WIM SE BILTONG RESEP

tested
WIM SE BILTONG RESEP
25 Vleis
500 ml Sout
225 ml Bruinsuiker
12.5 ml Salpeter
25 ml Koeksoda
12.5 ml Peper
400 ml Koljander

Skroei koljander. Meng al die speserye saam.
In Plastiese houer meg die volgende:
Sprinkel mengsel op bodem en pak eerste laag biltongvleis daarop.
Sprinkel nou van die mengsel bo-op biltong en sprinkel ‘n bietjie asyn oor.
Herhaal met elke laag.
Laat staan oornag maar nie langer as 12 ure .
Roer na 6 ure eenmaal om.
Voor jy biltong ophang trek deur asynmengsel van ‘n half bottel asyn / 5 liter lou water, en hang op om droog te word.
Resep:  Wim Botha




GERTRUIDA SE RYSSLAAI


GERTRUIDA SE RYSSLAAI
1 en half koppie rou rys … kook gaar hou warm
1 en half koppie ingelegte perskes in blokkies
1 greenpepper in blokkies gesny
1 groot ui in blokkies gesny
1 koppie rosyntjies
roer dit in warm rys…
Kook 1 en half koppies kook olie
2 eetlepels heuning
2 eetlepels suurlemoen
gooi dit warm in rys en roer..
Laat staan tot afkoel en plaas in yskas
kan vir 3 dae gebruik word

Bron:  Tannie Gertruida Blom




GERDA SE KOEKSISTERS

2015-11-30-koeksisterstested
GERDA SE KOEKSISTERS
Lewer 18 dosyn medium koeksisters
Stroop:-
12 koppies louwarm water
24 koppies witsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel kremetart
1 teelepel gliserien

Meng al die bestanddele en bring tot kookpunt. Kook vir 10 minute. Verwyder van die hitte en laat oornag afkoel. Gebruik die volgende dag by kamertemperatuur.

Koeksisters:-
125 g botter
300 ml kookwater
300 ml koue water
4 eiers
300 ml louwarm water
9 koppies koekmeel
2 ½ eetlepels bakpoeier
½ eetlepel sout
½ eetlepel kremetart
10 koppies goeie kookolie vir bak. (Ek gebruik ‘n deepfryer – 160°C)

Smelt die botter in die kookwater. Verwyder van die hitte en voeg die koue water by. Klits die eiers en die louwarm water saam. Sif al die droë bestanddele saam. Voeg die botter- en die eiermengsel by die droë bestanddele en roer met die hand tot goed gemeng. Vorm ‘n elastiese, maklik werkbare deeg en laat rus vir 30 minute. Rol of vleg die koeksisters na keuse. Verhit die olie en diepbraai die koeksisters goudbruin aan die een kant, draai om en braai hulle tot dieselfde kleur aan die ander kant. Skep die koeksisters met ‘n gaatjieslepel uit die olie en dompel hulle dadelik in die stroop. Die koeksisters moet warm tot die ponder in die stroop gedruk word. Skep die koeksister versigtig uit en laat die oortollige stroop op ‘n sif afdrup. Hierdie koeksisters is heerlik net so warm, afgekoel of uit die yskas. Dit vries baie goed.
Bron: Gerda Swanepoel
Foto:  Petré Van Jaarsveld

Rita Labuschagne:
Jy gaan 900 ml water gebruik.
300 ml kookwater om die botter te smelt
300 ml koue water om bogenoemde af te koel
300 ml lou water om die eiers in te klits, want as die water té warm is, gaan jy roereier kry.
Die deeg is sag. Werk maar op gevoel. En sien die deeg het ‘n warm gevoel as dit klaar geknie is.




GEEN MEEL BROOD VIR DIABETE

FLR BB with Heart
GEEN MEEL BROOD VIR DIABETE
6 groot eiers
6 eetlepels maaskaas
1 eetlepel versoeter
1/2 teelepel Cream of tartar

Oond op 180ºGrade
Skei die eiers en sit witte in yskas om te verkoel.
Meng nou maaskaas met eiergele en versoeter.
Klits tot sag en soms sal daar nog stukkies cheese in wees dis okey.
Sit mengsel in yskas
Sit pak papier op bakplaat spuit met spray en cook.
Gooi nou cream of tartar by eierwitte en klits tot styf.
Meng nou die mengsel met die eiergeel mengsel. Vou dit liggies in eiergeel mengsel.
Skep lepels vol op bakplaat en bak vir 20-30 min tot lig bruin.
Bron: Anita Hennig

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




MAKLIKE ROOMKAAS

HOMEMADE CREAM CHEESE
MAKLIKE ROOMKAAS
1 liter gepasteuriseerde afgeroomde melk
¾ koppie wit asyn
1½ teelepels sout
½ koppie room
Giet die afgeroomde melk in ‘n groot kastrol en plaas dit oor medium hitte.
Verhit tot 120 ºF. (50ºC)
Verwyder van die hitte en voeg die asyn by, roer vir 1 tot 2 minute.
Die wrongel sal skei van die wei.
Maak dit toe en laat staan teen kamertemperatuur vir 30 minute.
Giet die mengsel in ‘n vergiettes gevoer met ‘n teedoek en laat staan en dreineer vir 5 minute.
Versamel die kante van die doek en spoel onder koue water vir 3-5 minute of tot die wrongel is heeltemal afgekoel, druk en beweeg die mengsel die hele tyd. Sodra afgekoel, druk so droog as moontlik en giet oor in ‘n mengbak.
Voeg die sout en room by en meng, breek die wrongel in happie-grootte stukke as jy kan.
Dis gereed om onmiddellik op te dien.
Seël in ‘n houer en plaas in die yskas.
Bron: Anita Hennig




SPEK EN KAAS QUICHE


SPEK EN KAAS QUICHE
250 g spek
4 eiers
250 ml room
125 ml water
5 ml droë tiemie
knippie wit peper
40 g mozzarella,gerasper
40 g cheddar, gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/spuit ‘n ronde tertbord deeglik. Maak die spek gaar tot amper bros. Dreineer en sny in stukkies. Klits die eiers, room, water, tiemie en peper saam. Giet die eiermengsel in die tertbord. Sprinkel die spek en kaas bo-oor die eiermengsel. Bak vir ongeveer 30 minute tot die eiermengsel gestol is. Laat 10 minute afkoel voor die tert gesny word.

