EIERSLAAI MET JOGURT

2014-12-21-eierslaaitested

EIERSLAAI MET JOGURT
porsie vir 4
8 gekookte eiers
1 eetlepel heuning
1 teelepel suurlemoensap
1 teelepel matige kerriepoeier
1/2 koppie griekse jogurt
1/2 koppie mayonnaise
knypie sout
knypie rooipeper
bietjie olie
1 ui fyn gekap
1 selderystingel fyngekap
1 t eelepel vars pietersielie gekap
1/2 rooi soet rissie ontpit en in blokkies gesny
1/2 geel soet rissie ontpit en gekap
3 eetlepel kasjoeneute grofgekap
1 pakkie blaarslaai

Dop die eiers af en sny in kwarte.
Meng die heuning , suurlemoensap en kerrie goed , en roer jogurt en mayonnaise by.
Geur dié sous met met sout en rooipeper.
Verhit ‘n bietjie olie en soteer die ui en seldery tot sag, voeg peitersielie by en soteer nog vir 1 min en verwyder van hitte.
Voeg soetrissies en kasjoeneute by en meng goed.
Roer eiets by die mengsel in.
Sit blaarslaai in borde en skep bo op.
Foto:  Rinie Louw




MAALVLEIS-EN-ERTJIE PASTEIE

MAALVLEIS-EN-ERTJIE PASTEIE
Maak 4 pasteie
30 ml olyfolie,
500 g maalvleis,
1 ui (fyngekap),
2 knoffelhuisies (fyngekap),
1 blik (410g) gekapte tamaties,
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak,
5 ml droe gemengde kruie,
1 blik (410g) ertjies,
3 velle (400g elk) blaardeeg,
1 eier (geklits)

Verhit oond tot 200 grade C
Braai maalvleis tot los en bruin
Voeg ui en knoffel by
Braai verder tot ui sag is
Voeg tamaties by
Geur met sout, swartpeper en kruie
Laat oop kook vir sowat 20 minute
Roer ertjies versigtig deur en laat mengsel *afkoel
Sny vier deegsirkels uit
Skep van die mengsel op een helfte van elke deegsirkel
Smeer rande van deegsirkels met geklitste eier en vou toe
#Druk rande van pasteie goed vas
Verf met geklitste eier
Plaas op uitgevoerde bakplaat
Bak vir 35 minute tot deeg bros en goudbruin is * baie belangrik vir sukses van pasteie om vulsel deeglik af te koel sodat deeg nie nat is nie
# baie belangrik vir sukses van pasteie om deeg goed vas te druk sodat vulsel nie uitloop nie
Geplaas deur Petronella Kleintjie Botha Pieterse




HOME MADE MIRACLE WHIP


HOME MADE MIRACLE WHIP
Hier is ‘n “copycat recipe” van my kubervriendin in Israel, Mirjiam:
By Mirj on October 01, 2002
Serves: 68, Yield: 0.5 liter
“I found this recipe for homemade Miracle Whip in the local paper. Miracle Whip is not available where I live, so it’s nice to have a jar of this in the fridge.”
2 egg yolks
½ teaspoon salt
1 tablespoon powdered sugar
3 tablespoons lemon juice or 3 tablespoons vinegar
1 ½ cups oil
1 ½ tablespoons flour or 1 ½ tablespoons cornstarch
1 teaspoon dry mustard
½ cup boiling water
2 tablespoons vinegar
salt

Using a blender or electric mixer, blend egg yolks, salt, sugar and 1 tablespoons of the lemon juice.
Slowly pour in 1 cup oil, a few drops at a time, mixing thoroughly.
Add remaining ½ cup oil a little faster, carefully blending in each bit before adding the remaining 2 tablespoons lemon juice.
Mix the flour, mustard, boiling water and vinegar together until smooth.
Pour into a small saucepan and cook until smooth and paste-like (but not too thick).
Slowly add this hot mixture to the mayonnaise and blend well.
Pour in a container and cool in the refrigerator.




