GESMOORDE VARKTJOPS MET PIESANG

tested

GESMOORDE VARKTJOPS MET PIESANG
3 groot varktjops;
meelblom;
3 piesangs
Sous
25 ml fyngekapte uie;
125 ml tamatiepuree;
125 ml water;
30 ml asyn;
125 ml Worcestersous;
6 ml sout;
1 knypie rooipeper;
1 ml gemmer;
knypie fyn naeltjies;
1 ml fyn kaneel
Verhit die sousbestanddele saam en bring tot kookpunt.
Vee tjops met ’n klam doek af en rol in meelblom. Braai oor hoë hitte aan weerskante bruin en skep dan 12,5 ml sous bo-op elke tjop. Rangskik in Pyrexbak. Sit deksel op en bak vir 10 minute by 180 °C.
Keer tjops om en skep sous oor die ander kante. Verminder temperatuur.
Met deksel op, bak vir ongeveer 35-40 min.
Tien minute voor die tjops gereed is word die geskilde piesangs middeldeur gesny en op die vleis gerangskik. (Keer hulle een of twee keer versigtig om.)
Bedien in warm opdienbak. Rangskik piesangs rondom en versier met pietersielie.
Bron: Bettie van Tonder




HANNES SE HOENDERPOT IN DIE OOND

2015-07-26-hannessehoenderpotindieoondtested

HANNES SE HOENDERPOT IN DIE OOND
Sprinkel ‘n laag rys met gekapte uie onder in oondbak.
Los hoendersousblokkie op  in ‘n halwe koppie kookwater en giet bo oor.
Pak ‘n laag gevriesde gemengde groente.
Plaas hoender heel bo.  Geur met Bbq spice, knoffel.
Pak uieringe bo-oor en sprinkel met olyfolie.
Bak tot goudbruin. Sit ‘n blokkie botter op elke porsie en laat net smelt in die oond. Bedien met tuisgebakte brood.
Vir n soet sout variasie. Doen als dieselfde maar ipv speserye op die vleis. Smeer mildiglik met appelkooskonfyt, dan mayonaise en sprinkel bruinuie soppoeier en bak. Moet nie die hoeder draai nie. Dis nou comfort food of note.
Lekker sticky Jam hoender en al die geure en sous kook in juicy rys in.
Bron en foto:  Hannes Coetzee




LAMSVLEIS STOWEGEREG

tested
LAMSVLEIS STOWEGEREG
1 kg skaapboud, blokkie gesny
12,5 ml botter
5 ml olie
2 uie, gekap
1 knoffelhuis, gekneus
25 ml tamatiepuree
20 ml blatjang
700 ml vleisaftreksel
sout peper na smaak

Braai vleisblokkies in verhitte botter en olie. Voeg uie en knoffel by en soteer. Verhit tamatiepuree en blatjang en voeg by vleis. Voeg vleis aftreksel by. Geur met sout en peper. Prut 1 ~1 ½ uur lank. Dien warm saam met Drostdy Hof Claret Select op.
Bron: Elda Lombard




KAASSKONS TERWYL JY TEEWATER KOOK

 

2015-07-26-skonsterwyljyteewaterkooktested

KAASSKONS TERWYL JY TEEWATER KOOK
Vinnig, maklik en lekker! Bak dit sommer gou terwyl jy teewater kook.
1 koppie meel
1 koppie melk
1 koppie kaas
10 ml bakpoeier
5 ml sout

Meng alles. Bak By 180°C tot gaar 10-15 min.

Bron: Lisa Volbrecht
Foto: Marietjie du Toit




SAGTE BROSKORS PASTEIDEEG

 

2015-07-25-sagtebroskorspasteideegtested

SAGTE BROSKORS PASTEIDEEG
500g gewone koekmeel
500g botter
1 koppie kookwater
knippie sout
Sny die botter in blokkies en giet die kookwater daaroor. Roer tot die botter gesmelt het. Indien nodig, soos in baie koue weer, plaas dit in ‘n kastrol op baie lae hitte op die stoof om die smeltproses aan te help. Sif die koekmeel en sout saam en voeg by die gesmelte botter. Meng goed en krap dit uit op waspapier. Draai toe en plaas in die yskas vir ten minste 30 minute. Rol uit soos jy skilferdeeg sal uitrol. Rol vinnig maar liggies tot redelik dun en vou die deeg op tot ‘n vierkant. Rol weer uit en doen dieselfde. Plaas terug in die yskas vir ten minste 10 minute. Herhaal die proses en plaas weer terug in die yskas tot gereed vir gebruik. Rol vir oulaas uit en gebruik soos benodig. Verf met geklitste eier en bak by 180ºC vir 30 minute tot goud bruin.
Bron en foto: Adam Cloete.




