

IDEES VIR KOOLSLAAI
Dolores Potgieter: Meng ‘n klein bakkie Greek Yoghurt met mayonnaise en krummel Feta kaas oor. Rasper rooi kool in, maak ‘n baie groot verskil.
Tracy-ann Bouverie Olivier: condense melk en mayonnaise
Cherine Swanepoel: Mayonnaise, plain yoghurt, avokado fyngemaak, vars mint fyn gekap en vars knoffel fyn gekap. Meng alles en skep oor die kool. Dis heerlik
Wian Swart: Vir een van daai pakkies gebruik ek altyd 3 eetlepels Mayonnaise, 1 eetlepel Mosterd (verkieslik wholegrain), 2 eetlepels Pickle juice (sommer uit enige bottel pickles in die yskas), cayenne pepper en sout en peper.
Lauren Lynn: Benn Mayonnaise, suurlemoensap en heuning… meng na smaak.
Retha Grobler: Meng een blikkie pynappel “crush” in, handjie vol rosyne, mayonnaise en bietjie kondensmelk. Yummy!!
Marelize de Villier: Sultanas, fyn gekampte neute, mayonnaise en bietjie kondensmelk uit die boeke.
Christa Schalekamp Cherine se avo ene is heerlik!!
Alexandra Aalto Ek gebruik wit wyn asyn, mayonnaise, swart peper, knippie sout en heuning. Kruie kan ook saam gemeng word.. Altyd rosyne met koolslaai vir my
Elaine Schoeman – Ek rasper kool en wortels lekker fyn, meng dan 5 ml droë engelse mosterdpoeier, mayonnaise, bietjie suiker na smaak, sout en peper. (rosyne kan ook bygesit word, maar baie mense hou nie daarvan nie)
Louise Groenewald – Ek maak soos Elaine, maar rasper ook ‘n vars pynappel by en sit ‘n druppeltjie Tobasco-sous by.
Nella Kootstra – Ek noem dit net. Daar is ‘n blomkoolslaai op die Tuisblad wat 6 gekookte eiers by kry . Dus heerlik. Ek kook tot my broccoli so.
Adri van Staden – Fyn kool, mayonnaise, fyn avokado, bietjie suuremoensap.
Adam Cloete – Maak ‘n konfettie slaai. Rasper groen kool, en pers kool (as jy kan kry) en meng met gerasperde wortels, asook al die kleure bell peppers wat jy kan kry, fyn gekerf. Meng met mayonnaise of enige dressing wat vir jou aanbeveel kan word. Dit maak ‘n pragtige vertoning en is baie gesond. Kan selfs ‘n paar rosyntjies ook bymeng
Marijke Kilian Weideman – My gunsteling kool slaai is, fyn kop kool en wortel met ‘n klein uitjie ook gerasper, rosyne net ‘n handjie vol, die sous maak ek met mayonnaise en kondensmelk en rooi peper. Super yummy
Rozanne Roos – Ek vat fyngesnyde kool, ‘n gerasperde wortel, ui, greenpepper en koljander blare fyngesny. Vir sous gebruik ek Mayonnaise, bietjie melk, suiker, sout en pepper. Proe baie naby aan KFC se koolslaai.