JOHAN SE GEBAKTE KAPOKAARTAPPELS

 

2015-02-05-mashtested
JOHAN SE GEBAKTE KAPOKAARTAPPELS

Nadat ek almal se resepte gelees het, het ek my mash so gemaak:
Aartappels in kwarte gesny en in water gesit met sout en peper
terwyl aartappels kook het ek full cream room, 2 eetlepels rama botter
met thyme en sout en peper op stoof laat warm word nie kook nie net warm word ,
ek het n kaas gerasper so 2 koppies.

Aartappels was reg ek het begin mash en my room en botter wat warm was by gegooi en gemash tot dit lekker fluffy was en n koppie melk by gegooi,en nog sout en peper na smaak.
Ek het die mash gestop en met ‘n houtlepel dit geklits tot baie fluffy
sit toe all my mash in n pirex bak en bedek met kaas
in die oond gesit vir 15 tot 20 min en whalla
dit was heerlik
ek het dit met lekker pepper stakes bedien
Bron:  Johan Fritz




KAASPOFFERS

2015-02-02-poffers(1)tested

KAASPOFFERS
3 eetlepels olie
500 ml water
70 g gewone meel
15 g mielieblom
1 teelepel sout
Cayenne peper
2 Eiers
60 g Parmesankaas
Olie vir diepbraai

Giet die water en olie in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte en voeg die meel en mielieblom, gegeur met sout en peper geleidelik daarby terwyl deeglik geroer word. Plaas terug op lae hitte en kook tot dit ‘n stywe beslag vorm wat maklik van die kante en bodem van die kastrol loskom en nie daaraan vasklou nie. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel voor die geklitste eiers geleidelik daarby ingeroer word. Roer laastens die kaas daarby in (ek het Cheddar kaas gebruik). Skep lepels vol in warm olie en diep braai tot goudbruin en bros.
Bron: Adam Cloete.




WORS IN DIE PAN

 

2015-02-01-worstested

WORS IN DIE PAN

Ek maak een maal n week wors in die huis. Maak nie saak of in n pan op die stoof of in die elektiese braai pan. As jy jou wors in die pan sit gooi water tot die vlak van die water die helfte van die dukte van die wors is. Sit die hitte op 50% van die maksimum van die plaat. Ek hou meer van die elstriese braai pan maar die prensiep is dieselfde. Sit n deksel op jou pan en laat stadig kook. Jy hoef nie om te draai nie. Ek skuif net liggies die wors rond om seker te maak dit brand nie vas nie. Sodra die water op gekook is sal daar net vet agter bly in die pan en die hooeveelheid vet in die pan word bepaal deur die persentasie vet in die wors. Haal nou die deksel af. Oppas vir vet wat kan spat. Nou draai jy die wors versigtig om dat dit nie breek nie. Braai net bruin altwee kante. Op die foto sal jy sien die wors het baie min vet gehad en die is nog net een keer gedraai. N mens moet wors voor jy aan dit sny nadat dit gaar is eers bietjie laat afkoel so 5 minute sodat die sous kan stol ander gaan alles uit loop as jy dit sny

Bron:  Koos van der Merwe




YSTEE MET VRUGTESAP

2015-02-01-ysteetested
YSTEE MET VRUGTESAP

‘n Hand vol stokkies rooi bos of 16 rooi bos tea sakkies
Bring tot kook punt en voeg koeldrank by, ongeveer 1 liter sap op 10 lter water, of na smaak.  sif die stokkies uit, laat afkoel en bottel.
Die koeldrank wat soos vrugtesap is wanneer dit aangemaak is werk die beste en is die lekkerste..
Bron:  Leeanda van Zyl




SPAGHETTI CARBONARA

2015-02-01-spaghetticarbonaratested

SPAGHETTI CARBONARA
Recipe and photo:  Angela Landsberg
350 g spaghetti
200 g bacon, chopped
4 eggs, beaten with lots of freshly ground black pepper
1 big handful grated Parmesan plus extra for garnishing
1 tablespoon butter

Boil the spaghetti in lots of salted water until al dente.
Meanwhile fry the bacon until crisp.
Keep the bacon on low heat.
Best the eggs with the pepper and the Parmesan.
Remove the spaghetti out of the water with tongs and add to the pan with the bacon. You should get some of the pasta water in the pan.
You can keep a few tablespoons of the water for in case it is too dry.
Mix well and then pour over the eggs.
Stir well over the low heat.
The eggs should not get scrambled.
Top with extra Parmesan and black pepper.
Serves 2 – 3.




