BRANDEWYNPRUIME

BRANDEWYNPRUIME
Weeg die pruime af en gebruik vir elke 500 g pruime 250 g melassesuiker en 1 stokkie kaneel.
Dompel die pruime vir 3-4 min in kookwater, dreineer en trek die skille af.
Plaas die pruime en suiker in lae in ‘n fles en voeg die kaneel by
Vul die fles met brandewyn
Verseel die fles en laat die pruime minstens ‘n maand lank op ‘n koel, donker plek masereer voor gebruik.




BEESTONG IN TAMATIE-SAMPIOENSOUS

tested

BEESTONG IN TAMATIE-SAMPIOENSOUS
1 vars of gepekelde beestong
1 groot ui, fyngekap
30 ml kookolie
1 x 285 g heel sampioene
125 ml tamatiesous
125 ml asyn
30 ml suiker
10 ml aangemaakte mosterd
10 ml sout
1 ml peper

As ‘n gepekelde tong gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word. Bedek die tong met vars koue water en kook dit tot sag – sowat 40 minute in ‘n drukkastrol. Laat die tong in die tong-aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel van 20 x 20 cm.
Braai die ui in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 – 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies.
Bak die tong 30 minute lank by 180ºC. Lewer 6 – 8 porsies.

Bron: Elda Lombard




KASERIGE BILTONGWIELE

KASERIGE BILTONGWIELE
Genoeg vir 4 mense
Dis wat jy nodig gaan kry:
50 ml gesoute botter
4 snye witbrood, korse verwyder
100 ml Marmite of Bovril
160 ml (⅔ koppie) grated Cheddar cheese
125 ml (½ koppie) biltongskaafsels

Smeer die botter aan weerskante van elke sny brood. Smeer die Marmite of Bovril op een kant van elke sny brood en sprinkel die kaas oor. Rol elke sny op soos ’n rolkoek. Sny in wiele van 2 cm. Rol die wiele in die biltongskaafsels en sit voor (die biltong behoort aan die botter vas te sit).




MURGBENE A LA ANCOISE

tested

MURGBENE A LA ANCOISE
Ek laat die slagter die murgbene vir my in 5 cm stukke sny. Neem n halwe sny wit brood vir elke murbeen. Krummel die brood en meng met die rou murg. Klein bietjie knoffel,.swartpeper en knippie kruie. Stop die bene met die vulsel en bak in oond vir halfuur tot murg gaar is.
Bron Ancoise Strydom




DUTCH APPELFLAPPEN

 

2015-07-20-dutchappelflappentested

DUTCH APPELFLAPPEN
Puff pastry
Crispy juicy sweet/sour apples 4 small
Sugar
Cinnamon

Preheat oven on 180 degressw C
Peel apples and slice in little cubes. Add some sugar and cinnamon. Some lemon juice if your apples are too sweet but don’t make your apple mixture too wet.
Cut Puff pastry in any size you want. I cut squares of 8cm x 8 cm.
Take a square of puff pastry and lay it down a bord with sugar (so one side of your pastry is covered with sugar). Scoop some of the apple mixture on the square and fold it like a triangle. Squeeze sides together and put them on a lined baking tray.
Bake till golden. If you want them extra shiny use an egg yellow on the outside of the pastry.
Source and Photo:  Tamara La Marca




PETRU SE GEBAKTE BOTTERSKORSIE MET UIE

 

2015-07-19-butternutoniontested

PETRU SE GEBAKTE BOTTERSKORSIE MET UIE
Ek sny my butternut ringe, geskil en ontpit en paak lae in ‘n oondvaste bak. Tussenin kan jy uie ringe pak. Dan meng ek ‘n halwe pakkie tot ‘n vol pakkie bruin uie sop poeier met ‘n houertjie room. Gooi die mengsel oor die pampoen, maak toe met foelie en sit in oond teen 180 grade c vir plus minus 45 min. Heerlik!
Bron: Petru Bezuidenhout
Foto: Food24




JESICHA SE ONTBYT MUFFINS

 

2015-07-18-jesichaseontbytmuffinstested

JESICHA SE ONTBYT MUFFINS
8 eiers
Halwe koppie milk.
Growwe sout en peper na smaak.
Klits saam.
Smoor bacon met uie.
Gooi eier mengsel in muffin pans
Plaas bacon en uie binnein.
As so gerasperede kaas.
Ek sit dit individual in sodat dit gelykop kan wees. Jy kan alles net saam meng ook. Die Smoor moet nie te Nat wees nie.  Dit het hard gereen so ek het nie kans gesien om fresh herbs te gaan pluk in die tuin nie. Oond was op 180.  Ek het nie gecheck hoe lank dit in die oond was nie. Het dit maar heeltyd gecheck. Tot die binneste gaar was.
Bron en Foto: Jesicha Carlson




