POTJIE LEKKERTE – LAMSBOUD GESTOP MET SPEK

 

tested

POTJIE LEKKERTE – LAMSBOUD GESTOP MET SPEK
1,5 kg supergraad lamsboud
250 g swoerdlose streepspek of rugspek
4 – 5 huisies knoffel, fyngemaak
15 ml Ina Paarman gegeurde sout
vars gemaalde swart peper
4 ml speserye vir Tjops & Biefstuk
Sous:
15 ml Mielieblom (Maizena)
2 ml souspoeier (Bisto)
15 ml droë Sherry
30 ml room
tinfoelie

Steek met ‘n skerppuntmes diep snye oral in die boud en stop met stukkies spek. Vryf die knoffel oor die boud en vryf dan die gegeurde sout, peper en speserye in.
Draai die boud deeglik in tinfoelie toe en plaas in potjie oor medium kole. Plaas ook ‘n paar kole bo-op die deksel. Maak die boud stadig gaar vir omtrent 3 ure terwyl die kole gereeld aangevul word om die hitte eweredig te hou.
Verwyder die boud uit die potjie en maak die tinfoelie oop. Skep die sous uit die potjie en hou dit eenkant. Plaas die boud terug in die potjie en braai die boud bruin aan weerskante oor warm kole. Verwyder die boud en hou warm.
Om die sous te maak: Skep die vet van die sous af wat eenkant gehou is. Gebruik 150 ml van die sous en plaas in die potjie asook 150 ml water. Proe of nog sout nodig is. Bring sous tot kookpunt oor warm kole. Meng die mielieblom met ‘n bietjie van die orige sous en verdik die sous in die potjie. Voeg ook die souspoeier, Sherry en room by.
Sny die boud in skywe en plaas op ‘n dienbord. Bedruip die boud met van die sous en bedien die res van die sous apart.

Bron en foto: Louise Groenewald




VARK-SAMPIOEN EN PASTA PASTEI

2015-09-18-vark,sampioenenpastapasteitested

VARK – SAMPIOEN EN PASTA PASTEI
500 g vark skenkel (of ander varkvleis) in blokkies gesny
125 g gekapte spek of gerookte worsies
1 gekapte ui
25 ml olyfolie
1 fyngemaakte knoffeltoontjie
300 g sampioene in skyfies gesny
125 g gaar pasta
sout en peper na smaak
125 ml wit wyn
125 ml groente aftreksel
ongeveer 50 ml sousverdikker soos bisto
25 ml dik room of plein jogurt
1 geklitste eier.
Pofdeeg of Slapdeeg. Ek het die slap lui huisvrou deeg gebruik. Sien link hieronder.

Braai die spek in die olyfolie en verwyder van die pot. Braai die vark, uie en knoffel in dieselfde olie tot goudbruin. Verwyder en braai dan die sampioene liggies tot gaar in dieselfde pot. Plaas die spek, vark en uiemengsel terug, voeg die wyn en aftreksel by en prut met ‘n digpassende deksel op tot die vark baie sag is. Voeg nog vloeistof by indien nodig en geur met sout en peper. Voeg die sampioene en sousverdikker by en prut verder tot die sous goed dik is. Roer gereeld in hierdie proses. Voeg die room of jogurt by, verwyder van die stoof en laat effens afkoel. Plaas die mengsel oor in ‘n pasteibak en bedek met die kors. Bak by 180ºC tot die kors reg is volgens die instruksies daarvan.
Nota: Die pasta is bygevoeg om die vleis bietjie te rek. Dit kan weggelaat word en meer vleis gebruik word, in welke geval dit dan net ‘n Vark en Sampioen pastei sal wees.
Link vir slap pastei kors: http://www.foodloversrecipes.com/…/die-lui-huisvrou-pastei…/
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete




BROODBROERS OF -SISTERS

BROODBROERS OF -SISTERS
Foto:  Santie Carelse
FOOD LOVERS RECIPES
Koeksisterstroop:
6 koppies suiker
4 ½ koppies water
Kook vir 10 minute.
Voeg nou by:
1 eetlepel stroop/ heuning
½ teelepel gemmer
½ teelepel kaneel

