SALIGE DADELPOEDING IN KASTROL

dadelpoeding op die stoof Naomitested

SALIGE DADELPOEDING IN KASTROL

3 koppies koekmeel, gesif
1 teelepel fyn gemmer
3 eetlepels gouestroop
7 ml koeksoda
250 ml fyngesnyde dadels
250 g margarine
5 ml kaneel
10 ml Karamelgeursel
5 ml sout
250 ml kookwater
STROOP
6 koppies water
1 eetlepel bruinasyn
3 koppie bruinsuiker
10 ml fyn lemoenskil

Vryf botter in meel, voeg gemmer en kaneel by, meng koeksoda met kookwater. Voeg dadels en gouestroop hier by. Meng goed, voeg by meelmengsel, roer deur.
Maak stroop, laat vinning kook, voeg lepelsvol beslag in stroop, kook oor lae hitte, met deksel op, 15 tot 20 minute. Bedien met dun vla en klapper

Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto:  Naomi van der Hyde




BEDERFIE VELLETJIE TJOPS

tested

BEDERFIE VELLETJIE TJOPS
Gebruik 6 skaaptjops wat in meelblom gedoop is en kap meelblom in die vleis in met die kant van ‘n piering.
Doop tjops in 2 geklitste eiers.
Braai in braaipan in warm olie met 1 teelepel botter tot goudbruin.
Stel hitte vir sagte prut, gooi 3 koppie kookwater waarin 2 teelepels sout opgelos is, bietjies gewys by, stowe tot sag en gaar, moet dit nie omdraai nie.
Lekker saam met kapokaartappels en soetpampoen.
Resep: Floraine Wasserman Venter

Verandering:
Ansi Pypers Fourie my weergawe:
Het vleis voorberei soos resep. In oondbak gesit met aartappels en wortel. Sout en peper oorgestrooi en ook vars fyn roosmaryn.
3 Koppies water ingesit en in toe oondbak in oond gebak by 180°C vir omtrent 45 minute. Dopgehou en toe water weggebak het, het ek omtrent 2 tot 3 koppies Coke bygegooi, en verder gebak tot Coke weggebak is.
Foto: Ansi Pypers Fourie

 




IDEES MET SKAAPLIESTE

Yolandi Smit:
Kaiings! Eet dan saam slappap.

Zenette Vosloo:
Sny in dobbelsteentjies, in ‘n swaarboom kastrol 1 eetlepel fyn koljander, 1 eetlepel growwe sout, en begin potbraai, wanneer lekker begin braai, ‘n goeie skeut brandewyn, steek aan die brand, draai stoof af dat dit stadig verder potbraai, liplekker!

Winnie Robbertze:
Sny in stukkke, braai uie dan vleis plus naeltjies sout en peper, kook tot gaar, gooi rou rys in en stock. Kook tot gaar en redelik droog. Liplekker!

Rina Kleinhans:
Weet jy ek het ‘n niggie wat dit lekker sag kook, baie fyn sny, en die lekkerste paste maak met dit, self cottage pie sal heerlik wees.

Enna Nieuwoudt Coetzee:
Ek kook dit sag, plaas in swart oondpan en grill dit crispy, heerlik.

Rene Truter Wessels:
Kaings of vleisrol gestop met sampioene en allerhande lekkernye.

Pierre Bruwer:
G’n se dobbelsteentjies of gekook nie. Lieslap is oond of braai se kind. Sout eers op die kole, maar bak of braai hom goed kaiing. Moenie witpeper se waarde onderskat nie. Die dunlies kan mens sommer met die hand breek en bedien hom as horsdiworsie(voorgereg) As hy sout genoeg is, word die gaste eers goed dors… dan braai ons laaaater. Wens ek nou ek het ‘n lies gehad om te braai vandag.

Leon Coetzee:
Die is my beste eetdingetjie, ek sny in klein vierkant blokkies, braai in pan, eet soos biltong of ryg in stokkies met alles wat beskibaar is.

Gideon Louw:
Ek sny die dik kant van die lies oop dan stop ek bloukaas daarin en steek dit dan weer toe met bicycle speke wat ek spesiaal hou vir die job en braai dit dan lekkr crisp. ‘n Anner metode is om dit met woestersous en aromat ruim in te vryf en ook kole toe, die anner een is maal dit, dit maak die lekkerste mince ooooof net soos hy van sy ma af kom net met sout en peper, crisp orie kole – my ma my ma! Dit sak af tot by die laaste vensterjie so lekker issit!