GEBRAAIDE SKAAPBOUD EN PATATSKYWE

GEBRAAIDE SKAAPBOUD EN PATATSKYWE
‘n Lekker groot skaapboud (2 kg of meer)
1 bol vars knoffel
6 -7 takkies vars roosmaryn
1 koppie ekstra suiwer olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper
½ koppie rooiwyn
2 eetlepels garam masala (gebruik komyn as jy dit nie in die hande kan kry nie)
Sojasous
½ koppie suurlemoensap
3 groot patats – geskil en in skywe van 2 – 3 mm gesny
Paar eetlepels appelkooskonfyt

Ontbeen die boud (vra jou slagter as jy sukkel) en vlek oop sodat die vleis oral ewe dik is. Die boud het ‘n vetkant en ‘n vleiskant – gebruik ‘n skerp messie en sny die vleiskant vol kepies, so diep soos ‘n halwe vuurhoutjie en 2cm uitmekaar. Stop boud met van die knoffel en roosmaryn. Verf die boud met olyfolie en geur dit met sout en swartpeper.

Sous
Meng die res van die olyfolie saam met die rooiwyn, suurlemoensap, garam masala, sojasous, die res van die knoffel en die roosmaryn-blaartjies in ‘n mengbak. Sit die sous en ‘n kwassie langs jou braaier. ‘n Enkele lagie kole wat jy van tyd tot tyd met meer warm kole aanvul, is al wat jy nodig het. Sit die rooster hoog, omtrent ‘n voorarmlengte van die kole af. Sit die boud op met ‘n groot oondbak deksel bo-oor sodat die boud in sy eie oondjie bak. Draai hom elke 5 minute om en verf hom met die sous. Na 30 minute meng jy ‘n paar eetlepels appelkooskonfyt by die orgie bedruipsous en gee die boud ‘n glanslagie aan elke kant. Dit behoort na sowat 40 tot 50 minute reg te wees, bros buite, ligpienk binne. Verf die patat skywe met olyfolie terwyl die boud gaar word en braai dit eenkant op die rooster. Druk ‘n vurk in om seker te maak. Jy kan ook ‘n bietjie garam masala oor die tjips strooi – die soetigheid van die patat werk goed saam met speserye




GEVORDERDE BROODTERT

 

broodterttested

GEVORDERDE BROODTERT
6 snye brood, korsies afgesny. Die brood moenie baie vars wees nie. Sny in blokkies.
Voeg ongeveer 1k lou melk by en meng tot amper soos slappap lyk.
Voeg 6 eiers by en meng.
Voeg nou die volgende by en meng goed.
Half blikkie bully beef, fyngedruk
1/2 pakkie bacon, fyn blokkies gsny
3 viennas, in die lengte in kwarte gesny en dan in klein blokkies
1 fyn gekapte ui
3 skyfies ham, fyngekap
Half pakkie mushrooms, fyn gesny
Half green pepper in blokkies gesny
1 k fyn gerasperde kaas
Meng alles goed en smeer n oondbak en giet in die bak. Bak ongeveer 1 uur in matige oond of tot bruin bo-op en gaar. My oond se deur seel nie mooi so hy vat altyd so bietjie langer.
Vir variasie kan mens fyn gekapte spinasie of baby marrows ook byvoeg.
Bron en Foto:  Jacques Marianne Van Niekerk




TRACY SE INGELEGDE BEETSLAAI

2015-07-17-tracyseingelegdebeetslaaitested

TRACY SE INGELEGDE BEETSLAAI
8 kg rou beet gekook (gerasper sal dit 24 koppies maak)
3 koppies gerasperde ui
½ teelepel swart peper
2 teelepel sout
12 koppies suiker
8 koppies wit asyn

Was beet skoon af. Sny blare af. Plaas in koue water. Bring tot kook punt. Kook 40 minute of tot sag. Skil beet af en rasper. Voeg gerasperde ui by en meng goed. Sprinkel met sout en peper en meng goed.
Bring asyn en suiker op tot kook punt, voeg beet by en bring weer tot kook punt. Kook vir 15 minute. Bottel in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
Resep en foto:  Tracy Minny