DUIKERBOUD IN DIE OOND (OF ENIGE ANDER WILDSBOUD)

2015-03-24-duikerboudtested
Sny die heupbeen af van die boud af…
Steek die boud vol gate met n breelem mes

Meng nou die volgende sous…

1 koppie OLYF olie
1/4 koppie Bruin asyn of Suurlemoensap
1/2 koppie rou Heuning
1 teelepel swart peper
1 teelepel koljander
1 teelepel fyn neut
1 teelepel fyn kaneel
1 eetlepel sout
1 teelepel Mostert poeier

Meng al die bestandele saam en voeg nou die volgende in die sous…

1 Ui in groterige stukke gesny
so 8- 10 repies SKAAP STERT VET
3-4 knoffelhuisies middeldeur gesny
100 gram Cheddar kaas in repe gesny

Laat staan die mengsel vir omtrent n uur, en stop dan die boud met die Vet, knoffel, kaas, en uie….Gooi die res van die sous oor die boud , en laat staan vir so 6-8 ure in die yskas, of oornag…draai gereeld om..

Nou is die boud gereed, om in die oond gebak te word, Of in n Swartpot gebraai te word, of in n Baksakkie so saam met die sous waarin dit gele het….OF natuurlik in die prutpt oornag, en dan more net bruin braai in die oond…
Bron:  Stefaans Blaauw




WILDSBOUD MARINADE (OOK SKAAPBOUD)

tested
WILDSBOUD MARINADE (OOK SKAAPBOUD)
10 ml fyn koljander
10 ml swartpeper
5 ml fyn naeltjies
5 ml mosterdpoeier
2,5 ml fyn gemmer
3 ml neutmuskaat
sout
Repies varkspek
5 knoffelhuisies
suurlemoenblare / lourierblare
1 blikkie bier
75 ml asyn of 125ml suurlemoensap
75 ml worcestersous
125 ml olie

Vryf boud in met droë kruie. Kombineer sous bestanddele en marineer 24 uur of langer.
Bak 4-5 ure in stadige oond (150 grade C) IN DIE MARINADE.
Kan oornag gebak word teen 120 grade C.
Bak onder grill tot lekker bros indien verkies. Op sy beste as hy so sag is dat hy uitmekaar getrek word met twee vurke in die sous.
Resep en foto:  Kiti de Jager
Kiti Citi –  Ek moet julle se, die smaak is uitmuntend. Ek het die resep tot op die letter gevolg, tot op die ml. Selfs gemmer ingesit al hou ek nie van dit nie. Die smaak is eenvoudig orgasmic. Ek het die sous net dikgemaak. Hy was 5 ure in die oondjie.




PIE GRAVY

2015-03-24-gravy

PIE GRAVY
INGREDIENTS
3 tbsp Butter
5 tbsp All-purpose flour
1 Cubed chicken stock
1 Cubed mutton or beef stock
2 1/4 cups Water
1 teaspoon Onion powder /onion cube crumbled
1. In a small bowl, dilute the chicken and beef cubes in water with a fork. To make this easier, allow refrigerated cubes to thaw.
2. In a pot, melt butter in low heat.
3. Add a tablespoon of flour into the pot and cook in low heat. Continue stirring and gradually add more flour. Note that this step is very important. The sauce can burn if the heat is too high or turn lumpy if too much flour is added.
4. Add the diluted chicken and beef stock into the saucepan. Continue stirring until the sauce turn brown and smooth. Bring the mixture to boil and serve over mashed potatoes or pies.
Source:  Leo Antonette Doman
Photo:  Tripadvisor




VRA VIR MEER HOENDER

2015-03-22-vrameerhoendertested

VRA VIR MEER HOENDER
8-10 hoenderstukke
1koppe mayonnaise
1 koppie tamatiesous
1 koppie chutney
1 glas wyn(en meer vir die kok)
1 pakkie bruinuie soppoeier
knoffel na smaak.
Pak hoenderstukke in oondbak. Meng al die ander bestanddele goed saam en gooi oor hoenderstukke. Bak +-90 minute by 180* C tot hoender deurgaar is, verwyder laaste 5 minute deksel/foelie en verbruin

Foto:  Hanlie Schneigansz




SONJA SE ONTBYT IDEE

 

2015-03-22-ontbytidee2tested

I fried onion, tomato, gem squash together, then added the sausage and bacon.
Bron:  Sonja Beatrix Coetzer




