MAGDA EN ANNAMARIE SE CIABATTA BROOD

magda en annamarie se Ciabatta broodtested
MAGDA EN ANNAMARIE SE CIABATTA BROOD
500 g koekmeel of broodmeel
10 ml sout
10 ml suiker
10 g kitsgis
450 ml sterkwarm water

Sif meel , voeg sout , suiker en gis by (sommer in die Kenwood) meng deur met K-beater en voeg dan die water by , meng goed vir so 5 min , (die deeg is baie slap, kan glad nie met jou hande aan dit werk nie )
Sit op n warm plek en laat vir so 40 min rys tot dubbel die groote
Bespuit n rolkoek pan en sit n lagie bakpapier daarin , strooi met baie meel , stooi ook baie meel op werk oppervlak en keer deeg liggies daarop uit (geen terug knie) vorm nou sagkuns n langwerpige broodvorm en skuif hom oor na jou pan ., stooi meel oor en laat weer 30 min staan om te rys , bak nou in voorverhitte oond teen 220° vir so 30 min.

RESEP AANGEPAS DEUR : Magda van der Merwe

Franci Lemmer Ek gooi 30ml Olyfolie in myne




SMASHED POTATOES ALA ANNATJIE

smashed potatoes ala annatjietested
SMASHED POTATOES ALA ANNATJIE
Boil Potatoes in Salt water until a toothpick slides in with no problem. I like to use smaller potatoes for this dish – they just work better. Allow potatoes to cool.
Put enough butter in the bottom of a frying pan.
Use an egg lifter or slotted spoon to slightly squash potatoes – not too much because you do not want them to break – just a little bit smashed
Pack potatoes in a single layer in the frying pan.
Add salt and pepper to taste.
Add Garlic to taste.
Add herbs to taste (I used a few sprigs of Rosemary from my garden)
Put on a Low to medium heat – this will make sure that the potatoes get a nice little crust underneath.
Once they are browned underneath, turn them over to allow the other side to brown.
If you like, you can grate Parmesan Cheese over the top.
We have someone who is lactose intolerant in our family so I used Margarine and I did not add the Parmesan Cheese, but still Oh SO Good

Source and photo: Annatjie Heydenrych




RAYMOND SE CHICKEN ALA CHAKALAKA

raymond se chicken ala chakalakatested

RAYMOND SE CHICKEN ALA CHAKALAKA
1 heel hoender opgesnipper
1 heel ui gesnipper
1 blikkie chakalaka mild (dis jou keuse watter 1)
1 blikkie sweetcorn
Braai die ui gooi die gesnipperde hoender by en braai so bietjie.
Voeg die chakalaka en die sweetcorn by prut so vir so 5min
Ek gaan dit opskep met spagethi maar rys werk net so lekker
Bron en foto: Raymond Williamson




CHILLI BILTONG EN KAAS BROOD

chili biltong en kaas broodtested

CHILI BILTONG EN KAAS BROOD
4 koppies koekmeel
330 ml lou warm water
1 teelepel sout
2 teelepel suiker
1½ teelepel gis
Chilli biltong bites in klein stukkies na smaak
kaas na smaak
2 eetlepels margarien
Knie alles saam en laat rys vir ‘n uur.
Bak teen 180ºC vir 30-40 min afhangende van hoe donker jy korsie wil he
Bron en foto: Coetzee Neethling




RAYMOND SE MACARONI EN KAAS

raymond se macaroni en kaastested

RAYMOND SE MACARONI EN KAAS
‘n pakkie macaroni 500g
Vulsel
1 ui op gekap
1 pakkie viannas (6) en gekap
1 pakkie russians klein (6) gekap
1 klein pakkie bacon stukkies
Braai alles saam
Sous
1 botteltjie room (250ml)
Dieselfde botteltjie water (250ml)
1/2 pakkie mushroom soppoeier
1/2 pakkie chicken noodle soppoeier
Maak die soppoeiers aan met a bietjie water prut totdat dit dik word maar die te dik of te loperig.
Voeg die helfte van die sous by die vulselmengsel en voeg die mengsel dan by die gekookte macaroni.
Meng als lekker deurmekaar, gooi die res van die sous mengsel by en roer lekker deur.
Rasper lekker baje kaas oor en bak in die oond.
Bron en fotos: Raymond Williamson




