MARIETA SE PEERKONFYT

 

marieta se peerkonfyttested

MARIETA SE PEERKONFYT
(eindproduk van 1.5 kg pere)
1 kg pere, afgeskil en in stukkies gesny
1 kg suiker
2 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel kaneel
1 teelepel neutmuskaat, opsioneel

Kook oor lae hitte vir ongeveer 1 uur. Roer af en toe.
Druk fyn “mash” met aartappeldrukker aan die einde van die kookproses.
Voeg  dan die suurlemoensap, kaneel en neutmuskaat by. Roer deur en bottel warm.
Onthou die vog moet verdamp. Jy kan dit toets. Sal sommer sien dit is dik en taai.
Pere kook gou sag, so ± 1 uur altesaam.
Bron en foto: Marieta James




PAPRIKA HOENDERBREDIE

tested

PAPRIKA HOENDERBREDIE
6 Hoendersnitte. Dytjies en boudjies is ideaal, maar ek het 3 hoenderborsies gebruik wat in die helfte deurgesny is.
2 rooi uie in dik ringe gesny
2 knoffelhuisies gekap
3 medium groot wortels, geskil en in 1 ½ cm lentes gesny
4 medium groot aartappels geskil en in kwarte gesny
2 hoogvol telepels paprika
1 teelepel van elk, cumin, origanum en basilkruid.
½ koppie rooiwyn
2 eetlepels tamatiepasta
sout na smaak
Braai die uie in ‘n bietjie olie tot dit net begin sag word. Voeg die hoenderstukke en die knoffel by en braai tot die hoender verbruin het. Voeg die paprika, cumin, origanum en basil by en roerbraai vir ‘n minuut of twee sodat die hoender deeglik met die speserye en kruie gesmeer is. Meng die tamatiepasta met die wyn en voeg by die hoender. Ek het die bakkie waarin dit gemeng was met klein bietjie water uitgespoel en die water ook by die hoender gevoeg. Bring tot kookpunt en laat prut vir 10 minute. Voeg die wortels by, meng goed deur en prut vir nog 10 minute. Roer gereeld om seker te maak die sous, wat dik raak, brand nie aan nie. Indien die sous te dik raak, voeg bietjie meer water by. Voeg die aartappels en sout laaste by en kook tot die aartappels gaar is. Bedien met rys.
Bron en Foto: Adam Cloete.




JOHAN SE MOSTERD

johan se mosterttested
JOHAN SE MOSTERD
1 blik kondensmelk
50 ml wit asyn
20 ml mosterd poeier

Meng mosterd en asyn goed saam tot al die klontjies opgelos het
Voeg mengsel by kondensmelk en meng goed deur
Laat staan ń rukkie om te stol en geniet dit
Bron en foto: Johan Coetzee




VINNIGE PIZZA

vinnig pizza Tharinatested

VINNIGE PIZZA
Kors
275 g (500 ml) bruismeel
150 ml kookwater
125 ml kookolie
knypie sout
Vulsel:
3-4 middelslag tamaties , geskil en gekap
10 ml tamatiesous
1 ml gedroogde orego of basiliekruid
125 g ontbytspek , gesnipper
150 g (375 ml) gerasperde Chedder-kaas
Plaas die bruismeel, kookwater , kookolie en sout in n plastiek houer met n deksel wat seel. Skud die houer heen en weer todat n sagte deeg gevorm het. Druk die deeg ewe dik in n rolkoekpan van 35 x 25 x 2 cm. Bedek dit liggies met n klam doek en hou dit eenkant tot benodig. Smoor die tamaties en uie tot dik en gaar en laat afkoel .Voorverhit die oond tot 180°C (350°F) Smeer die tamatiesous oor die rou kors.Smeer die gesmoorde tamaties bo-oor. Strooi die orego of basiliekruid oor en plaas die speksnippers bo-op. Strooi die kaas oor. Bak die pizza 30 minute of todat die kaas begin verbruin op die middelste oondrak. Sit dit warm voor.




JOS SE GEBAKTE SALM MET GROENTE

 

JOS SE GEBAKTE SALM MET GROENTEtested

JOS SE GEBAKTE SALM MET GROENTE
Ek het oranje patats en wortels gesny met sout, peper en vars suurlemoen gegeur en in oondpan gebak vir so 30 minute.
Ek het salm porsies met olie, sout, peper en vars suurlemoen gegeur en suurlemoen skywe sommer saam salm in dieselfde oondpan terug gesit vir nog 10 minute tot lekker sag en pienk.
Ek het ‘n heel blomkool kop in diep oond bak geplaas, pakkie wit uie soppoeier, pakkie potato bake en pakkie garlic sous gemeng met 2 koppies melk en oor blomkool gegooi, bedek met foelie en 30 minute gebak in oond. Ek het kaas oor gerasper en nog so 10 minute laat oop bak.
Het salm net op rocket en butter lettuce voorgesit.
Bron en foto: Jos Opperman