HOME MADE ICE CREAM

 

2014-12-21-roomys

whip together
500 ml cream and
1 teaspoon of vanilja essence,
1 teaspoon of salt until almost firm.
Mix in 1 tin of condensmilk and whip a little more. Then fold in 6 firmed whipped eggs white. Into a bowl, and into the freezer. If you make the ice cream at 3 in the afternoon, it is ready at 7 to eat. You can be adventures and put some stawberries or anything else. Rember to put that through a blender. We tried it with all kinds of flavour. I promise you this one workes.
Bron:  Johnny Mariana Schickerling
Foto: Diabetesmine




MAKLIKE SKILFERKORSDEEG MET SODAWATER


MAKLIKE SKILFERKORSDEEG MET SODAWATER
500 g ongesoute (koue) botter
500 g koekmeel
250 ml sodawater
15 ml brandewyn of suurlemoensap (ek gebruik suurlemoensap)

Sny botter in blokkies.
Sif meel en voeg botter by en meng effens deur . Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by.
Maak aan tot ‘n deeg. Bedek met kleefplastiek. Laat rus in yskas vir 30 minute.
Begin die deeg in een rigting op ‘n meelbestrooide oppervlak uitrol.
Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af.
Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is. Laat die deeg na elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly.
Foto:  Marié Fourie
Het nog sodawater deeg in yskas gehad en besluit om appeltert te bak met die deeg. Twee blikkies appel stukke gebruik en gemeng met bietjie suiker en kaneel.




BOTTERVERSIERSEL

2014-12-21-botterversierseltested

BOTTERVERSIERSEL
250 g botter (wooden spoon vir wit) ander maak dit geel.
2 teelepel vanilla,
600 g versiersuiker,
2 eetlepels dubble cream,  het mascarpone gebruik en
200 g roomkaas

Klits die botter baie baie goed, dit moet amper lyk soos room, voweg nou die versiersuiker bietjie, bietjie by en hou aan met klits, gooi dan die vanillaen double cream by, en meng goed.
Neem nou ‘n metaal lepel en vou die roomkaas in tot net goed gemeng.
Het resep gekry in step by step cake decorating en bietjie aangepas
Foto:  Jolene Smit




MAALVLEIS EN FETA MUFFINS

 

2014-12-21-maalvleismuffinstested

MAALVLEIS EN FETA MUFFINS
Resep en foto:  Esme Slabbert
FOOD LOVERS RECIPES
850 g maalvleis
2 eiers
¾ koppie steel cut oats
½ rooi en ½ groen pepper (fyn gesny)
1 bossie grasuie (fyn geknip)
½ – 1 eetlepel paprika (smaak verskil)
1 eetlepel gekapte knoffel – sommer botteltjie knoffel gebruik
1 eetlepel gedroogte basil
1 eetlepel gedroogde oregano
1½ eetlepel soy sous

Aromat/sout en peper – na smaak – onthou soy sous is ook sout so wees versigtig met te veel ander sout.
Meng alles saam
Spuit muffin pannetjies of smeer uit met olyfolie
Maak balletjies (12) en plaas in muffin pannetjie

Die spices wat jy byvoeg, hoef nie te wees soos hierbo genoem nie, sit in waarvan jy hou en wat jy beskikbaar het in jou kruideniersware kas.

My eie ekstra byvoeging want ek WOU beslis die kaas iewers inwerk:

Druk gaatjie in bolletjie en plaas ‘n blokkie feta kaas in die holtetjie en maak dan weer mooi toe.
Ek het die hele bakplaat nou toegemaak met ‘cling wrap’ en in die vrieskas geplaas. Wanneer behoorlik gevries sal ek die verpak en hou tot ek ‘n vinnige dit benodig en dan bak teen 375ºF vir so ± 35 min tot gaar en mooi goudbruin.




BOEREWORS PAELLA

2014-12-19-worspaellatested

BOEREWORS PAELLA
800 g goeie boerewors, duim grootte gesny
1 groot ui, ringe gesny
1 rooi soetrissie, repe gesny
1 groen soetrissie, repe gesny
1 geel soetrissie, repe gesny
6 knoffelhuisies, gekneus
1 pakkie sampioene, grof opgekap
1 teelepel tiemie
1 koppie witrys
1 ½ koppie aftreksel, van jou keuse
½ koppie soet sjerrie
2 eetlepels tamatiepaste
sout en varsgemaalde swartpeper
1 klein blikkie ertjies
½ koppie olie vir braai

In ‘n lekker diep kleeflose braaipan (* een wat deksel het) giet olie in en maak pan lekker warm.
Plaas die wors stukke in pan en braai tot mooi goudbruin.
Sit die tiemie, uie en soetrissies, knoffel en sampioene by en roerbraai alles saam oor ‘n medium hitte tot alles begin braai kleur kry.
Roer tamatiepaste deur die mengsel, voeg die rys, aftreksel en sjerrie by.
Sout en peper na smaak.
Verlaag hitte, sit deksel op en prut tot rys sag en vloeistof verdamp het.
Roer gedreineerde blikkie ertjies deur, bedien dadelik.

