ONTBYT QUICHE

2015-05-10-quichetested
ONTBYT QUICHE
Brosdeeg uitgerol en in bak gesit en blind gebak vir so 20 min.
1 groot uie en n paar stingels prei.
Pak gesnipperde soek
Braai alles in pan tot mooi bruin.
Sout en peper en spesery na smaak
Laat die deeg n rukkie staan.
Gooi gerasperde kaas in die bak versprei dit oor die bodem.  Gooi die uie mengsel oor die kaas.  Klits 4-6 eiers met halwe koppie melk en halwe koppie room en gooi oor die mengsel.
Gooi nog gerasperde kaas oor en bak in oond tot gaar.
Bron:  Ertjies de Witt




ADAM’S SPINACH AND FETA QUICHE

2015-05-08-fetaquiche_a(1)tested
ADAM’S SPINACH AND FETA QUICHE
1/2 cup butter
1 teaspoon bottled minced garlic
1 small onion, chopped
12 ounces shredded sharp cheddar cheese, divided (350g)
1 cup milk
4 eggs, lightly beaten
salt & pepper, to taste
1 (10 ounce) box frozen chopped spinach, thawed & squeezed dry
6 ounces feta cheese with dried basil and tomato, crumbled (175g)
1 (4 ounce) jar sliced mushrooms, drained (125g)
1 frozen deep dish pie shell, slightly thawed

Directions:
Heat oven to 190°C (375°F)
1 In large skillet, sauté onion and garlic in butter, app. 5 minutes or until just soft. Remove from heat.
2 Stir in 6 oz. cheddar, the feta cheese, mushrooms, and spinach. Mix well; place into pie crust.
3 In medium bowl, whisk together the eggs, milk, salt, and pepper. Pour over spinach mixture, poking holes to allow the egg mixture to seep inches.
4 Bake 15 minutes. Top with remaining 6 oz. cheddar, continue baking 40 minutes, or until knife inserted in centre comes out clean.

RECIPE: Adrian Olivier
PHOTO: Adam Cloete




GROENTESOP MET BRISKET

2015-05-06-dishmapstested
GROENTESOP MET BRISKET
Ek gebruik altyd brisket vir my sop. Skil so 6 aartappels en los in bak water. Kook die vleis vir so uur in ‘n pot met water, sout, peper en ui.
Rasper 6 groot aartappels
1 pak wortels, stukke gesny of gerasper
1 pak seldery gekerf
2 groot uie gekerf
1 pakkie murgpampoentjies gerasper
1 blik geskilde tamaties
1 groen soetrissie opgesny
Sit al die groente by die vleis in die pot, vul die water aan indien nodig en kook alles lekker stadig deur op medium hitte, as dit water kort, voeg die water van die aartappels by, die stysel maak die sous lekker dik.
Wanneer die sop gaar is,  en al die groente sag, meng ‘n pakkie beesstertsop met bietjie melk en roer deur die sop.
Laat prut en bedien dan saam ‘n lekker broodjie.
Bron: Tanya Erasmus
Foto: Dishmaps




HUISGENOOT SE PAMPOENPOFFERTJIES

tested
HUISGENOOT SE PAMPOENPOFFERTJIES
Meng die volgende:
750 g saggekookte fyngemaakte pampoen
2 eiers
100 ml suiker
5 ml sout
500 ml bruismeel
15 ml bakpoeier.
Skep klein skeppies is warm olie en bak tot goudbruin.
Sous-
325 ml suiker
250 ml water
125 ml melk
30 g margarine
knippie sout
kaneel stokkie

Verhit alles en roer 10 ml maizina gemeng met bietjie water by. Gooi kokende stroop oor pampoenkoekies.
Resep geplaas deur Lettie de Villiers
Foto:  Ivanda Venter




POTBROOD SONDER SUURDEEG

 

2015-05-06-potbroodtested

POTBROOD SONDER SUURDEEG
500 ml broodmeel
20 ml bakpoeier
5 ml sout
1 eier
+_ 500 water

