MICHELLE SE TUNAPASTA

TUNA PASTA GEREGtested
MICHELLE SE TUNAPASTA
Resep:  Michelle Joubert
Foto en aangepas deur :  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie tuna
1 klein gekapte ui
250 g gekapte sampioene
1 gekapte soetrissie (kleur van jou keuse of dieselfde hoeveelheid gemeng)
1 blikkie heelpit mielies of dieselfde hoeveelheid gevriesde mielies
1 blikkie tamatiesmoor
ongeveer 125 g gekookte noedels
sout en peper na smaak
Braai die uie, soetrissies en sampioene tot sag en voeg die tuna, mielies, tamatiesmoor, sout en peper by.
Laat nog ‘n paar oomblikke liggies prut sodat die tamatiesmoor goed deurwerk.
Voeg die gekookte noedels by en meng alles goed deurmekaar.
Kaassous:
Smelt 2 eetlepels botter of margarien in ‘n kastrol en roer twee eetlepels meel daarby.
Roer vinnig tot goed gemeng oor lae hitte en voeg melk by terwyl jy aanmekaar roer tot jy die verlangde dikte sous bereik.
Meng ‘n ½ koppie gerasperde Cheddarkaas daarby en meng goed deurmekaar.
Haal van die hitte af en roer een eier daarby.
Plaas die tunamengsel in ‘n oondvaste bak en giet die kaassous daaroor.
Bak by 180ºC vir 20 minute.
Strooi nog bietjie kaas bo-oor en rooster tot die kaas gesmelt is en goudbruin is.

Njam! Almal geniet dit baie! My dogtertjie is 2 en sy eet 2 bakkies op!

Dorea Fischer – Michelle se Tunapasta op jul page is ‘n GROOT wenner in my huis vanaand. Almal sê die mielies maak dit!



OREO SURPRISE

2015-02-12-muffinstested
OREO SURPRISE
Gebruik enige muffin resep.  Ek het die “easymix cuppuccino-flavoured” muffinmengsel gebruik.
Plaas ‘n oreo koekie onder in ‘n papier muffin houertjie.
Skep ‘n lekker groot skep karamel kondensmelk op die koekie en dan die muffinbeslag.
Bak die muffins in ‘n voorverhitte oond vir 20 min by 180ºC.
Bron:  Annelise Engelbrecht




OUTYDSE SOUSKLUITJIES

2015-02-12-souskluitjiestested

OUTYDSE SOUSKLUITJIES
400 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
20 ml margarien
2 eiers
70 ml melk
Meng droë bestanddele en vryf margarien goed met vingers deur
Klits eiers
Voeg melk en eiers by meelmengsel in roer om deeg te vorm
Kook 1.5 l water met ń knippie sout in ń groot kastrol
As die water kook skep lepels vol deeg in en sit deksel op verminder die hitte
Laat kook vir 15 min
Skep kluitjies uit in bak
Gooi oorblywende water by kluitjies gooi suiker en kaneel oor soos jy van dit hou en sit paar klontjies margarien bo-op
Bron:  Johan Coetzee




LEKKER VLEISPASTEITJIES

2015-02-12-pasteitjiestested

LEKKER VLEISPASTEITJIES
Deeg:
Vryf 625 g margarien in:
6 koppies meel
½ teelepel kremetart
1 ½ teelepel sout
Maak aan met 3 eiergele en 60 ml witasyn saamgeklits in 3/4 koppie yswater.Vou toe in plastiek en plaas in yskas vir ten minste 6 ure. Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.

Vulsel:
Kook saam:
1 kg gemaalde vleis
½ teelepel sout en
¼ koppie blatjang

Sodra vleis deurgekook is, voeg by:
½ teelepel aromat
¼ teelepel naeltjies
½ teelepel mosterd
½ pakkie Knorr Meat Ball Maker en
¼ koppie hawermout
1 sny geweekte bruinbrood

Druk al die water uit die brood. (ek sit nooit die brood in nie, die hawermout bind die vleis genoeg) Meng alles goed en laat prut vir 14 minuut. Druk in glasbak en laat koud word in yskas. Sny stroke en plaas op uitgerolde deeg. Vou toe en rol om, sny in verlangde groottes, smeer met geklitste eier. Bak tot mooi bruin by 180°C.
Foto: Annelise Engelbrecht
Resep geplaas deur Annelise Engelbrecht




BRAN MUFFIN VRUGTEKOEK

 

2015-02-09-branmuffintested

BRAN MUFFIN VRUGTEKOEK
500gr bran muffin mix
500gr vrugte mengsel
Kwart kop brandewyn
Neute
Maak muffin mix aan soos op pakkie. Meng vrugte neute en brandewyn in gooi in pan en bak 1 uur.
Meng kwart kop suiker en half kop brandewyn verhit en gooi oor warm koek
Laat afkoel en vries gebruik soos benodig
Baie lekker yskoud
Bron:  Marie Grobler




TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS

Tomato Sauce  tested

TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS
(MA ANNATJIE)
5 kg tamaties
25 ml sout
1 kg suiker
25 ml fyn gemmer
25 ml koljander
25 ml fyn naeltjies
25 ml swartpeper
5 groot uie
1,5 liter asyn
2 knoffelhuisies

Verpulp (of sny fyn) uie en tamaties. Kook saam behalwe gemmer en peper tot baie sag. Vryf deur sif. Laat stadig kook. Voeg gemmer en peper by. Roer aanhoudend, anders brand dit. Laat kook tot verlangde dikte. Bottel en bêre.
Nota:  Met hierdie resep is dit baie maklik om te skat: 1kg tamaties gee 1l tamatiesous. Ek het 6 kg vars tamaties opgesit.

Foto’s en Bron:  Kiti de Jager




GEURIGE KERRIEWORTELS

 

2015-02-09-kerriewortelstested
GEURIGE KERRIEWORTELS

2 kg geelwortels
1 kg witsuiker
50 ml mielieblom
5 ml sout
1 kg uie
50 ml matige kerriepoeier
25 ml mosterdpoeier
750 ml wit asyn
10 heel naeltjies
500 ml pitlose rosyne
1 kg pynappelstukke, die in blikke
10 ml fyn knoffel

Skil en sny wortels in skyfies, kook in soutwater tot sag, nie pap. Dreineer.
Skil en sny uie in skywe, gooi kookwater op en laat staan 20 minute.
Meng suiker, kerrie, mielieblom, mosterd en sout.
Voeg asyn by, meng goed, verhit tot kookpunt en voeg by wortels, uie, knoffel en rosyne.
Prut sag vir 10 minute, skep in gesterliseerde flesse, lewer ongeveer 3 liter kerriewortels.
VARIASIE
Voeg brandrissie by vir “brandwortels”
Voeg 1 kg geelperskestukke by i p v pynappel
Voeg halfbotteltjie gerookte paprika by vir geur
Bron:  Floraine Wasserman Venter




SOET-SUUR AARTAPPELSLAAI

2015-02-09-aartappelslaaitested
SOET-SUUR AARTAPPELSLAAI
250 ml asyn
225 ml water
250 ml suiker
10 ml droë mosterdpoeier
30 ml maizena
2 eiergele

Kook asyn, water en suiker, Meng mosterd en maizena met bietjie water tot pasta, voeg by asynmengsel, kook op.
Klits eiergele baie goed en klits vinnig by vorige mengsel.
Gooi 30 ml peppadew geursel by.
Gooi warm oor gaar aartappelblokkies, geur met swartpeper

Variasie
Voeg vars gekapte pietersielie by mengsel.
Voeg vars gekapte grasuie by mengsel.
Voeg warm sous oor gekookte uitjies.
Voeg warm sous oor murgpampoentjies.
Voeg 15 ml gekapte knoffel by mengsel.
Enjoy
Resep en foto:  Floraine Wasserman Venter




ROSEMARY CHICKEN WITH WEDGES

tested

ROSEMARY CHICKEN WITH WEDGES
Really simple chicken and potato wedges.
Chicken marinated with salt, pepper, Robertson’s Chicken Spice, little garlic.
Heated the pan with some olive oil added the chicken with wedges and some fresh thyme. Added some water, brought it to the boil, then turned it down and let it cook for about 30minutes till done. Turned up the heat and removed the lid to get rid of the water and brown the chicken. Discarded the thyme before serving.
Source:  Sa-eeda Daniels




RONEL SE PERSKEKOEK

2015-02-05-perskekoektested

RONEL SE PERSKEKOEK
Nou hierdie resep is ‘n beremengsel en dit werk!
Sponskoekmengsel:
8 x 250 ml koekmeel
60 ml bakpoeier
8 ml sout
4 x 250 ml suiker

Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Voeg suiker by en meng goed.
Verdeel mengsel in 4 x 750 ml dele en plaas in sakkies of bakkies met deksels.
Bere in koel droë plek.

Nou vir die KOEK:
750 ml sponskoekmengsel
4 ekstra groot eiers
5 ml vanilla
125 g botter/margarien
250 ml melk

Klits eiers en geursel goed saam.
Verhit botter en melk totdat botter gesmelt is. Dit moet nie kook nie.
Voeg die eiermengsel om die beurt met melkmengsel by die droë bestanddele en klop goed.
Skep in twee ronde lig gesmeerde koekpanne en bak ongeveer 25 – 30 min op 180°C.
Ek het ‘n bottel van my ingelegde perskes bygevoeg. En dit het heerlik uitgekom.
Foto en resep geplaas deur Ronel Muller Thoma