SAVORY BREAD WITH MRS HS BALLS

 

2015-07-25-savorybreadwithmrshsballs

SAVORY BREAD WITH MRS HS BALLS
30 ml Mrs.H.S.Ball’s Original Chutney
150ml of white wine
100 ml olive oil
4 eggs
½ teaspoon salt
2½ cups all-purpose flour
1 teaspoon of baking powder
150g grated white and yellow shredded mild cheddar
1 bunch of finely chopped grass onions / spring onions
80g crumbled bacon pieces
275g deli corned beef (cubed)
375ml bottle of black olives (or if you have, you can use ½ black and ½ green olives), cut smaller – preferably used pitted olives – easier to work with.
1 teaspoon dried salad herb blend (I did not have any parsley)
Instructions
In a large bowl, whisk together the wine, oil, eggs and salt.
Then start by adding the flour and baking powder. Do not mix
Chop the onion finely, add the bacon and sliced olives, parsley and cut the deli meat – just pile them all one on top of the other.
Lastly add the Mrs.H.S.Ball’s chutney and grated cheese and mix.
Pour into a buttered bread pan and sprinkle some more salad herb over the top, before placing in the oven.
Bake in the oven for ±1 hour at 360°F (180°C)
Tip: When you measure the wine (at the very beginning), be sure to pour a glass for yourself, to sample and enjoy while preparing the bread! I can promise you, it’s yummy!!
Please be careful with the salt, if you use a salty deli meat, it may be best to not use the ½ teaspoon salt indicated in the recipe. I had a slice with a cuppa coffee, and its super moist and so good.
Source: Esme’s kitchen (highly modified from the original version)




YOGURT AND FRUIT JELLY

fruit and jelly

YOGURT AND FRUIT JELLY
Serves: 4
1 pk – 80g Sugar free jelly powder,
1 small – 90g Banana, peeled and cut into pieces,
1 cup – 150g Pawpaw, cubed,
1 cup – 250ml Fat free plain yoghurt,
2 meduim – 110g Kiwifruit, sliced,
1 tin – 30g Granadilla pulp, 
Cooking instructions
Prepare jelly according to the packet instructions and leave to cool.
Liquidise the banana and pawpaw for a few seconds.
In a large bowl, mix together the yoghurt, jelly and fruit purée.
Divide the jelly mixture into serving glasses, approximately 200ml in each glass.
Cover and refrigerate overnight.
Just before serving, garnish each jelly glass with two slices of kiwifruit and one teaspoon of Granadilla pulp




WENK VIR PASTEITJIES WAT ONDER LIG BLY EN NIE DEURBAK NIE

 

2015-07-24-pasteitjiestested

WENK VIR PASTEITJIES WAT ONDER LIG BLY EN NIE DEURBAK NIE
As ek groot maat pasteitjies maak gebruik ek nie die pie maker nie maar wel my pie pannetjies, en omdat ek vind dat met puff pastry is die deeg so bietjie bleek onder, en soms nie reg deur gekook nie, vries ek my pies en dan haal hulle uit die pannetjies en bak, dan het die pasteitjies ‘n wonderlike crispy buttery pastry wat reg om heerlik is.
Hierdie wenk is baie beproef en net ‘n sukses.. geniet die pasteitjies
Wenk deur Tracy Minny
Foto: Carina D Van Aardt




MAALVLEIS EN MIELIERYS FRIKKADELLE

MAALVLEIS EN MIELIERYS FRIKKADELLE
650 gram maalvleis
160 ml vars broodkrummels
10 ml Worcestersous
300 gram gaar mielierys (500 ml)
160 gram Cheddarkaas, gerasper (400 ml)
olie vir braai.

Meng alle bestanddele behalwe kaas.
Vorm vleismengsel in 16 plat koekies.
Plaas op 8 van die koekies kaas en bedek met ander koekies.
Druk kante stewig vas om te verhinder dat kaas gedurende braaiproses uitloop.
Braai in vlak olie tot gaar.
Bron: CAROL VAN HEERDEN




SPESERYPRUIME IN ROOIWYN

2015-07-22-plums-in-wine1

SPESERYPRUIME IN ROOIWYN
2 stokkies kaneel
1 liter droë rooi wyn
400 g karamelsuiker
6 heel naeltjies
6 wonderpeperkorrels
1.6 kg rooi pruime
Breek die kaneel in skerwe op. Voeg die wyn, suiker, naeltjies en wonderpeper daarby. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt, roer aan die begin totdat die suiker opgelos is en prut dan vir 5 min.
Prik die pruime met ‘n stopnaald. Voeg dit by die wynstroop en verhit dit stadig tot kookpunt. Skep die pruime in ‘n enkel laag in ‘n bak en giet die wynstroop oor. Bedek die bak met kleefplastiek en laat die pruime 12 uur lank in die stroop lê.
Plaas die pruime tesame met die stroop terug in die kastrol en verhit dit stadig totdat die stroop begin kook. Skep die pruime terug in die bak en giet weer die stroop bo-oor. Bedek en laat weer 12 ure staan, roer af en toe baie versigtig om.
Giet die pruime tesame met die stroop vir oulaas terug in die kastol en verhit baie stadig tot die stroop kook. Skep die pruime met ‘n gleuflepel in die voorbereide flesse en vul die flesse stadig met die stroop. Seël die flesse wanneer die inhoud afgekoel het. Laat die pruime minstens 4 weke lank ryp word voor gebruik.