* Hou die boerewors in vrieskas vir 25 min voor jy dit in stukke opsny… dit help net dat jy dit mooi stukke kan afsny sonder om die dermpie in flarde te sny.

Foto en resep geplaas deur Adam Cloete




SPINASIE- EN SAMPIOENROULADE

2014-12-19-spinacerouladetested
SPINASIE- EN SAMPIOENROULADE
600 g spinasie
30 g botter
4 eiers, geskei
knippie neutmuskaat
1 eetlepel gerasperde Parmesankaas
Vir die vulsel:
15 g botter
250 g gekerfde sampioene
sap van ‘n ½ suurlemoen
sout en peper na smaak
200 ml Crème Fraiche
2 eetlepels fyngekapte pietersielie

Vir die vulsel:
Smelt die botter en voeg die sampioene en suurlemoensap by. Geur met sout en peper en kook vir 3 minute tot dit net begin sag word. Hou eenkant om af te koel.

Was die spinasie en plaas in ‘n kastol met net die water aan die blare. Kook oor ‘n stadige hitte vir 1 – 2 minute tot die blare net verlep. Dreineer goed en druk die blare om die ergste water uit te kry.

Smeer ‘n rolkoekpan en voer dit uit met bakpapier. Smeer die bakpapier ook. Kap die spinasie grof op en plaas in ‘n mengbak. Meng die botter, eier gele, neutmuskaat, sout en peper en roer dit by die spinasie in. Klits die eierwit in ‘n aparte bak tot styf, maar nie droog nie en vou dit dan versigtig by die spinasie mengsel in. Giet die mengsel uit in die pan en bak by 220ºC vir 10 tot 12 minute tot ferm. Sprinkel die Parmesankaas op ‘n vel bakpapier en keer die roulade om op die kaas. Laat afkoel vir 10 minute en trek die bakpapier af. Sny die kante mooi gelyk.

Dreineer die sampioene en hou van die vloeistof eenkant. Plaas die sampioene in ‘n bak en voeg die crème fraiche en die pietersielie by en geur dit na smaak. Roer bietjie van die sampioene se kookvloeistof by indien dit te dik is. Smeer die vulsel oor die roulade, maar laat ‘n 2,5cm oop aan die kante. Rol op van die lang kant, bedek en laat afkoel in die yskas. Sny in skywe om te bedien.
Resep geplaas deur: Adam Cloete




IDEES EN RESEPTE MET BOEREWORS

IDEES EN RESEPTE MET BOEREWORS

Rentia Heijmans:
Kook die wors of braai dit tot gaar. In ‘n ander pot, braai uie, knoffel, speserye, kerriepoeier, soetrissies, en sampioene. As jy wil braai tamaties saam. Sit die gesnyde wors wat in klein stukkies is by en braai/kook saam tot alles gaar is.  Skep op rys of kappokaartappels.

Johan van Lelyveld
Boerewors Breyani:
1-2 kg boerewors, in stukke van sowat 3-5 cm gesny
825 g-blik perskeskywe, gedreineer
sout en peper na smaak
2 koppies rys
½ koppie bruinlensies
3 groot uie, in ringe gesny
1 groot groen soetrissie, ontpit en gekap
olyfolie
4 eetlepels (opgehoop) kerriepoeier (matig of warm)
1 teelepel borrie
1½ koppies Mrs Ball’s-blatjang
1 koppie water

Sit die boerewors in ’n oondvaste bak en gooi die perskeskwye bo-oor.
Geur na smaak met sout en peper en strooi dan die rys en lensies oor die wors en perskes.
Braai die uie in ’n bietjie olyfolie tot goudbruin. Roer die soetrissie by.
Voeg die kerriepoeier, borrie, blatjang en water by. Meng goed, verwyder van die hitte en skep oor die boerewors-mengsel. Maak seker die rys en lensies is bedek met die vloeistof (indien nie, voeg nog water by).
Bedek die bak met foelie en bak vir 45 min. teen 180 °C totdat die boerewors, rys en lensies gaar is. Al die vloeistof moet geabsorbeer wees (indien nie, sit die bak terug in die oond en bak onbedek vir nog 15 min.).
Sit die breyani voor met sambals.

