 g gaar kort macaroni stukkies
Bechamelsous met baie kaas. (witsous)
Ekstra kaas om bo-oor te strooi

Braai die uie en bacon en groenrissie in bietjie olie tot die uie deurskynend is. Voeg die vleis en lourierblare by, geur met oreganum, sout en peper en braai verder tot die vleis verbruin het. Voeg die beesekstrak en tamatiepasta by en kook liggies vir 15 minute. Skep oor in ‘n oondbak. Meng die macaroni met die bechamelsous en skep dit bo-op die vleis. Strooi nog kaas bo-oor. Ek het die mikrogolf en rooster kombinasie gebruik om die gereg vir 35 minute te bak en daarna vir nog 10 minute op hoog net gemikrogolf tot die sous dikker was.
Resep deur ADRIAN OLIVIER
Foto:  Adam Cloete




IDEES VIR SUURLEMOENSAP/STROOP

IDEES VIR SUURLEMOENSAP/STROOP

Willem Potgieter.
Kan nie presies onthou nie. Suiker en sap word op n double boiler gesmelt. Mag nie kook nie. Bottel en maak aan met water soos benodig. lemonade.

Christine Steyn.
Ons is juis nou besig om ons suurlemoen sap te vries in ysblokkies.  so lekker in disse, water, coke.

Lindi Claassens
By my skoonma gekry. Druk jou suurlemoene uit.. Kook in d micro tot dit net net begin kook. Gooi in bottels en stoor in d yskas. Net soos gewone suurlemoensap …. van jou pelle gaan ook ekstra lief wees vir jou as jy met sulke bottels by hulle aankom. ( jy kan dit natuurlik vir enigiets gebruik).

Estelle Janse van Rensburg
Vir suurlemoenstroop, gebruik gelyke hoeveelhede sap en suiker, maw vir elke koppie suurlemoen sap n koppie suiker, bring stadig tot kookpunt op stoof terwyl dit geroer word, MOENIE KOOK nie, laat afkoel en gooi in houer, gebruik soos aanmaak koeldrank met water of limonade.




IDEES VIR GESONDE VIS SONDER OLIE OF BOTTER

 

tested

IDEES VIR GESONDE VIS SONDER OLIE OF BOTTER
Suzette Hoebergen:
Maak ‘n paste van 2 knoffelhuisies, 1 teelepel gemaalde koriander en 1 teelepel cumin, ‘n half teelepel elk van pypkaneel en paprika. sout en peper en meng saam met vars suurlemoen om die paste te vorm. Smeer oor vis en plaas in oondbak met bakpapier. Plaas kwarte suurlemoen aan weerskante van die vis en bak tot gaar. Dit is baie lekker en gesond. Ek bak klein tamaties saam met die vis.   Onthou wat ook lekker is is as jy die vis net grill en dan ‘n smoor maak van tamatie, knoffel en uie en basil en oor die vis gooi. Gesonde souse maak vis lekker as jy nie wil botter gebruik nie. Soos mosterd en ‘n bietjie olyf olie maak ook ‘n groot verskil.

Anthea Ernest:
Jy kan dit stoom ook. Met aromat en peper, uie en stukkie knoffel. Heerlik!

Hettie Bezuidenhout:
Ek spuit myne net met olyfolie en bak dit in die oond. Haal halfpad uit en smeer pesto oor. Bak verder.

Suneth van Rensburg:

EASTERN FISH
Take piece of foil or baking paper and place on baking tray – one piece for each piece of fish.
Place following on foil
Lemon grass – roughly cut and bruised
Few basil leaves
Fresh coriander
Place fish fillet on herb bed.
Make sauce
30ml coconut milk
5ml fish sauce
5ml brown sugar
5ml lime juice

Divide sauce between fish. Fold foil over fish to make a parcel. Bake fish parcel @ 200ºC for 15 minutes.

Hanlie Volschenk-Coetzee:
Gooi klein bietjie witwyn in pan en sit deksel op, wyn gee net ‘n bietjie ander smaak as water.

Tinkie Rossouw:
Stoom dit gaar met heerlike witsous

Foto:  Stien Rust