UIE EN PIESANGSLAAI
UIE EN PIESANGSLAAI
Bron en foto: Ilona Turner
FOOD LOVERS RECIPES
375 ml asyn
250 ml suiker
5 ml borrie
5 ml paprika
5 ml sout
5 ml maizena
15 ml kerrie poeier (Rajah mild and spicy)
3 groot uie in ringe gesny
4 – 6 piesangs
Braai die uie in bietjie olie.
Meng al die bestanddele behalwe die piesang en voeg by uie.
Laat oor matige hitte kook vir so 10-15 min.
Laat afkoel en sny piesangs in voor bediening.
Nota:
Die piesangs verkleur na die tyd, dit is hoekom ek net genoeg sous oor die piesangs gooi net voor ek opdien, ek bêre die res van die sous, tot ‘n volgende keer, die sous hou baie lank in die yskas.
Bottel die sous warm en gebruik soos benodig.