Johan van Lelyveld
Boerewors Frikkadelle, met Kaas
Boereworsvleisie uit derm geryg ongeveer 1½ kg
1 medium ui in blokkies gesny
1 teelepel growwe swart peper (Ekstra)
1 eetlepel koekmeel
1 eier
75 ml olyfolie
150 g kaas gerasper
Meng alles saam en maak sulke krieketbal grootte frikkadelle.
Smeer ‘n bak met olyfolie en pak die frikkadelle daarin. Bak teen 150ºC vir 30 min tot 45 minute.
Wanneer hulle uit die oond kom, giet so 150ml vars room bo oor die frikkadelle, en bedien met rys of “mash Potatoes”

Johan van Lelyveld
Boereworspasteitjies:
1 rol (400 g) reg-om-te-gebruik-skilferkorsdeeg
45 ml heelkorrelmosterd
4 stukke boerewors van 15 cm elk
1 eier, geklits
Voorverhit die oond tot 210 °C. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Sny in vier ewe groot reghoeke. Smeer elke stuk deeg met ’n lagie heelkorrelmosterd.
Druk die vleis van elke stuk wors versigtig uit die derm en vou dit in die deeg toe. Seël die kante met ’n vurk en verf met geklitste eier. Pak op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 10 minute, verlaag dan die temperatuur na 180 °C en bak ’n verdere 10-15 minute. Sit voor met skyfies en tamatiesous of blatjang. Lewer vier pasteie.

Johan van Lelyveld
Boereworspaella
Sit voor saam ‘n eenvoudige mengelslaai en lekker vars broodjie
800 g goeie boerewors – duim grootte gesny
1 groot ui – ringe gesny
1 rooi soetrissie – repe gesny
1 groen soetrissie – repe gesny
1 geel soetrissie – repe gesny
6 knoffelhuisies gekneus
1 pakkie sampioene – grof opgekap
1 teelepel tiemie
1 koppie wit rys
1 ½ koppie aftreksel – van jou keuse
½ koppie soet sjerrie
2 eetlepels tamatie paste
Sout en varsgemaalde Swartpeper
1 klein blikkie ertjies
½ koppie olie vir braai
In ‘n lekker diep kleeflose braaipan (* een wat deksel het ) sit die olie in en maak pan lekker warm
Plaas die wors stukke in pan en braai tot mooi goudbruin.
Sit die tiemie, uie en soetrissies, knoffel en sampioene by en roerbraai alles saam oor ‘n medium hitte tot alles begin braai kleur kry.
Roer tamatie paste deur mengsel, voeg die rys, aftreksel en sjerrie by.
Sout en peper na smaak.
Verlaag hitte, sit deksel op en prut tot rys sag en vloeistof verdamp het.
Roer gedreineerde blikkie ertjies deur, bedien dadelik
Nota:
Hou die boerewors in vrieskas vir 25 min voor jy dit in stukke opsny, dit help net dat jy dit mooi stukke kan afsny sonder om die dermpie na flarde sny.

Johan van Lelyveld
Wors – Pot
Bietjie kookolie vir braai
2 eetlepels botter
1 kg boerewors
500 g varkworsies
1 blikkie botterbone
3 teelepels koekmeel
3 koppies aftreksel van jou keuse
½ koppie rooiwyn
2 eetlepels tamatiepuree
1 teelepel mosterdpoeier
1 eetlepel worcestersous
1 teelepel tiemie
3 groot uie grof gekap
6 knoffelhuisies , mooi gekneus
paar geelwortels skil af en lang “stir-fry” repies gesny
vars gemaalde swartpeper
Maak bietjie kookolie in ‘n groot pot warm, braai wors aan albei kante tot mooi bruin.
Plaas 2 eetlepels botter by, voeg uie, knoffel en wortels by. Potbraai vir vyf minute alles saam oor matige hitte.  Maak pasta met water en koekmeel en meng by worspot saam met aftreksel, sit die botterbone by en die res van die bestanddele. Bring tot kookpunt en prut stadig vir so 5 minute. Skep op saam kapokaartappels of lekker vars brood om al daai sousies op te dep,