Kook weer alles saam vir ongeveer 4 minute.
Laat koud word en plaas oornag in vrieskas.
Haal so 45 minute voor gebruik uit.
Broodblokkies:
Koop ongesnyde brood en laat staan vir 1 dag.
Sny brood in ongeveer 2 cm snye. Sny korsies af.
Sny dan elke sny brood in 3 vingers. Sny elke vinger weer in 3 blokkies.
Braai blokkies is diep olie tot goudbruin. (Oppas dit brand maklik).
Doop dadelik in koue stroop.




MARTIE SE VARKDIS

tested
MARTIE SE VARKDIS
Gee vir julle my varkdis, (jy kan bees ook gebruik) maak dit gereeld in die winter en kan so ses mense voed, met krakerige brood of rys of kapok ertappels.
1 Kg vark blokkies met vet aan
2 groen pepers in repies
2 uie gekap
4 knoffelhuisies fyn
1 E vars marjolien og orego
vars tiemie
2 t komyn gemaal
1 suurlemoen se sap en skil
1 blikkie tamatiepasta
1 blikkie botterbone
1 blikkie boontjies in tamatiesous
1 blik gekapte tamaties
1 bief blokkie
1 k water
1 k bier of of wyn.
sout en pepepr
1 E suiker
1 blikkie rooibone
2 tot 3 brand rissies

Pak lae in oondskottel, bak stadig in oond 150g vir omtrent 3 ure, die aroma en smaak is heerlik.
Bron: Martie Fourie Moolman




SUPER MOIST FRESH APPLE CAKE

2015-09-13-supermoistfreshapplecaketested
SUPER MOIST FRESH APPLE CAKE
4 eggs
1 cup oil
2 cups sugar
3 cups flour
4 granny smith apples peeled and grated
1 cup maas / orange juice / black tea / water
1 cup pecan nuts roasted and broken –optional
2 teaspoon vanilla
1 teaspoon salt
1 teaspoon bi-carb of soda
2 teaspoon cinnamon
1 teaspoon nutmeg, allspice, ginger each
¼ teaspoon cloves
Glaze:
1 cup water
½ cup brown sugar
½ cup honey

Whisk eggs and sugar until creamy and thick.
Add the oil slowly.
Add vanilla.
Sift all the dry ingredients 3 times.
Add the dry ingredients with the liquid.
Fold in the apples and nuts.
Pour into a greased bundt tin.
Bake at 160°C for about 1 hour.
Bring the glaze to a boil for 5 minutes and pour over the hot cake.
Allow the cake to rest and the flavours mature for at least 1 day.
Note
You can use 1 cup of brown sugar for the glaze and leave the honey out.
I have made up this recipe to accommodate my Jewish New Year, which symbols are Apples and Honey.
Source and Photo:  Rina Groer




MEKSIKAANSE LAMSVLEIS

MEKSIKAANSE LAMSVLEIS
IN JOU ELKTRIESE BRAAIPAN OF OP DIE STOOF IN ‘N PAN MET ‘N DEKSEL
1 kg lamtjops
1 blik (410 g) tamatiepuree
50 ml gekapte uie
37.5 ml worcestersous
5 ml rissiepeper
2.5 ml gemaalde naeltjies
12,5 ml meelblom
1 beefaftrekselblokkie aangemaak met 100ml warm water
50 ml asyn
5 ml sout
5 ml paprika
2.5 ml knoffelsout
2 ml kaneel
2 ml rooi peper

Plaas ‘n bietjie olie in die braaipan/pan op hoë hitte. Wanneer rook uittrek, braai die vleis goed bruin.
Verminder die hitte graad na “prut”. Meng al die ander bestanddele saam en giet oor die vleis.
Meng goed. Plaas deksel op met die luggat toe en laat liggies prut tot gaar (1 uur 30 min).
As vloeistof te gou wegkook, voeg ‘n bietjie meer aftreksel by.
Dien op saam met rys en Franse slaai.




