BULLY BEEF EN KAASPASTEI

 

2014-11-17-bullybeefpasteitested

BULLY BEEF EN KAASPASTEI
1 blikkie bully beef gerasper
1 koppie kaas
2 eiers geklits
4 eetlepels chutney
4 eetlepels chilli sous
2 eetlepels olie
1 teelepel bakpoeier
1 telepel sout
3 koppie koekmeel
Halwe koppie water
Meng die meel,bakpoeier en sout deur.
Voeg die die kaas en beef by meng goed deur.klits die eiers goed voeg die chutney en chilli sous by meng deur voeg dna die olie by.meng die mengels by die meel mengels,as alles goed deur gemeng is voeg water by tot dit slap genoeg soos jy dit verkies.gooi in pan van keuse bak op 180c vir 30-40 minute
Bron:  Christa Flemming




PIESANG EN MALVALEKKER MUFFINS

2014-11-15-muffinstested
PIESANG EN MALVALEKKER MUFFINS
Meng saam en hou eenkant
500 ml koekmeel
1 teelepel bakpoeier
125 ml semels
125 ml sagte bruinsuiker
75 g gesnipperde malvalekkers

Smelt 100 g margarien en 75 ml gouestroop saam en hou eenkant
Meng saam
185 ml plain jogurt
60 ml melk
5 ml koeksoda
1 groot piesang fyngedruk

Meng nou al die mengsels saam
Bak 20 min of tot gaar in muffin pannetjies

Bron:  Marie Grobler




MAKLIKE SOUSBONE

2014-11-10-sousbonetested

MAKLIKE SOUSBONE
Twee groot bottels sousbone gemaak!
2 koppie droë suikerbone
4 eetlepels maisena
4 eetlepels suiker
4 eetlepels bruin asyn
2 telepels sout

Was bone af week oornag . Spoel af en stoom in jou stoompot met so +-5 koppies water. Stoom net 10 minute,  meng nou al die bestanddele saam en roer by bone in.  Prut vir nog 3 minute tot sous verdik! Bottel dit in gesterliseerde droº bottels
Bron:  Elize Venter




PAN FRIED FROZEN CHICKEN BREASTS

PAN FRIED CHICKEN BREASTStested
PAN FRIED FROZEN CHICKEN BREASTS

Frozen chicken breasts (enough to fill your frying pan)
Cooking oil (I use extra virgin olive oil)
1/2 cup water (adjust, depending on your frying pan. I use 1/2 cup for 10″ frying pan)
Herb and spices of your choice: (here are some ideas… the possibilities are endless!)
Italian seasoning
no-salt seasoning
Herbs de Provence
basil, oregano
garlic powder
onion powder
paprika
Montreal steak spice (Note: contains salt, use if your chicken breasts are unseasoned)
Preheat frying pan on medium-high heat. Lightly coat pan with olive oil. Place frozen chicken breasts on the pan and sprinkle with the herbs and seasonings of your choice. Add 1/2 cup water, cover and let simmer on medium for 20 minutes.
After 20 minutes, flip chicken breasts over and cut 2-3 slits across the chicken breast half-way. Cover and cook another 15 minutes or until done. Serve hot or cold.
PHOTO: Adam Cloete




PARDOEMS VRUGTEKOEK

2014-11-10-vrugtekoek

PARDOEMS VRUGTEKOEK

200 g rooi glanskersies – afgespoel en in kwarte gesny (340 ml)
25 ml brandewyn
10 ml kakao
10 ml kitskoffiepoeier
500 ml kookwater
1 kg droëvrugte koekmengsel (1 700 ml)
7 ml koeksoda
125 g margarien
300 g suiker (375 ml)
3 groot eiers – geklits
360 g koekmeel (750 ml)
7 ml bakpoeier
1 ml sout
5 ml gemengde speserye
5 ml fyn gemmer
25 ml brandewyn