Johan van Lelyveld
wors-pan genoeg vir 4 mense
sonneblomolie
2 uie opgekap
4 knoffelhuisies gekneus
1 groot groen soetrissie grof opgekap
1 pakkie sampioene – grof gekap
2 teelepels kerriepoeier
2 ml borrie
600 ml kookwater
15 ml blatjang
sout en peper na smaak
800 g rou boerewors, in hap grootte stukke gesny
1 blik appelkoos of perske halwes (hou sap)
1 ½ koppie rou rys
grasuie – vir garneer
Voorverhitte oond 200ºC.
Braai die uie, soetrissie en knoffel in olie tot sag, voeg sampioene by en braai 2 min.
Voeg die kerriepoeier by en braai vinning deur. Voeg die kookwater, blatjang, sout en peper by na smaak, laat paar minute prut baie stadig.
Pak die rou wors in ‘n groterige oondpan en skep die uiemengsel bo-op die wors. Sit die appelkoos / perske helftes bo-op die wors en giet sap oor. Sprinkel die rou rys eweredig oor, maak toe met foelie en bak vir ongeveer 40 minute of totdat die rys gaar is. Maak oop en bak tot gereg bietjie kleur kry. Dien warm op, sprinkel met gesnipperde grasuie..
Sit saam met groenslaai en vars broodjie

BOEREWORS-FRITTATA
resep geplaas deu Johan van Lelyveld
15 ml (1 eetlepel) olyfolie
500 g boerewors
4 groot aartappels, gekook en in skywe gesny
60 ml (¼ koppie) gekaramelliseerde uie
200 g (2 wiele) fetakaas, gekrummel
5 eiers, geklits saam met 60 ml (¼ koppie) melk
sout en peper
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Voer ’n 20 cm-koekpan met tinfoelie uit.
Verhit die olie en braai die wors tot goudbruin en gaar.
Pak lae aartappel, uie, wors en fetakaas in die koekpan.
Geur die eiermengsel met die sout en peper en giet in die koekpan. Bak 30 minute in die verhitte oond of tot gestol. Laat effens afkoel en sny in skywe.
Sit voor saam met tamatieslaai.

Johan van Lelyveld
Brood-en-wors-slaai:
1 groot Franse brood
olyfolie vir vlakbraai
300 g boerewors
250 g ryp tamaties, in kwarte gesny
1 klein rooiui, in skywe gesny
100 g cheddarkaas, grof gerasper
slaaisous van jou keuse
Voorverhit die oond tot 160 °C en breek die brood in growwe stukke. Pak die stukke op ’n groot bakplaat.
Bak die broodstukkies sowat 10 minute tot goudbruin en bros en laat afkoel.
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en braai die boerewors oor matige hitte tot gaar. Laat staan vir ’n paar minute. Sny in 2 cm-stukkies.
Meng die boereworsstukkies, tamaties, rooiui en cheddar in ’n mengbak en skep dit uit op ’n groot opdienbord.
Sprinkel die broodstukkies oor en bedruip met ’n slaaisous van jou keuse.

Johan van Lelyveld
BOEREWORS EN PIESANGGEBAK
500 g boerewors
6 ryp piesangs in skywe
2 ml mosterdpoeier
2 ml paprika
1 ml swartpeper
15 ml suurlemoensap
250 ml suurroom
50 ml gerasper chedder
Rooster wors in ‘n pan tot amper gaar. Sny in skywe. Strooi mosterd, paprika, peper en sap oor piesangs. Rangskik wors en piesangs in ‘n oondbak. Giet room oor en strooi kaas oor.
Bak by 160ºC vir 20 min.

