AARTAPPELS ALA-WILMA

 

2014-11-23-aartappelstested
AARTAPPELS ALA-WILMA

4 Lekker groot aartappels geskil en in blokke gesny
1 Groot ui, grof gekap
Halwe groen soetrissie in blokkies gesny
12ml fyngemaakte knoffel
kookolie vir braai.
Sout en varsgemaalde swartpeper.
Braaivleis Speserye na smaak.
Kook die aartappels in soutwater tot amper gaar. Braai die ui en soetrissie uit in die olie. Voeg die knoffel, braaispeserye en die aartappels by. Gooi 200ml kookwater oor. Laat kook tot daar so i “sousie” in die pot is en die aartappels gaar is.. Geur met swartpeper en sout indien verkies. Bedien saammet braaivleis en i mengslaai.
Hierdie gereg is baie lekker indien dit ‘n dag gestaan het sodat die geure goed kan meng.
Bron:  Wilma Josey Venter




GREEN BEAN CASSEROLE

 

groenboontjiegeregtested

Butter 30 g
Onion 1 each, diced
Parsley 1 tbsp
Mushrooms 100 g, diced
Flour 2 tbsp
Salt 1 tbsp
Pepper 1 tbsp
Lemon juice 1 tbsp
Cream 250 ml, soured
Beans 400 g, French
Cheddar 110 g, grated
Bread 225 g, crumbs

Preparation time 30 m
Cooking time 30 m

Heat the oven to 180°C (160° fan) 350°F gas 4. Butter a baking dish.
Melt the butter in a frying pan and cook the onions, parsley and mushrooms until the onions are translucent and the mushrooms are giving off their juices.
Add the flour, salt, pepper and lemon juice; cook until the flour is slightly browned. Stir in the soured cream.
Cook the beans in a pan of salted boiling water for 5 minutes. Drain and stir into the mixture.
Pour the green bean mixture into the baking dish.
Mix together the cheese, breadcrumbs and melted butter and spread evenly over the top.
Bake for 20-30 minutes until golden brown.
Bron: Finedininglovers




HELEN SE HOL VETKOEK

2014-11-23-vetkoektested

HELEN SE HOL VETKOEK
7 koppies koekmeel
1 pakkie kitsgis
3 teelepels sout
1 eetlepel suiker
300 ml melk
450 ml kookwater
50 ml kookolie
Meng al die droe bestanddele saam en maak ‘n dammetjie in die middel – gebruik groot bak vir knie.
Meng kookwater, melk en olie saam en voeg by die meel.
Meng met ‘n groot lepel tot alles mooi ingemeng is. Sprinkel so ‘n bietjie droë meel oor mengsel en begin knie.
As dit nog aan hande kleef strooi nog ‘n bietjie meel oor en knie.
Deeg is reg as dit nie meer aan hande kleef nie en elasties is.
Smeer ‘n bietjie olie oor en bedek met kleefplastiek.
Laat rys in lou-oond tot verdubbel het en laat rys weer.
Knie af en rol uit tot so 2cm dik
Gebruik groot ronde koekiedrukker en druk deeg uit.
Diepbraai tot gaar.
Hulle is lekker hol binne vir vulsel.
Bron:  Helen Amato




SUURLEMOENTERT SONDER EIERSKUIM

2014-11-23-lemon-tart
SUURLEMOENTERT SONDER EIERSKUIM
3 blikkies kondensmelk
3 eiers
250 ml suurlemoensap
2 pakkies tennisbeskuitjies
2 eetlepels gesmelte botter

Meng kondensmelk, eiers en suurlemoensap goed deur.
Maak koekies fyn en meng botter in om ‘n deeg te maak.
Druk die koekiedeeg vas in ‘n tertbak.
Skep die mengsel in die kors.
Bak vir 40 min teen 180 ºC.
Flop proof!

Geplaas deur Bekkie Bonnita Potgieter – Resep by bure gekry.




TAMATIESOUS VIR PIZZA BASIS

pizza deeg elsabietested
TAMATIESOUS VIR PIZZA BASIS

(hierdie is my eie resep, gisteraand geskep)

1 blikkie tamatie puree
1 klein blikkie tamatie “paste”
1 groot ui
4 groot knoffel toontjies gekneus of gemaal
1/2 teelepel gedroogde rissievlokkies
1 eetlepel gedroogde Italiaanse kruie
1 eetlepel hoogvol bruinsuiker
sout na smaak

Kap die uie fyn en braai liggies in olyfolie, sit knoffel & kruie by en laat vir paar minute braai sonder om te brand. Gooi blikkie tamatie puree & klein blikkie tamatie “paste” by asook die suiker & sout. Laat stadig prut vir omtrent ‘n half uur. Jy wil ‘n sous het wat nie water trek nie so dit moet redelik dik wees anders word jou pizza basis pap van die vloeistof. Laat afkoel voordat jy dit op jou pizza basis smeer of vries dit op hierdie stadium vir latere gebruik.

