DARIUS SE SOUTTERTJIES

darius se souttertjiestested

DARIUS SE SOUTTERTJIES
Braai 1 fyngekapte uit en haal van stoof af.
Sny bacon, ham, en salami fyn.
Raper bietjie garlic by en vog bietjie sweet bazil by.
Voeg 2 geklitste eiers by die mengse.
Meng alles saam en voeg by die uie.
Gooi bietjie sout en peper na smaak by.
Spuit ‘n muffin met cooking spray en skep mengsel in pannetjie.
Bak op 180ºC vir 20 min.
Bron en foto: Darius Vermaak
B




WILMA SE KOELKASVRUGTEKOEK BLOKKIES

tested

WILMA SE KOELKASVRUGTEKOEK BLOKKIES
Resep en foto: Wilma Hollenbach Keuler
FOOD LOVERS RECIPES
500 g glans vrugtekoekmengsel
2 pakke tennisbeskuitjies, in stukke gebreek
125 g margarien
125 ml sagte bruinsuiker
1 blik kondensmelk
5 ml vanilla geursel

Voer ‘n broodpan van 23 x 13 x 7 cm uit met kleefplastiek en spuit met kleefwerende kossproei.
Meng die glansvrugte en beskuitjies goed saam.
Plaas die margarien, suiker en kondensmelk in ‘n potjie op die stoof en verhit stadig totdat die suiker opgelos is.
Verwyder van die hitte en skep dit saam met die vanilla oor die vrugtemengsel, meng goed.
Skep die mengsel in die gevoerde pan en druk dit styf vas.
Verkoel in yskas tot styf.




SONELLE SE SJOKOLADE-KOFFIE KOEK

SONELLE SE SJOKOLADE-KOFFIE KOEKtestedsjokolade koffie koek carrie

SONELLE SE SJOKOLADE-KOFFIE KOEK
Klits 1 ½ koppie suiker met 5 eiergele ( hou eier wit een kant )en 1 teelepel vanilla geursel saam.
Voeg by ¾ koppie olie en ¾ koppie water en klits weer.
Voeg die volgende by en meng goed:
1¾ koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
4 eetlepels kakao
‘n kippie sout
Klits die eierwitte styf en vou in by mengsel.
Bak in ‘n oondbak vir 20 tot 25 min op 190 ºC in die oond .
Sous:
1 ½ koppie water
1 koppie suiker
3 eetlepels koffie
3 teelepels vanilla

Kook op stoof tot suiker op gelos is en skep oor warm koek as die koek uit die oond uit kom.
Versier met 1 houer styf geklopte room gemeng met en 1 blikkie karamel.
Bron en foto: Sonelle Muller
2de foto:  Carrie  Segar Malan




SOUTVLEIS EN KERKERERTJIE BROODJIE

SOUTVLEIS EN KERKERERTJIE BROODJIEtested
SOUTVLEIS EN KERKERERTJIE BROODJIE
(BULLYBEEF AND CHICKPEA LOAF)
1 blikkie soutvleis
1 blikkie kerkerertjies
2 eetlepels meel
2 eiers
Speserye van jou keuse (ek het gemengde speserye gebruik)
Sout en peper na smaak
Sweet chili sous
Dreineer en maak die kerkerertjies fyn. Maak die soutvleis fyn en meng die twee deurmekaar. Voeg die meel, eier, speserye, sout en peper by en meng deeglik. Skep helfte in ‘n gesmeerde mikrogolf broodpannetjie en smeer ‘n lagie sweet chili sous oor. Skep die res van die mengsel bo-op en plaas in die mikrogolf vir 8 minute op hoog. Haal uit die mikrogolf en smeer ‘n lagie sweet chili sous bo-oor. Mikrogolf vir nog 8 minute op hoog. Laat effens afkoel en haal uit die pannetjie uit.

Bron en foto: Adam Cloete.