TAMATIEWORSPASTA MET ZUCCHINI

2015-03-21-tamatiewors(1)tested
250g gaar pasta
500 gram wors van jou keuse in stukkies gesny
1 gekapte ui
5 medium groot babymarrows in lengtes gesny
1 blikkie room van tamatiesop
krummels en gerasperde kaas.
Braai die uie en wors in ‘n pan tot die wors gaar is. Voeg die inhoud van die blikkie sop by asook ‘n halwe blikkie water. Ek spoel sommer die oorblyfsels in die blikkie in die pan uit. Kook tot die sop begin verdik. Roer gereeld. Kook intussen die babymarrows tot dit net begin sag word. Meng dan alle bestanddele deurmekaar en skep in ‘n oondvaste bak. Meng genoeg krummels en kaas om bo-oor te strooi om die gereg te bedek. Bak in die oond by 180ºC vir ongeveer 30 minute tot die vloeistof goed borrel en die kaas deur die krummels gesmelt het. Indien jy verkies om dit ‘n meer krakerige kors te gee, kan jy dit vir ‘n paar minute onder die rooster sit.

Foto en resep geplaas deur Adam Cloete




BACON SUSHI

 

2015-03-16-bacontested

Bestandele wat ek gebruik het…
*2 pakke repies bacon
*500g maalvleis
*1 en halwe ui (kan ander helfde in die slaai sit)
*So paar stywe gooie Worschtershire sous.
*Spur hichory basting – na smaak
*Sout, peper en sweet basil – na smaak
*Knoffel – na smaak
*Gewone Tortilla chips gecrunch!
*2 van 2cm x 2 cm x 15cm wit kaas.
*Tandestokkies
*Glad wrap

METODE:
1. Voorverhit oond op 180°
2. Smeer n lekker grote oondbak
3. Plak ‘n lekker stuk glad wrap op toonbank.
4. Pak repies bacon styf langs mekaar -eers net een pak.
5. Meng al die ander bestandele (behalwe tandestokkies en extra pak bacon en kaas)
6. Vat helfde van die gemende mince en druk dit lekker plat bo op die repies bacon.
7. Sit van eenkant tot anderkant jou repie kaas in.
8. Vat nou die glad wrap en begin dit rol tot aan einde.
9. Doen nou nog een.
10. Tel versigtig op en sit in gesmeerde oondbak
11. Vryf nog Spur basting sous bo-op.
12. Bak vir 25min op 180° , sit nog basting oor en bak vir nog 10min, sit nog op en bak vir nog 5min.
13. Nou rol dit versigtig oor die crunchie toltilla chips en berei voor saam slaai en aartappels of ander groente.

Ons was 7 mense wat geët het.
Nota: Ek het ook net bestandele soos dit my smaak ingesit. Net 5 goed is die basis…
Bacon
Mince
Wit harde Kaas
Basting
Tortilla chippies
Bron: Wylene Grobler




CHANTELLE SE SJOKOLADESOUS


tested

CHANTELLE SE SJOKOLADESOUS
¾ koppie kakao (214 ml)
2 koppies suiker
knippie sout
1 ½ koppie kookwater (428 ml)
1 tl vanilla

Sif kakao, suiker en sout saam.
Voeg kookwater en vanilla by.
Roer goed.
Kook vir ‘n paar minute tot sous begin dik word.
Sit in yskas om koud te word.
Bron:  Chantelle Geldenhuys




SJOKOLADESOUS


2015-03-16-chocolate-saucetested
Gelyke mates van die volgende:
Botter (nie margarine nie)
Melk
Cocoa, gesif sommer in potjie anders maak dit klinte
Versiersuiker
Goue stroop enige geur

Smelt botter oor lae hitte
Voeg res van bestanddele by in enige volgorde
Roer voortdurend.
Hou op lae hitte.
Proe jou sjokolade sous tot die cocoa gaar is
Laat afkoel voordat jy deksel opsit.
Kan vooraf gemaak word en in yskas gebêre word. Verhit net weer op lae hitte.
Bron:  Tanya Lee Brink
FOTO GEBRUIK BY ANDER SJOKOLADE SOUS




PIESANG PLAATKOEKIES

2015-03-16-plaatkoekiestested

PIESANG PLAATKOEKIES
1 piesang
1 eier
Bietjie bakpoeier
Knippie kaneel
Indien nodig om dikker te maak bietjie koekmeel
Maak die piesang deeglik fyn en meng met die ander bestanddele
Bak op meduim hitte stoofplaat.
Bron:  Hanlie van Heerden