4 Porsies * 2012kJ * Total Fat 36g * Protein 34g * Total Carbs 3.4g * Net Carbs 1.4g
Resep deur Léanda van der Westhuizen




KAMMA KAPOKAARTAPPELS

mash
KAMMA KAPOK AARTAPPELS
‘n lowcarb basic
500 g blomkool
30 ml room
30 g botter
Kook die blomkool tot sag en dreineer. Maak dit fyn en gooi room en botter by tot dit die tekstuur van kapokaartappels het. Geur na smaak en bedien warm.
4 Porsies = 130g/Porsie * 349kJ * Total Fat 8g * Protein 3g * Total Carbs 7.6g * Net Carbs 4.5g
Léanda van der Westhuizen




ANITA SE ROOMKAAS VAN VARSMELK

HOMEMADE CREAM CHEESEtested
ANITA SE ROOMKAAS VAN VARSMELK
EK koop n 2L melk by boer of sy padstal.
Giet dit in ‘n bak en laat staan dit in yskas tot hy ‘n roomlaag vorm . Skep die room af en bere in yskas.
Vat dan die melk en sit dit iewers neer vir 2 dae buite die yskas.
Op dag 2 sal dit so ‘n jellielaag vorm.
Giet die melk in ‘n pot.
Kook dit vir so 5-10 min op lae hitte tot melk begin skei.
Dit sal lyk soos fyn skifsels.
Sit vir jou ‘n doek of kaasdoek of skoon dun vadoek in ‘n vergietes.
Giet die mengsel in die vadoek.
Die Curd en whey sal nou skei.
Los dit vir so 1 uur dat dit goed dreineer.
Haal die curd van jou doek af en skep dit in ‘n bakkie.
Nou vat jy van die room wat jy afgeskep het en meng dit by die. roomkaas .
Roer versigtig by, en siedaar jou eie roomkass.
Jy kan knoffel of enige iets by voeg soos spice as jy dit n ander smaak wil gee.
Resep en foto:  Anita Hennig




KAMMA SPAGHETTI VIR DIABETE

julienne slicerbabymarrow spaghettikamma spagetti Alidatested

KAMMA SPAGHETTI VIR DIABETE
LowCarb Pasta is baie skaars in Suid-Afrika, en as jy dit in die hande kan kry – ook baie duur.
So wat maak ons as ons in die winter lus voel vir ‘n lekker pasta, of ‘n Stroganoff of Spaghetti Bolognaise?
Ons maak Kamma Spaghetti. Dis ook baie eenvoudig.
Kom ek vertel jou hoe:
Om Kamma Spaghetti te maak, het jy ‘n stukkie kombuisgereedskap nodig wat ‘n “julienne slicer” genoem word. Dit kan by meeste winkels gekoop word wat kombuisware aanhou, en sommige van die duurder voedselverwerkers het ook ‘n julienne bystuk.
Jy kan jou murgpampoentjies skil of net so met skil en al verwerk. Jy kan groot murgpamoene gebruik of kleintjies. Sny repies uit die murgpampoentjies met die julienne snyer.
Dit is baie belangrik dat jy van die een kant na die ander kant sny om lekker lang spaghetti te maak, en te stop sodra jy by die pitte kom.
Die pitte breek die spaghetti op, dus wil jy dit nie gebruik nie. Maak ‘n groot kastrol (afhangende van hoeveel noedels) halfvol water en bring dit tot kookpunt.
Voeg sout by. Die murgpampoentjies absorber die sout soos dit kook, dus geur dit ook die pampoentjies terwyl dit gaar word.
Plaas die spaghetti in die kokende water en kook stadig tot dit sag is, maar nie uitmekaar val nie. Die kooktyd sal afhang van hoe sag jy die spaghetti verkies, maar gewoonlik kook dit so tussen 5 en 10 minute.
Die belangrikste is om dit goed dop te hou sodat dit nie uitmekaar kook óf te gaar kook nie. Dreineer die spaghetti in ‘n vergiettes en roer versigtig 30ml olyfolie daardeur.
Hierdie spaghetti kan warm gebruik word as bykos in plaas van pasta, of ook koud in slaaie.
Per 100g * 68kJ * Total Fat 0.2g * Protein 1g * Total Carbs 3.4g * Net Carbs 2.3g

Foto:  Alida Siebert

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




FRIED BACON WRAPPED BANANA BITES

2015-11-28-friedbaconwrappedbananabitestested
FRIED BACON WRAPPED BANANA BITES
Wrap the bananas in raw bacon.
The secret is to deep fry them in when oil is hot enough, fresh clean oil preferably, when oil is not on par it can get too fatty.
It’s a quick in and out, you judge it by the colour of the bacon.
Enjoy
Source and photo:  Morne Chef Mo