ROASTED ASPARAGUS

 

roasted asparagustested

ROASTED ASPARAGUS
This is a quick and easy side dish – even my daughter enjoyed it and she doesn’t usually eat asparagus!
2 bunches of asparagus
4 mushrooms
bacon pieces
sundried tomatoes
Calamata olives
2 tablespoons olive oil
salt and pepper to taste
grated Parmesan cheese
Preheat oven to 180ºC.
Trim the white ends off of the asparagus and place asparagus on a baking tray.
Place the mushrooms, tomatoes, olives and bacon on top.
Drizzle with olive oil and sprinkle with salt and pepper.
Toss gently with hands to coat evenly.
Sprinkle with cheese and bake for 15 to 20 minutes.
Note – I used raw ingredients and it also might be an idea to first cook the bacon before use.
Recipe and photo: Louise Venter




GIDEON SE SNOEKSOSATIES OOR DIE KOLE

 

GIDEON SE SNOEKSOSATIES OOR DIE KOLEtested

GIDEON SE SNOEKSOSATIES OOR DIE KOLE
Ontbeen snoek filette en rol in meel wat met sout en peper gemeng is en daarna in geklitste eier en nog ‘n slag in die meel. Ryg nou op ‘n sosatie stokkie ‘n rooi ui blaar, ‘n porsie snoek, gevolg deur nog ‘n ui blaar. Volg op met ‘n patatwiel wat vooraf tot amper gaar gekook is, gevolg deur ‘n kersie. Herhaal die proses tot die stokkie vol is. Braai oor stadige kole en smeer dit met bietjie appelkooskonfyt wat met suurlemoensap en bietjie botter gemeng is, terwyl dit braai.
Bron en foto: Gideon Louw.




BENHET SE KOKKEDOOR PAMPOENPIEKELS

 

2014-02-01-pampoenpiekeltested

BENHET SE KOKKEDOOR PAMPOENPIEKELS
750 g geskilde pampoen in blokkies gesny
180 g piekeluitjies, geskil en in kwarte gesny (ekt gewone uie gevat)
50 g sout
ysblokkies
1 koppie asyn
250 g suiker
7 ml mosterdsaad
3 ml anys
2 ml fyn naeltjies
7 ml piekel spice
150 g murgpampoentjies, in blokkies gesny
2 ringe fetakaas
paar peper korrels

Plaas die pampoen en uitjies in ‘n groot bak en strooi van die sout oor. Plaas ysblokkies bo-op en laat 2 ure staan.
Kook asyn, suiker, mosterdsaad, peper, anys en kruienaeltjies 10 min lank saam. Giet dit deur ‘n sif om die heel speserye uit te haal. Giet die asynmengsel terug in die kastrol.
Spoel die ys en sout af, dreineer die groente en voeg die murgpampoentjies by! Voeg by die asynmengsel en verhit tot kookpunt.
Pak die groente en fetakaas in lae in gesterliseerde flesse en giet die kokende piekelmengsel bo-oor!
Seël.

Resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis
Foto: Benhet Nieuwenhuis




HEEL GROENTAMATIE KONFYT

heel groentamatie konfyttested

HEEL GROENTAMATIE KONFYT
(Ek kook 2 kg per kooksel)
groen tamaties geprik
gemmer
suiker
sout
water
suurlemoensap
gebluste kalk

Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir een dag. Roer gereeld terwyl die tamaties daarin week. Spoel die tamaties deeglik af.
Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en voeg ’n bietjie sout by. Plaas die tamaties een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook die stukke vir 10 minute.
STROOP:
Weeg die vrugte: vir elke 1 kg groen tamaties gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is. Verhit die water en voeg die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is.
Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie. Voeg 25 ml suurlemoensap en 6 stukke vars gemmer by die stroop en kook 10 minute lank. Plaas die tamaties geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik raak, en die tamaties deurskynend word.
Laat staan die tamaties oornag in die stroop.
Skep dit die volgende oggend uit.
Verhit die stroop tot kookpunt.
Plaas tamaties in stroop en kook net vinnig deur.
Pak die konfytstukke in skoon flesse, giet die warm stroop oor en verseël dadelik.
Bron en Foto: Petré Van Jaarsveld




SWEET CHILLI KERRIEVIS MET AARTAPPELS

 

SWEET CHILLI KERRIEVIS MET AARTAPPELStested

SWEET CHILLI KERRIEVIS MET AARTAPPELS
1 medium groot geelstert
1 blikkie Sweet Chillie Tomato Braai Relish
1 ½ eetlepel medium Kerrie
1 teelepel borrie
3 rooi uie grof gekap
4 aartappels in klein blokkies gesny.
sout na smaak
Braai die uie in bietjie olie tot dit begin glaserig word en voeg die aartappels by. Braai die aartappels vir ongeveer 2 minute saam met die uie en voeg dan die Kerrie en borrie by. Roerbraai vir ‘n minuut of twee sodat die aartappel en uie deeglik met die Kerrie gemeng is en voeg dan die Relish en die sout by saam met ‘n halwe blikkie water. Laat prut vir ongeveer 10 minute en voeg dan die heel, skoongemaakte vis by. Bedek en laat prut tot die vis en aartappels gaar is. Roer nou en dan en voeg meer water by as die sous te dik raak. Haal die vis uit wanneer gaar, vlek oop en verwyder die ruggraat. Breek in groterige stukke en plaas in ‘n opdien bak. Gooi die sous bo-oor en bedien.
Bron en Foto: Adam Cloete.