VARKTJOPS IN WYN EN PYNAPPELSAP

tested
VARKTJOPS IN WYN EN PYNAPPELSAP
(ELEKTRIESE BRAAIPAN OF OP DIE STOOF IN ‘N PAN MET ‘N DEKSEL)
8 Lekker varktjops
Meng die volgende saam en bedek die tjops albei kante met die mengsel
25 g koekmeel
5 ml salie
2 ml sout
2 ml paprika
Braai albei kante bruin in ‘n bietjie olie in die braaipan/pan. Verwyder die tjops en dreineer die oortollige olie.
Meng die volgende bestanddele en gooi oor die tjops
100 ml wit wyn
50 ml sojasous
5 ml droe mostert
25 ml bruinsuiker
500 ml pynappelsap
2 huisies knoffel fyngestamp

Plaas die deksel op en prut saggies totdat die tjops sag is, ongeveer 1- 1 en ‘n half ure.
Wanneer die vleis gaar is, verwyder en verdik die sous met 25 ml mielieblom gemeng met bietjie koue water.
Kook vir 3 minute. Plaas die tjops terug en dien op saam met sjinese rys en groenertjies.




KOPPIE VAN ALS TERT

koppie van als terttested
KOPPIE VAN ALS TERT
Tert
1k koekmeel
1t bakpoeier
1k gerasperde kaas
1k melk
1 ekstra groot eier
Sous
2e botter
1t marmite

Stel oond op 180c
Tert: sif koekmeel en bakpoeier in groot meng bak
Voeg kaas by en roer tot goed gemeng
Klits melk en eier tot goed gemeng
Voeg melkmengsel by meelmengsel en meng liggies
Skep in ronde oondvaste tertbord met 22 cm deursnee wat met kossproei gespuit is.
Bak vir 20min of tot toetspen skoon uitkom
Sous: plaas botter en marmite in glasbeker en mikrogolf tot gesmelt
Gooi sous bo-oor warm tert sodrae uit oond kom!
Sit tert lou warm voor

Foto:  Ronél Nieuwoudt




TRACY’S PEPPERMINT CRISP FRIDGE TART

2015-09-11-tracysepeppermintcrisptart
TRACY’S PEPPERMINT CRISP FRIDGE TART
The night before place a can of evaporated milk into the fridge.
Line a 9 inch springform pan with baking paper.
Crust:
1 packet tennis biscuits,
1/2 cup sugar,
1/2 cup melted butter.
Mix well till combined. Press into the lined pan.

Filling: 1 can cold evaporated milk
400g caramel condensed milk = 1 can
3 Nestle peppermint crisp chocolates (grated)
3 Tbsp gelatine mixed into 1 cup hot water (keep stirring
until dissolved.

Whip the evaporated milk until almost triple in volume. Add the rest of the ingredients and whip until well combined. Pour over the crust in your spring form pan. Place in your fridge until set. Preferably overnight.
Source and Photo:  Tracy Minny




HEERLIKE BEES KOOKVLEIS IN ELEKTRIESE STOOMPOT

tested
HEERLIKE BEES KOOKVLEIS IN ELEKTRIESE STOOMPOT
Resep: Peggy Devine
FOOD LOVERS RECIPES
1,5 kg bees kookvleis
1 groot ui
5 aartappels geskil en gehalveer
2 eelepel t tamatie paste
1 teelepel gemaalde koljander
half teelepel pimento
1 teelepel tiemie
4 heel kruie naeltjies
½ teelepel knoffel geursel
sout en pepper na smaak
2½ koppie water
2 teelepel maizena met water gemeng
15 ml worcestershire sous
15 ml baltjang

Kook alles saam vir 40 min in ‘n pot. Voeg aartappels by kook 5 min , voeg nou die maizena by. Kook weer vir 5 min. Proe of genoeg sout. Ek het laaste nog ‘n bietjie “chilli beef” en nog n titseltjie knoffel poeier by gevoeg.
En walla jou ete is gereed. Het dit voorgesit saam met soet pampoen en basmati rys. HEERLIK!!!