Stel oond op 140 * C. (275 * F)
Marineer kersies in brandewyn.
Los kakao en koffiepoeier in kookwater op en voeg by koekmengsel, koeksoda en suiker in ‘n kastrol.
Verhit en kook vir 5 minute.
Verwyder van hitte, voeg margarien en gemarineerde kersiekwarte tesame met brandewynsous by.
Laat mengsel goed afkoel.
Smeer ‘n ronde vrugtekoekpan van sowat 23 cm in deursnit goed.
Draai sowat 12 lae bruinpapier rondom die pan en gebruik sowat 20 lae bruinpapier om onder die pan te sit tydens
die bak periode.
Maak ‘n deksel van aluminiumfoelie, blink kant na buite, om op te sit tydens bakproses.
Voeg geklitste eiers by die vrugtemengsel.
Sif koekmeelblom, bakpoeier, sout, gemengde speserye en gemmer saam en voeg dit stadig by vrugtemengsel terwyl dit goed geroer word.
Skep beslag in gesmeerde pan en bak in ‘n voorverhitte oond vir ongeveer 4½ uur of totdat toetspen skoon uitkom.
Koel die koek af in die pan en gooi 25 ml brandewyn oor.
Verwyder uit die pan wanneer dit heeltemal afgekoel het.
Verseël koek dig met dik aluminiumfoelie en bêre vir sowat ‘n week voordat dit gesny word.
Om die koek se klammigheid te bewaar, gooi elke week ‘n sopie brandewyn oor die onderkant en bokant van die koek.

NS: Ek het die volgende ekstra bygesit saam met die bestandele hierbo.

200 g groen kersies
100 g pekanneute – uit die dop uit en in stukke gekap
125 g gemmer – in stukkies opgesny
1½ koppies dadels – in stukke gesny.

In my gasoond het dit presies 4½ ure gebak by net onder 150 * C en dit was gaar.

Elsabie Templeton
Ek bak die muffin pannetjies & klein brood pannetjies so tussen 25-35min in my gas oond. Ek sal voorstel dat jy dit toets na 25min en bak tot jy kan voel as jy bo-op druk met vinger dat dit stewig is. Ek sit nie foelie op hierdie nie, net die panne wat lank bak.
Elsabie Templeton – Ek het in losboom panne gebak.

Ek bak 3 panne op ‘n slag want my gas oond is 90cm breed.

Ek het bakpapier gesny en ingesit maar net onder, so 4 velletjies en die holtes goed gespuit. Ek het op my groot bak plaat bruin karton gesit met die pannetjies bo-op en dit so gebak. Ek doen my groot ronde panne op dieselfde manier. Bakpapier binne (so 5 lae) en dan sit ek dit ook op die karton neer in groot bakplaat en bind riffelkarton om die buitekante vas met dun tou. Maak dubbel laag foelie deksels vir elke pan en sit dit net die laaste uur bo-op.

Dis beslis die beste resep wat ek nog probeer het, al die harde werk en duur bestandele die moeite werd!

Foto en resep gepos deur  Elsabie Templeton




LINDA SE FLOPVRYE SKONS

flopvrye skonstested
LINDA SE FLOPVRYE SKONS
2 koppies meel
½ teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1/3 koppie olie
2/3 koppie melk
2 eiers
½ koppie kaas

Sif droë bestanddele saam. Meng ander bestanddele in. Sit in pannetjies. Bak 10 min in 200 ºC oond. Speel met resep. Sit sweetcorn by en minder melk. Of knoffel en pietersielie.

Om 5 maal te vermeerder:
10 koppies meel
2 ½ teelepels sout
15 teelepels bakpoeier
1 ¾ koppies olie
450 ml melk
10 eiers
2-3 koppies gerasperde kaas

Metode soos bo.
Resep: Linda Grobbelaar
Foto:  Pieta van der Walt
Nota van Pieta:  Indien die deeg bietjie te slap is, sit maar nog meel by tot ‘n bietjie stywer deeg.




CHIMICHURRI-SOUS

2014-11-10-groensoustested

CHIMICHURRI-SOUS
In Argentinië word dit by alle vleis bedien. Ek is mal daaroor, en dis so natuurlik en gesond boonop. Ek het geen enkele resep gebruik nie, maar maak dit min of meer soos hieronder. Al wat ek beslis ook gaan byvoeg, is gekapte kruisement. Ek gebruik my staafmenger omdat ‘n prosesseerder die sous te fyn maak na my sin. Die chimichurri moet werklik vooraf gemaak word en teen kamertemperatuur ‘n paar uur staan vir die geure om te meng. Hoeveelhede by benadering!! Party resepte het te veel olyfolie.