STOKVIS EN SPINASIEGEREG

STOKVIS EN SPINASIEGEREG
500 g stokvis
90 ml meelblom
100 ml droë wyn
1 groot ui
500 g gaar spinasie
100 ml room of jogurt
250 ml broodkrummels
250 ml cheddarkaas
10 ml fyn pietersielie
25 ml botter
200 ml melk
20 ml meelblom
sout, peper en neut
Smoor ui, rol visblokkies in koekmeel, braai in warm olie, pak in bakskottel, sprinkel wyn oor, dan ui en spinasie, waarin room gemeng is.
Maak witsous met botter, meel en melk, gooi oor. Meng kaas met broodkrummels en pietersielie, gooi oor, stip met botter en bak by 180c tot ligbruin. Indien verkies kan gebraaide amandelsplinters ook bo-op gegooi word.

Bron: Floraine Wasserman Venter

 




CHINESE RYS

 

2014-07-12-egg-fried-rice-chinese-recipes-for-alltested

Kook 500 g rou rys met 1 t sout tot gaar maar ferm, laat afkoel.
Verhit 1 e botter met 2 vars, fyn knoffelhuisies in kastrol.
Voeg rys by en roerbraai tot rys droog en los is.
Voeg 2 e soyasous en 2 goed geklitste eiers by, meng.
Voeg 2 e gekapte grasuie en 1 e gekapte pietesielie by, roer deur, dien warm op.

Bron.
Floraine Wasserman Venter

Foto:  Chinese recipes for all




KLAPPERMEEL-PLAATKOEKIES

2014-07-12-klapperbroodjietested

KLAPPERMEEL-PLAATKOEKIES

1 eier
2 eetlepels klappermeel
Sout
2 eetlepels room

Meng die bestandele saam en maak in warm pan gaar met botter. Hierdie resep maak 2 “broodjies/koekies”

Bron en foto:
Gillian Logan Bredenhann




LARA SE BROODPOEDING

2014-07-12-broodpoedingtested

LARA SE BROODPOEDING
8 eiers
5 koppies melk
600 ml Room
1 koppie suiker
3 t Vanilla essence
Rosyntjies (gesoak in KWV oornag)
Kaneel
Neutmuskaat
2 Brode – Korsies aan
Botter
Appelkooskonfyt

Botter al die brood aan albei kante, los die korsies aan. Sny die brood in 9 blokkies. Botter die bak waar jy dit in gaan bak. Pak een laag brood, gooi rosyntjies, kaneel en neutmuskaat. Herhaal tot al die brood op is. Meng die eiers, melk, room, suiker, vanilla essence, en gooi oor die brood. Bak in 180C vir omtrent so 40 minute, of tot gestol. As dit uit kom, smelt appelkooskonfyt en gooi dit oor.

Resep en foto geplaas deur Lara Maria Botha

Adam Cloete
Die ietwat droeë mikrogolf koek wat ek die ander dag gebak het, het toe sy weg in die poedingbak gekry. Ek het hierdie broodpoeding resep aangepas deur dit ‘n bietjie minder soet te maak omdat ek die koek in plaas van brood gebruik het.
broodpoeding adam




MACARONI EN KAAS MET MAALVLEIS

2014-07-12-mackaastested

MACARONI EN KAAS MET MAALVLEIS
Braai uie en knoffel dan die maalvleis saam, gooi ‘n blikke tamaties en uie by en braai nog n paar minute, gooi sout, peper, bbq en bietjie origanum en 1 teel suiker by. Gooi bietjie water by dat die vleis gaar kook. Kook jou macaroni tot amper gaar en dreineer.

Voeg dit dan by jou vleis mengsel en kook tot al die sous weg is. Sit dit in ‘n groot oond bak. Klits 1 koppie melk met 1 eier en gooi egalig oor die vleis, druk gaatjies met ‘n vurk dat dit deurloop tot onder. Rasper Cheddar kaas oor en bak 30/40 min op 180ºC en dan net vinnig onder die rooster sodat die kaas mooi bruin word en bedien!