Die rissies gee die sous ‘n lekker byt sonder dat hy jou mond verbrand. Ek sal selfs hierdie sous vir ‘n basis gebruik vir tamatie & uie sous vir ‘n braaivleis saam met pap. Sal net nog ‘n blikkie gekapte tamaties bysit en kook.

ek kan net dink dat hierdie sousie perfek gaan werk as jy dit deur warm spaghetti roer en net basilie blare en Parmesan bo op sit

ADAM CLOETE
ek doen basies dieselfde (met ander kruie ens.) maar ek gebruik blikkies gekapte tamaties of tamatie en uie. Dit vat langer om dik te raak maar ek hou van die stukkies wat daarin oorbly. Vir soet sit ek tamatiesous / tamatieketchup by en dan ook so bietjie worchestersous. Ek gebruik dit vir alles wat ‘n tamatiesous basis nodig het. Tamatiebredie, bolognese sous, pizzas – alles.
Resep en foto:  Elsabie Templeton




GESONDE YSKAS-KAASKOEK

2014-11-22-kaaskoektested
GESONDE YSKAS-KAASKOEK

2 boksies weigh less jelly (verskillende geure)
1 lt fatfree plain yohurt
Vrugte van jou keuse soos aarbeie, kiwi, perskes verkieslik vars.
Metode:
Los 1 boksie jelly op (4 pakkies) op in 1 koppie water.
Koel bietjie af en roer by yohurt.
Gooi in jou glasbak en plaas in yskas tot geset.
Sny vrugte op en pak bo op.
Los jou volgende boksie jelly op en koel af.
gooi stadig oor jou vrugte
Sit terug in die yskas tot stewig gestol.

Bron:  Amanda Swart




AVOKADORING


AVOKADORING
1 pakkie groen of geel jellie
250 ml kookwater
2 groot, ryp avokado’s
15 ml suurlemoensap
sout en peper
10ml mosterdpoeier
160 ml asyn
1 blik kondensmelk
1/2 ui, fyngekap

Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.

Foto:  Ineke Steyn
Ek sal net volgende keer glad nie uie in sit nie. Dit het die lekker avo smaak oorheers en dit gespoil. Sal as ek ui insit n teelepel rasper en insit of heeltemal uitlos. Dan gaan hy baie lekker wees veral saam met braaivleis




GRAVADLAX

GRAVADLAX
(Vir die grote na die kop en vel en grate af was)
3 eetlepels growwe seesout
3 eetlepels wit suiker
2 teelepels growwe swartpeper
2 eetlepels vodka
vars gekapte dille

Meng die piekel speserye en strooi onder ‘n vlak bak. Sit een deel salm op en sprinkel weer speserye en dill oor. Plaas ander helfde van vis bo-oor en bedek weer met dil en spesery mengsel. Plaat tinfoulie bo-oor en sit gewigte bo-op sodat dit kan pars vir so vier of vyf dae. Sny dit dan in papierdun skyfies en bedien saam dille sous. (Sit die vis in die yskas)
Bron:  Martie Fourie Moolman




JACKY SE GEMMERKOEKIES

gemmer_ntested

JACKY SE GEMMERKOEKIES
Resep:  Jacky Naude
Foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Room saam:
2 eiers
2 koppies suiker
250 g margarien
1 koppie stroop
Voeg by:
6 koppies koekmeel
2 teelepels gemmer (afhangend van hoe sterk jy dit wil he) en
3 teelepels koeksoda aangemaak met melk tot ‘n pasta.

Meng goed, rol bolletjies, plaas op gesmeerde bakplaat, druk effens plat met vurk en bak teen 180ºC tot gaar. Ongeveer 10 min.




GRAPE SYRUP

GRAPE SYRUP
7 1/2 cups Concord Grapes (stemmed, washed & drained)
1 1/2 cups water (I used filtered water)
juice from 1 lime

Prepare the grapes as described above. Place the grapes, lime juice and water in a large stock pot and bring to boil. Simmer for 1/2 an hour or 45 minutes. Now you will need to strain the juice to separate the grape pulp from the liquid (see the picture above is before boiling down & the picture below is after boiling). Allow the juice to drain out of the colander for an hour.

3 cups grape juice (from step above)
juice from 1 lime
2 to 2 1/2 cups sugar


Add in 2 to 2 1/2 cups of sugar and the juice from the second lime – stir until sugar is dissolved.
Gather your canning jars, lids and rings (you will need 3 or 4 half pints):
Pour the hot Grape Syrup into each sterilized jar and fill each jar up to the jar “threads” (about 1/4 inch to 1/2 inch of head space).
Wipe the rim of each jar with a damp cloth making sure that any syrup residue is gone (any residue left on the rim can prevent the jar from sealing). Place a sterilized lid on each jar and then tighten a ring on each jar.
Place all filled jars in a “Water Bath Canner” and process (boil) the jars for 10 minutes (make sure that the water level in the Canner is 1 inch above the tallest jar)
Remove the jars and place them on the counter or table to cool (I always place them on a cloth because there have been a few times when a jar cracked and then the contents oozed out making a mess – the cloth will help if that happens). You will hear the wonderful popping sound of your jars sealing.

Allow the jars to cool for 24 hours and then store in your pantry or in your fruit cellar until the winter and then ENJOY a little bit of summer.