RAYMOND SE WORSBREDIE

raymond se worsbredie
RAYMOND SE WORSBREDIE
‘n pakkie wors
1 blikkie boerie relish
1 blikkie braai relish
1 blikkie chakalaka mild
1 pak mcains roasted vegatables
En 2 aartappels.
Meng alles deurmekaar en kook tot die wors gaar is.
Bron en foto: Raymond Williamson




DENZY’S STRAWBERRY DELIGHT JELLY DESSERT

Denzy Strawberry delight Jelly desserttested
DENZY STRAWBERRY DELIGHT JELLY DESSERT
fresh strawberries
2 packets strawberry jellie
½ cup water
½ cup sugar
½ cup ideal milk
½ cup strawberry yogurt

Cut strawberries in half, cook water sugar and strawberries on medium heat until soft and water is dissolved, set aside to cool, make jelly with 1 cup hot water and one cup cold water, let it cool, when cool take half the jelly and add ideal milk and yogurt and whisk together.
Take a martini glass and add yogurt and ideal milk jelly mix in glass, put in the fridge to set, then when set, take the remaining jelly and put on the set mixer, finish off with the strawberries that’s cooled down, put back into the fridge to set garnish with a mint leave and enjoy.

Source and photo: Denzy Koenana




CECILY SE VINNIGE JELLY BEAN SJOKOLADE FUDGE

cecily se vinnige jelly bean sjokolade fudgetested

CECILY SE VINNIGE JELLY BEAN SJOKOLADE FUDGE
1 blikkie kondensmelk
3 sjokolade blokke (“slabs”)
en enige iets wat jy wil byvoeg. Verkieslik jelly tots, smarties of enige ander lekker in daardie vorm.
Kook die sjokolade en kondensmelk in ‘n pot op die stoof goed deur. Hoe langer dit kook hoe beter sal dit stol. Wees versigtig dat dit nie aanbrand of suikerkristalle vorm nie, hou dit dop.
Sny die jellie lekkers op, voeg dit by die sjokolade mengsel en giet die mengsel in ‘n plat glasbak.
Die jelly lekkers het so bietjie gesmelt, maar ek het bo-op die fudge ook lekkers gestrooi na dit so bietjie afgekoel het.
Plaas die fudge oornag in die yskas om heeltemal te stol. Sny die fudge in blokkies, so groot soos verkies en bedien.
Dis baie soet, en hou lank in die huis.
Notas: Ek het wit en bruin sjokolade gemeng. Jy kan bakpapier onderin die bak plaas, indien jy dit sou wou uitlig na dit gestol is. Ek het nie bakpapier gebruik nie, die fudge in die bak gelos en so bedien.
Resep en foto: Cecily Sageres Baartman




MIELIEPAP EN ROOMMIELIES GEBAK

Mieliepap en roommielies gebaktested

MIELIEPAP EN ROOMMIELIES GEBAK
Lewer 4 – 6 porsies
’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit.
360 g (750 ml) growwe mieliemeel
250 ml (1 k) melk
500 ml (2 k) water
60 ml (¼ k)olyfolie
2 x 410 g-blikke suikermielies
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
½ klein ui, in dun wiggies gesny
6 – 8 knopiesampioene, in dik wiggies gesny
10 – 12 takkies vars tiemie

Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n vlak oondvaste bak liggies met olyfolie.
Roer meel, melk, water, olie en suikermielies in oondbak saam en geur na smaak. Roer weer deur.
Strooi ui en sampioene oral oor mengsel, maar moenie weer roer nie. Sprinkel tiemie oral oor.
Bak vir 1 uur of tot meel gaar en gereg goudbruin bo-op is.
Wenk:
Laat ui en sampioene uit en skep ’n dik tamatiesmoor bo-op, sprinkel met ’n bietjie kaas en bak soos beskryf. Stukkies gebraaide spek kan ook bygevoeg word.
Bron en foto: Ina Vd Hyde-van Bosch




MARIE SE PRUTPOT SOP

MARIE SE PRUTPOT SOPtested

MARIE SE PRUTPOT SOP
sopvleis gebruik
1 pakkie 3 in een sopmix
2 aartappels in gerasper
1 uie in gerasper
Sout en peper
Worchestersous

Slowcooker vol water gemaak en op high ses en n half ure gekook het ook een pakkie soppoeier aangemaak met water en nog laat kook.
Bron en Foto: Marie Rheeder Troskie