FLAKE TERT

2015-02-01-falketerttested
FLAKE TERT
500 ml room styf geklits
1 blikkie karamel kondensmelk in gemeng
Krummel 2 flakes
Ek het eat sum more gebruik vir bodem (fyn gedruk met margarine)
Bo op een hele flake gekrummel

Resep en foto – Dorea Fischer

Ena Bester Posthumus –  Ipv 500ml room, kan mens ook 250 ml gewone GLADDE ongegeurde maaskaas meng met 250 ml styfgeklopte room en dan die karamel byklits – DIS nou vreeslik lekker!

2de foto: Charlene Kloppers

Meng 2 pakkies fyngemaakte eat-sum-more koekies met botter/margarien en druk teen bak uit as kors.
500 ml geklopte room
1 blikkie karamel kondensmelk
4 flakes

Meng geklopte room, karamel kondensmelk en 3 flakes saam.
Gooi mengsel oor kors. Strooi 1 flake bo-oor vir versiering.
Plaas in yskas laat dit stol en bedien.
Vinger-lek-lekker




PLATBROOD GALOUR

2015-02-01-platbroodtested
PLATBROOD GALOUR
Deeg:
1 kg broodmeel
1 pakkie kits gis
1 teelepel bruinsuiker
2 teelepel steak en tjops speserye
Maak aan met lou water tot hanteerbare deeg, knie en laat uitrys.
Knie terug en deel in 2 dele.
Sit deeg op bakplaat wat gesmeer is, vorm soos verkies.
Bolaag:
Maak mengsel van:
20 ml gesmelte botter
20 ml olyfolie
20 ml heuning
10 ml fyn knoffel
Smeer die mengsel oor die basis van die platbrood.
Sny 4 uie in dik skywe, maak ringe los en druk effens in brood.
Druk pitlose olywe, roosmarynblaartjies, basilblare en pynappelsukkies ook in brood, druk kersietamaties op basilblare en klein blokkies bloukaas of cheddar hier en daar in deeg, bak by 180ºCvir 20 minute.
Bedien met sous.
Sous:
200 ml olyfolie
200 ml balsamiese asyn
Enjoy
Resep en foto:  Floraine Wasserman Venter




VLEISROL

 

2015-02-01-vleisroltested

Skilferdeeg uitgerol, feta kaas bo-op die deeg gefrummel en strepies spek  bo-op die feta gepak, toe geurige maalvleis bo -op die spek geskep. Op gerol en spek bo oor gesit met kruie bo-op gestrooi.
In gasoond teen 210° vir 40 min gebak.
Bron:  Ertjies de Witt




MAPLE AND OATMEAL BREAD

2015-01-29-stroopbroodtested
MAPLE AND OATMEAL BREAD
425 g boiling water
250 ml rolled oats
80 ml margarine
125 ml maple syrup
80 ml golden brown sugar
10 ml salt
2×10 g instant yeast
500 ml lukewarm water
2 large eggs
1.5 kg cake flour
Combine, water, oats, margarine, syrup, sugar and salt and set aside to cool.
Combine flour and yeast together in another mixing bowl
Add the lukewarm water and eggs to the Oats mixture and then add all te the flour. Knead in a dough. Put dough in a warm place that it can double in size. Knead it off and make 2 loaves and put them in pans and let it rise again. Bake at 180 ºC for an hour.

Foto:  Ronel Muller Thoma




KOOKWATERBESKUIT

 

kookwater beskuittested

KOOKWATERBESKUIT

2 kg bruismeel
500 g botter / margarien
2 ½ koppies suiker
½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
3 eiers
500 ml kookwater

Sny die botter in stukkies in ‘n mengbak.
Voeg die kookwater by en roer tot die botter opgelos is.
Voeg die suiker by en roer verder tot dit ook opgelos is.
Klits die eiers en voeg by die mengsel.
Roer die res van die bestanddele by.
Maak balletjies en bak teen 180ºC vir 15 minute.
Verlaag die hitte na 160ºC en bak ‘n verdere 45 minute.
Laat afkoel, breek in stukke en droog uit.
Bron onbekend
Geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Alice Meintjes

Foto: Annette Hattingh Scheepers: ek het rosyne en klapper in die beskuit gesit, dit is heerlik.

2015-09-05-kookwaterbeskuit