Sif droe bestandele saam. Voeg geklitste eier by asook genoeg water om n sagte deeg te vorm. Meng goed. Plaas deeg in n warm, goed gesmeerde of geoliede ysterpot. Bak 1 uur lank by 180 grade C, of hol wanneer jy op hom klop

Het my seun gekry om dit te doen. Ons het self gemaalde koring (met koringkiem) gebruik.
Die eerste sny net met egte botter, die 2 de met tuisgemaakte appelkooskonfyt.
Hierdie POTBROOD SONDER SUURDEEG is heerlik, probeer gerus
Bron:  Herman Pypers




MEATBALLS IN PINEAPPLE BARBEQUE SAUCE

 

2015-05-04-meatballs

For the sauce,
½ cup cider vinegar
½ cup pineapple juice
½ cup ketchup
1½ tbsp. soy sauce
1½ tbsp. honey
2 tbsp. dark brown sugar
1 tsp. Worcestershire sauce
¼ – ½ tsp. red pepper flakes, depending how hot you like it
½ cup pineapple tidbits (I used canned but you could use fresh)
1 tsp. cornstarch mixed with 2 tbsp. water
For the meatballs,
1 lb. ground beef
1 large egg
¼ cup panko bread crumbs
½ tsp. seasoning salt
¼ tsp. freshly ground black pepper
½ tsp. garlic powder
¼ tsp. onion powder
1 tbsp. Worcestershire sauce

To make the meatballs, combine the beef, egg, breadcrumbs, and seasonings in a large bowl. Combine all the ingredients gently with your hands, don’t over mix. Shape the mixture into 1 inch balls.
I like to make my meatballs a few hours in advance and keep them in the fridge. I find they set up a bit and get crisper when you bake them.
Heat the oven to 425 degrees. Spray a baking sheet well with non-stick spray. Arrange the meatballs in a single layer on the pan and cook for about 20 minutes until well browned and crisp. I turn the meatballs over halfway through cooking. Drain the meatballs on a paper towel before adding to the sauce.
To make the sauce, combine the vinegar, pineapple juice, ketchup, soy sauce, honey, brown sugar, Worcestershire sauce and red pepper flakes in a large pot.
Whisk until well combined. Heat over medium heat until the sauce comes to a boil. Reduce the heat to low and simmer for 20 minutes.
Combine the cornstarch and water in a small bowl and add to the sauce. Stir to combine; the sauce will thicken up very quickly.
Add the meatballs to the sauce as well as the pineapple tidbits.
Allow the meatballs to simmer in the sauce for about 5 minutes before serving.
Source: My Tiny Oven




FILLET ONTBYT VIR TWEE

 

2015-05-02-filletbrekvistested

FILLET ONTBYT VIR TWEE
300 g fillet, in baie klein blokkies gesny
½ teelepel sout
½ teelepel Masala
½ teelepel growwe peper
1 eetlepel Balsamiese asyn
1 eetlepel olyfolie

Spesery die gesnyde vleisies met die speserye en roer mooi deur, laat staan oornag in die yskas,
Gooi die vleisies in ‘n pan, en skep so 1 eetlepel ATCHAR daarby (hierdie was tuisgemaakte UIE Atchar)
Braai op ‘n warm plaat net vir 30 sekondes, totdat die vleis vaal is.
Skep die helfte in daai 2 eier pannetjie.
Breek 2 eiers oor die vleis en bak totdat die eiers begin wit raak.
Giet nou so 2 eetlepels lekker vars room oor en bietjie pietersielie en bak vir nog so 30 sekondes.
Wanneer dit in die bord land, kom daar gerasperde kaas oor en ‘n groenerigheid vir die mooi.
REESEP EN FOTO:  Stefaans Blaauw




MAKATAAN KONFYT EN BLATJANG( jdp )