Johan van Lelyveld
BOEREWORS EN MIELIEMEEL MUFFINS
250 ml bruismeel
3 ml sout
185 ml mieliemeel
70 ml margarien
Swartpeper
125 ml gerasper kaas
250 ml gaar gekrummelde boerewors
2 gekapte knoffelhuisies
2 geklits eiers
250 ml melk
Verhit oond 200ºC.
Sif meel en sout saam.
Voeg mieliemeel by.
Vryf margarine in.
Voeg res bestanddele by buiten eier en melk.
Klits eiers en melk en voeg by en meng goed deur.
Skep in gesmeer kolwyntjiepanne.
Bak 25 minute.
Lewer 12.

Johan van Lelyveld – dis in my “resepteboek”, maar ek het geen clue waar almal vandaan kom nie. Jammer

Cheryl Ferreira:
Ek maak meatballs van my wors, kook dit in uie en tamatie paste en dan meng ek my gekookte spagetti saam in en roer deurmekaar en dan kaas bo oor.

Celia De Villiers:
Enslin Worskos – Ons naam daarvoor.
Braai wors tot amper gaar, sny in stukkies. In dieselle pan, ek gebruik ‘n diep pan of pot, sit blokkies aartappels en so koppie skulpie pasta by.
Voeg twee of meer koppies water by, geur met lekker speserye en kook stadig tot gaar.
Maak dikker met sousie van bietjie soppoeier en melk of water gemeng.
Bedien met blatjang of tamatiesous of my gunsteling – sweet chillisous.
Jy pas aan soos jy wil. Ek het al sampioene gebraai en by gesit. Verskillende soppoeiers gebruik, oxtail of bruinuie werk lekkerste, maar die ander is ook lekker.
Met min wors maak jy ‘n groot pot kos, hou net dop dat dit nie aanbrand nie.
Sit nog water by as die aartappels en pasta nog nie sag is nie.

Elaine Schoeman:
4-6 stukke boerewors (worsbroodjie grootte)
Olie vir braai
1 groot ui
1 soetrissie
30 ml sterk kerrie (of na smaak)
10 ml borrie
5 ml Cunjun speserye
15 ml appelkooskonfyt of 15 ml bruinsuiker
130 ml sterk blatjang
30 ml Worcestersous
2 knoffelhuisies
Sout na smaak
250 g rou macaroni (kan ook met ¼ koppie rys vervang word)
4 groot aartappels (in groterige blokkies gesny)
4 gekookte eiers
Sny uie, greenpepper en knoffel in klein blokkies en braai liggies in bietjie olie saam in ‘n pot,(ek gebruik ‘n plat swartpot) (+- 3min), met die kerrie, borrie en cunjun sperserye
Skep dit uit en hou eenkant
Neem die wors en sny in kleiner stukkies (+- 5cm) en braai in dieselfde pot tot bruin
Skep die eerste bestanddele terug. Voeg die aartappels, blatjang, worcestersous en appelkooskonfyt of bruinsuiker by. (indien rys verkies word, voeg dit tesame met die aatappels by). Roer goed deur en voeg net genoeg water by om die res van die bestandele in te kan prut tot aartappels en rys gaar is.
Voeg die macaroni by wanneer die aartappels amper gaar is, sodat dit nie pap kook nie. (indien rys nie gebruik word nie).
Voeg sout na smaak by
Voor opdiening, roer die pot deur, en sny die gekookte eiers in die helfte.
Bedien hierdie “stew” met die gekookte eiers, (wat van die “stew” sousie oor het) saam met roosterbrood.

Petré Van Jaarsveld:
Worspastei
Braai gekapte uie, soetrissie en sampioene in ‘n pan tot uie deurskynend is.
Sny wors in stukke (nie te groot nie), voeg groente by en ‘n bietjie water, worcestersous, blatjang, bietjie sout en peper. Verdik die sous met koekmeel of soppoeier wat met bietjie water gemeng is. Skep in ‘n oondbak en skep ‘n  slapperige deeg oor of gebruik puffpastry. Bak tot goudbruin. Bedien met rys, soetpampoen.

Herman Senekal:
Ek het Maandagaand ook iets anders met wors probeer en noem dit “spaghetti boerenaise”. Moet bieg, was nogal lekker. Wors in pan gebraai. In aparte pot tamatie smoor gemaak met ‘n bietjie knoffel, oreganum, pietersielie en tiemie. Die wors in “bite sizes” opgesny en by gevoeg en toe bo-op spaghetti bedien. My familie was mal daaroor.