Foto en resep geplaas deur Sheila Marsburg Troskie




GIDEON SE BRAAI PIE


GIDEON SE BRAAI PIE
toeknyp rooster
2 rolle puff pastry
spinasie
kaas en feta kaas
1 ui gekerf
sampioene, gekerf
bacon/ham/hoender/biltong
olywe
pepperdew

Maak so:
Was en droog jou spinasie mooi sommer in ‘n blaarslaai spinner.
Rol een deeg uit, los dit sommer op die plastic velletjie.
Pak spinasie op maar los bietjie spasie oop aan al die kante. Dan pak jy alles wat jy besluit om in te sit met alles en al en dan pak jy weer die spinasie blare bo op dit en dan jou ander rol deeg en dan seël jy dit aan die kante, dan sit jy hom op jou toeknyp rooster en haal die plastiek af. Moenie te styf vasknyp nie. Sit op die braaier se rooster en kyk maar net na jou hitte.  Die pie vat dan gewoonlik so 15 min as die vuur mooi saam speel.

Raad van Gideon Louw: daar issie ‘n resep nie,  jy kan enigiets in jou braai paaaitjie sit, maar daar is ‘n paar belangrike goed wat jy moet onthou. Sorg dat jou kole nie te warm is nie, anders kan dit maklik brand. As jy die braai paai klaar gemaak het, vat dit onmiddelik kole toe, jy moet amper nie die deeg uitrol nie ek rol dit net effens in die lengte uit. //moenie die rooster toeknyp nie, as jy dit omdraai lig die boonste deel staaaaaaaasssssdig op en druk die deeg wat deur die draad van die rooster gegaan het, liggies terug. Draai kort-kort om aan die begin en lig elke keer die boonste rooster staaaaaadig op en kyk dat dit nie vassit nie. Laat die boonste rooster regop bly staan sodat dit nie op die deeg bly lê nie. As jy omdraai, doen dit met ‘n vinnige flip nie, swaai beweging nie.
Die spinasie blare wat gebruik word, moet afgedroog word met handdoekrol sodat dit nie nat is nie sorg dat die filling nie baie vog in het nie soos bv in die geval van sampioene en uie sorg dat die rante reg in die rondte goed vasgedruk is al hierie faktore is baaaaaie belangrik en moet nou keurig uitgevoer word

FeF Francois Gericke:
Ek sit my deeg so paar ure in yskas dan is dit fermer en breek nie so maklik nie. Ek verf een binnekant met mosterdsous en die ander kant met chutney (nes my braaibroodjies). Dit gee ‘n heerlike smaak. My laaste een het ek met bacon, sampioene, klein blokkies gebraaide Russians, feta, olywe, gerasperde cheddar en spinasie gemaak. Dit was ‘n wenner.

Gideon Louw:
Vanaand se braaipaai was vir my baaaaie lekker!
Ons het net een vel skilferkors deeg gebruik, want dit is altyd te veel vir my en vroulief.
Die een vel deeg in twee gedeel en effens uitgerol en gevul met ‘n laag chedder kaas wat ek met my draaibroodsnymasjien in velle gesny het.
En dit was die eerste laag.
Gevolg deur gesmoorde uie en sampioene.
Gevolg deur ‘n laag klein gekerfde biltong plus minus 300 g.
Gevolg deur ‘n laag gerasperde mosserella kaas.
Gevolg deur die ander halwe vel deeg.
Die randte is gesmeer met geklitste eier en vasgedruk met ‘n vurk en die hele deeg ook gesmeer met geklitste eier.
Ek het nie spinasie gebruik nie.
En dit gebraai vir ‘n uur lank op medium skerp kole.
Hmmmmmmmmmmm was djeerlik!

Foto:  Gideon Louw




KARRINGMELK BROOD

 

2014-07-12-karringmelkbroodtestedkarringmelk brood adam
KARRINGMELK BROOD
500g bruismeel
500ml karringmelk
1 pakkie bruin uie soppoeier (gebruik watter geur jy wil)
kaas
neute en of rosyntjies (ek het grof fyngemaakte grondboontjies gebruik)

Meng die meel en soppoeier goed saam met ‘n goeie klompie kaas en die fyn gemaakte neute van jou keuse. Gooi die karringmelk by en meng deeglik. Gooi oor in ‘n klein broodpannetjie en bak by 180ºC vir een uur of tot ‘n tandestokkie droog uitkom
ADAM CLOETE.