2015-05-02-makataanchutneytested

MAKATAAN KONFYT EN BLATJANG( jdp )
Vir die konfyt
Skil skywe van die makataan dun af, verwyder die pitte en kerf die hele vrug of maal deur 13 mm sif
Weeg dit en voeg 1 kg gerasperde pynappel by vir elke 4 kg makataan. Voeg 500 ml water by die 5 kg vrugte en kook vir 15 minute lank.
Voeg 375 g suiker by vir elke 500 g vrugte. (4 kg makataan + 1 kg pynappel = 5 kg dws. 3.75 kg suiker per 5 kg) Roer tot suiker opgelos is en kook klaar soos vir fyn appelkooskonfyt.
Bottel warm.
WENK :
Indien die dik wit gedeelte van die makataan gebruik word vir heelstuk konfyt kan die binneste deel gebruik word vir die fyn konfyt.
Vir die Blatjang:
Vir elke 2 liter fyn makataan konfyt:
4 gekapte uie
3 koppies pynappel blokkies
2 koppies asyn
15 ml kerrie
10 ml gemmer
15 ml sout
25 ml gedroogde rissie (kan aangepas word na smaak)

Kook al die bestanddele saam goed deur BEHALWE die konfyt. Verpulp dit. Gooi dan 2 liter konfyt by en kook stadig deur.
Bottel warm.
Foto en resep:  Johan du Preez (Snr)




VEGETABLE SOUP

 

2015-05-02-soptested

I basically brown my meat (shin bone-in and short rib) with onion and a little bit of garlic.
I then add my water and grated veggies and chopped leeks and celery and parsley.
Season well, add my 4-in-1 soup mix and plenty of marrow bones.
Let it cook for about 6 hours.
About a half an hour before its finished I add broken spaghetti to thicken it a bit.
Wholesome meal for a cold winter eve with toast, bread or croutons.
Source: Marinda Whitfield




WENKE OOR DIE WEEK VAN BONE VIR BOONTJIESOP

 

2015-04-30-robinrobertson

Annetjie Benade
Hullo ek wil net n dom vraag vrae , is dit n moet om die bone oornag te laat le in water voor jy sop maak met dit asb ?