2 koppies gekapte platblaar-pieterselie
4 geurige knoffelhuisies, gekap
Ongeveer 4 teelepels droë OF 1/4 koppie vars oreganum-blaartjies
Koljanderblare na smaak (opsioneel; “cilantro” vir die Amerikaners)
1 rooi rissie (chili) gekap, OF rissievlokkies na smaak
Goeie knippie seesout soos Maldon
Growwe swart peper, so’n 1/2 teelepel
1/4 koppie rooiwyn-asyn, meer of minder na smaak (tog net NIE “spirit vinegar” nie!)
(‘n Handvol of meer kruisement is wat ek volgende keer sal byvoeg)
Ongeveer 150 ml beste olyfolie (maagdelik!) — minder of meer, na jou smaak.

Sit dit alles soos jy dit opkap in ‘n mengbak, en meng tot grof met die olyfolie. Jy kan ‘n prosesseerder gebruik, maar moenie die sous fyn maak nie.

Hou dit in’n geskikte houer (nie metaal nie), bedek, en laat staan sodat die geure kan meng.

Let op dat dit heerlik sal wees in warm pasta, op roosterbrood met kaas, by warm souttert — omtrent by enigiets!. Soos gesê word dit eintlik by vleis bedien — heerlik by braaivleis!
Bron:  Zuri Roos




ADAM SE KAASSKONS

 

2014-11-10-kaassconestested
ADAM SE KAASSKONS

(Genoeg vir 12)
1 koppie meelblom
Knippie sout
3 teelepels bakpoeier
2 eetlepels botter
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
1 eier
1 eetlepel water
7 eetlepels melk
(Opsioneel: 3 eetlelpels biltong poeier en ‘n ekstra eetlepel melk)
Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Vryf die botter liggies met die vingerpunte in die meel en voeg dan die kaas in. (Asook die biltong indien dit gebruik word). Klop die eier saam met die 1 eetlepel water en voeg dan die 7 eetlepels melk by. (Plus die ekstra eetlepel melk indien die biltongpoeier bykom). Meng alles goed deur en skep in muffin pannetjies. Bak by 20OºC vir 10 minute. (Vir gasoond het ek effens hoër stelling gehad en 5 minute langer gebak.)

RESEP EN FOTO: Adam Cloete

Liesie Nel
Ek het Saterdag n maalvleispastei gemaak. Die bolaag was Adam se Kaas Skons (op die blog) en die vleismengsel was uie, greenpepper, wortelblokkies en aartappelblokkies wat saam met die vleis geroerbraai is. Kerrie, borrie, paprika, sout en peper. Bruin uiesoppoeier aangemaak met ongeveer 1 koppie water bygevoeg.
maalvleis pastei met skon deeg




MAALVLEIS ROL

tested

MAALVLEIS ROL
1 kg maalvleis, lekker gegeur.
Druk die maalvleis plat (vierkantig). Braai uie, sampioene, knoffel. Smeer op platgedrukte vleis. Rasper kaas bo-oor. Rol die maalvleis op.
Maak sous.
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
½ koppie mayonniase
Sout en peper na smaak

Skep die sous oor die vleisrol. Maak toe met foelie, indien die bak nie ‘n deksel het nie.
Bak so +- 1 uur. Dit maak ‘n lekker sous.
Terwyl dit bak, kook 2 koppies macaroni tot sag. Sodra die rol uit die oond kom, sit die sag gekookte macaroni al om die kante van die maalvleis rol in die sous. Bak nog so vir 15 min.
Bron:  Elsa Rossouw Combrinck




ELSA SE TUNA ROL

tested
ELSA SE TUNA ROL

1 blikkie tuna ( die in water)
1 ui fyn gekap
halwe koppie gerasperde kaas
3 eetlepel mayonniase
3 eetlepel tamatiesous
3 eetlepel chutney
sout en peper na smaak
1 gekoopte rol skilferdeeg
Meng bestanddele saam, rol die deeg oop en smeer die bestanddele oor die rol. Rol versigtig op, en plaas in oondbak. Sny ‘n paar kepies bo-op die rol. Bak by 200°C. Bedien saam met n groenslaai.
Bron:  Elsa Rossouw Combrinck