ANSIE SE KONFYTTERTJIES

ansie se konfyttertjiestested
ANSIE SE KONFYTTERTJIES
3 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
Knippie sout
1 koppie sagte botter of Stork Bake margarien
1 koppie vars room
12.5 ml brandewyn
Sif eerste 3 bestanddele saam. Vryf botter/margarien in meel tot fyn krummels. Meng brandewyn en room en voeg by meelmengsel en meng tot sagte deeg. Verkoel vir ‘n halfuur, rol dan dun uit op meelbestrooide oppervlak, gebruik vrugtefles ring en druk sirkels uit.
Sit klontjie appelkooskonfyt in middel.
Smeer kante met koue water, vou toe en druk vas. Smeer met geklitste eiergeel en melk en bak vir 10-12 min by 200 ºC.
Ek gebruik graag Rhodes se appelkooskonfyt en ek hou dit in die vrieskas, voorkom dat dit uitkook.
Bron en foto: Ansie Broekman




MORNEY SE VINNIGE AARTAPPELKOEKIES

morney se vinnige aartappelkoekiestested

MORNEY SE VINNIGE AARTAPPELKOEKIES
8 groot gerasperde aartappels
1 gerasperde ui
3 eiers
150 ml self raising flour
Metode:
Meng als bymekaar in groot bak en bak op warm hitte in net genoeg olie om pan Nat te maak
Bron en foto: Morney Charles




EMMARENTIA SE BRAN MUFFINS

emmarentia se bran muffinstested
EMMARENTIA SE BRAN MUFFINS
Meng 2 koppies volkoring bruismeel
1 teelepel kaneel
1/3 koppie vesel
1 koppie gerasperde wortels
goed saam.
Voeg 3 geklitste eiers
3/4 koppie appelsap
1/2 koppie gewone jogurt
1 teelepel vanieljegeursel by en meng.
Skep in muffinpannetjie en bak 25-30min.

Bron en foto: RuaanEmmarentia Bolton




VRUGTEKELKIE KAASKOEK SLAAI

vrugtekelkie kaaskoek slaaitested
VRUGTEKELKIE KAASKOEK SLAAI
1 piesang opgesny
suurlemoensap vir oorsprinkel
1/2 blik vrugtekelkie
2 eetlepels roomkaas
2 eetlepels “Cape fruit” jogurt
klein malvalekkers (opsioneel)
Plaas die piesangs in ‘n bak en sprinkel die suurlemoensap oor die piesangs. Voeg die vrugtekelkie by die piesangs en meng deur. Skep die roomkaas en joghurt in ‘n bakkie en meng tot glad.
Meng die roomkaasmengsel met die piesangmengsel.
Plaas die slaai in die yskas tot benodig.
Resep getoets en foto: Annalize Momberg




MOZZARELLA BROODJIES

mozzarella broodjiestested
MOZZARELLA BROODJIES
12 snye brood
6 snye mozzarella kaas, kwart duim dik gesny
6 snye ronde snit bacon, vinnig geraak
3 eiers geklits en met bietjie melk geklits
Fyn brood krummels
Maak ‘n toebroodjie van die bacon en kaas.
Druk die kante van die broodjie toe met vingerpunte.
Dip broodjie beide kante in eier en melk mengsel en dan beide kante in fyn brood krummels.
Vlakbraai die broodjies in canola olie tot goudbruin, dreineer op kombuispapier.

Bron: Liza Oosthuizen
Foto: Liza Oosthuizen




DENZY’S GOULASH CHUNKS KEBABS

DENZYS GOULASH CHUNKS KEBABStested
DENZY’S GOULASH CHUNKS KEBABS
INGREDIENTS
Goulash chunks
Fresh rosemary chopped
2 spoons crusted garlic
Half cup worcestershire sauce
4 spoons soya sauce
Half cup chutney
Half cup redwine
4 spoons brown sugar or white sugar
Bamboo sticks soak in water
METHOD
Arrange goulash chunks in baboo sticks,u may add any veggies you like,i didnt in this recipe,in a saucepan add all the other ingredients and let it cook over medium heat on the stove or on the weber for about 10 mins,Grill kebabs over medium heat coles just the way u like it basting the kebabs with marinade everytime u turn it around.Enjoy it with any side dishes u like.
ENJOY

Source and photo: Denzel Koenana