Susara Wait: Dis nie n moet nie. Dit kook net gouer sag.
Jimmy Smit: Ek het dieselfde vraag gehad, het Myne al vanmiddag ingele, so ek gan hom halfpad kook vanaand. Dankie
Lottie Klopper: Sit net jou bone die volgende dag vroeer op of gebruik n stoompot
Estelle Krüger: Van Pletzen Ek was nog nooit suksesvol daarmee. Myne gis. So ek kook myne vir so 4 ure
Martie Janse Van Rensburg: Ek het dit nog nooit laat oornag nie gooi in stoompot met koue water geen sout as jy warm water oorgooi kook dit nie sag nie stoom vir n uur dan is dit baie sag ek maak baie boontjiesop nadat dit sag is gooi ek vleis en die ander bestanddele by asook geurmiddels
June Schutte Ek: gooi so 3 keer deur die dag warm water oor, dop hulle af dan gaan dit sommer gou
Karlen Storm: Nie as jy dit n n stoompot sit nie !
Lorraine Marais Saffy: Drukkoker werk wonders!
Estelle Krüger Van Pletzen: Moet dit nie kook met sout nie sit die soutbso half uur voor die einde in
Annetjie Benade: Ok dankie julle , as ek dit in water laat le , wat virkies julle warm water of koue water en hoe lank kan ek dit hou in water en nog n ding die bone wat bo le gooi n mens mos weg , en die water wat jy dit in le ook ne ?
June Schutte: Warm water los tot heeltemal afgekoel herhaal so 2 of 3 keer, spoel mooi af met skoon water en kook. Ja die boontjies wat bo le gooi ek ook weg saam met die water vars water saan boontjies in pot en kook
Estelle Krüger Van Pletzen: Nee sit vars water in om mee te kook
Annatjie Scheepers Visser: As jy boontjie sop maak gooi dit saam jou vleis in en hul gaan saam die vleis reg wees, die gewekery voel so of mens die voedsaamheid verminder. Ek maak baie boontjie sop sonder n drukpot en beloof dat na jy jou groente en ander goedjies by gooi die bone sag sal wees, geniet!!
Ursula Mensing Peens: Nee, spoel die bone net goed voor jy dit kook.
Pattie Rossouw: Laat jou bone net vir so rukkie goed opkook, laat staan tot afgekoel, en gooi water af! Spoel goed af. Jy sal vind dat jy nie soveel GAS in jou sisteem opbou nie. Kook dan verder met al jou ander bestanddele
Amanda Struwig: Annetjie, nog ‘n oorsaak is dat die boontjies gis omdat die water nie gereeld genoeg afgegooi afgespoel en met koue water vervang word nie. Boontjies gee toxin/ gifstof af wat phytohemagglutinin genoem word. (Elize Grobbelaar)
Amanda Struwig: Amanda Conradie het die volgende antwoord:
“All legumes, including black beans, contain a compound called phytohenagglutinin, which can be toxic in high amounts. This is a major concern with red kidney beans, which contain such high levels of this c…Sien Meer
Minky Swiegers: Hallo Annetjie, ek maak gereeld sop van droè bone, erte ens en dis onnodig om eers te week. Ek gooi als in ‘n stoompot met slegs Kruie, gedroogde of vars rissie, seldery, preie en enigiets anders afhangende wat ek wil hè, baie vleis al is dit nog bevro…Sien Meer
Christina De Jager: ja wel as jy dit nie soak nie en afwater nie weet jy mos wat die gevolge is, baie baie windmakerig
Minky Swiegers: Ek kook al Baie jare my sop so in die drukkoker – het voorheen ‘n gewone pot gebruik, maar dit kook dan baie ure langer. As bone baie lank gekook word, is daar nie toksienes in nie – kyk na die Engelse stuk wat deur iemand anders geplaas is. Ons het oo…Sien Meer
Lorraine van der Westhuizen: More Annetjie daar bestaan nie iets soos ‘n dom vraag nie hoor mense wat nie vrae vra nie kan nie leer nie , ek baklei nie asb se maar net maar ja dit is net lekkerder as jy dit oornag .
Magda Paulsen: Ek kook my bone in n slowcoocker oornag, dan is die kooktyd baie korter…
Michelle van der Vyver: Boontjies veroorsaak gas en daaroor moet jy dit maar oornag staan of so n pr maal afspoel en weer laat week voordat jy dit kook
Ria Magdalena Susanna: Ek week gladnie my bone voordat ek sop maak nie, maar kook dit goed, en nadat dit n ruk gekook het, spoel ek dit deur die vergietes totdat die water helder deurkom, gooi terug in die kastrol met skoon water, kook verder. So spoel ek dit vier keer, en voeg dan my finale water, uie, kookvleis, en alles wat ek in die sop wil he by en kook my soppies, heerlik!!
Louise Groenewald: Ek glo weer dis ‘n moet. Dit maak vir my ‘n verskil.
Louise De Kock: Hi Annetjie, ek weet as mens lus is vir sop, is dit nie eers die volgende dag as dit klaar gesoak het nie. Ek koop Borlotti boontjies in die blik “ag nee, nie dit nie”, smaak net so lekker of tot beter
Marisa Vosloo: Ek het altyd geglo die lang wekery help om die bone minder gas te laat veroorsaak in die spysverteringskanaal. Die weekwater moet afgegooi word. En natuurlik vryf die doppe baie makliker af. Verder is dit so dat jy nie sout moet byvoeg voordat dit reeds saggekook het nie (nes met droee ertjies), anders kook hulle net nooit sag nie.
Minky Swiegers: ….En ek glimlag oor die gestry of bone gas maak of nie. Alle kos gis in jou maag….en die groente, preie en uie maak ook gas… Wat maak dit alles saak, solank dit Lekker smaak EN alle moontlike voedingswaarde behou… Sodra mens gaar kos in water afspoel, is Alle wateroplosbare vitamines WEG…. So, geniet in vrede jou eie kokery met of sonder voedingswaarde – dis elke kok se eie keuse. Mooi aand!!
Foto:  robinrobertson