SOUS VIDE LAMB SHANK

sous vide lamb shanktested
SOUS VIDE LAMB SHANK
-Rub shanks with Olive oil, add 4 sprigs of thyme and vacuum seal.
-Sous Vide for 48 hours (YES – 2 DAYS!) at 62*C.
-Reserve liquid from vacuum bags for your gravy.
-Then… fry shanks in clarified butter until brown (2 min a side).
-Make your gravy of choice from liquid from vacuum bags.

Sauce:
1/2 cup brandy
1 cup brown sugar
1 cup brown vinegar
1 onion finely chopped
1 peeled tomato and chopped
30 ml tomato sauce
10 ml Dijon mustard
5 ml cumin
1 ml chilli powder
2 ml cinnamon
5 ml paprika
5 ml mustard powder
2 bay leaves
5 ml salt
Zest of one orange
Place all the ingredient in a pot with liquid from teh shanks, boil to reduce… serve with the shanks.

Photo and recipe : Elize de Kock




SANDWICH SPREAD

sandwich sread soniatestedsandwich spread sonia
SANDWICH SPREAD
3 wortels
1 groot ui
1 groot komkommer
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
1 groen soetrissie
Bruin asyn (genoeg om die groentemengsel te bedek)
Mayonnaise na smaak (maak die mengsel net lekker nat met dit)
Soetrissies is jou 3 kleure peppers
Verwerk al hierdie groente in n voedselverwerker tot lekker fyn.
Gooi bruin asyn oor groente tot bo oor en laat staan oornag.
Volgende oggend gooi die asyn af en skep lepelsvol groente in n skoon doek en druk groente droog tot daar geen vloeistof meer uitkom.
Gooi sout en peper na smaak en ook so 4 eetlepels suiker.
Gooi laastens die mayonaise oor en meng goed.
Bottel nou in gesteriliseerde flesse en bewaar in yskas.
Foto: Sonia Knoetze
Foto: Nota: Ek het hierdie gemaak!!!!!!
DIS HEERLIK!!!!!
Nota: Ek het die resep dubbel aangemaak, maar die peppers dieselfde gehou.
2 ml peper
4 ml sout
ongeveer 1 bottel mayonaise gebruik.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




SEAN SE VARKTJOP MARINADE

sean se varktjop marindatested

SEAN SE VARKTJOP MARINADE
Heerlike marinade vir ‘n varktjoppie op die kole of selfs in die oond. Vir laasgenoemde bak net so in al die sous in die oond. Vir braai, skep bietjie sous op elke keer as jy omdraai, as jy die laaste keer omgedraai het, sit die res van die sous bo-op en laat rus in braaibak:
Plaas die volgende in ‘n liquidiser en verwerk saam (hoeveelheid vir een groot tjop):
2 x geblikte pynappelringe met bietjie van die stroop ( jy kan ook ‘n kwart vars pynappel gebruik)
Sout en witpeper na smaak
Robbertson BBQ Speserye na smaak
¼ koppie Spur Durky Sous (of dan enige sous waarvan jy hou)
2 of 3 rooirissies
1 huisieknoffel
2 eetlepels heuning.
Bron en foto: Sean O’Brien




KARIN SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK

tested

KARIN SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK
Ek het ‘n maklike een wat my meisiekind omtrent daagliks bak:
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
1 koppie kookwater
2 eetlepels kakao
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
2 eiers
1 gelykvol eetlepel mayonnaise
Meng alles bymekaar met ‘n vurk of whisk.
Sit in ringpan vir mikrogolfoond.
Bak vir 6 min op hoog.
Laat staan 5 min in oond.
Haal uit en sit op net wat jy wil.
Bron: Karen Glintenkamp




GEPEKELDE SILVERSIDE OOG MET PAPRIKA KOLJANDER EN PEPER SPESERYE

gepekelde silverside oog met paprika koljander en peper speseryesilverside gepekeltested

GEPEKELDE SILVERSIDE OOG MET PAPRIKA KOLJANDER EN PEPER SPESERYE
Camdeboo resepte se pekel:
2.5 tot 12kg vleis
5L water gekook en afgekoel
500ml sout
25ml salpeter
90ml suiker
30ml koeksoda
Speserye:
1 eetlepel gemaalde koljander
2 eetlepels gekraakte swartpeper
1 eetlepel gewone paprika
1 eetlepel gerookte paprika
Pekel vleis 4 dae
Haal uit en droog af
Meng speserye en rol gepekelde vleis goed daar in. Gooi 4 koppies water in oondbak, sit draadrak in plaas vleis bo-op, maak goed toe met foelie en bak in voorverhitte oond teen 160 grade celsius vir 4 ure
Koel vleis goed af sny dun en bere
Bron en Foto; Hendrik Markgraaff




SONELLE SE CHUTNEY EN MAYO HOENDER

sonelle se chutney en mayo hoendertested

SONELLE SE CHUTNEY EN MAYO HOENDER
1 koppie chutney
1 koppie mayo
1 pakkie brown onion soup
Meng en gooi oor hoender stukke en bak in oond op 180 vir 1 en n half uur en laaste 15 min op grill net bo
Geniet
Bron en foto: Sonelle Muller




JAMES SE 9 MINUTE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK

james se 9 minute mikrogolf sjokoladekoektestedJAMES SE 9 MIN KOEK

JAMES SE 9 MINUTE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK
250 ml koekmeel
45 ml kakao
250 ml kookwater
2 eiers
12 ml bakpoeier
250 ml suiker
50 ml kookolie
2 ml sout
5 ml vanilla geursel
Sif droë bestanddele saam.
Voeg suiker by.
Meng eiers, kookwater en kookolie saam.
Voeg vanilla by.
Meng met meelmengsel.
Skep in gesmeerde mikrogolfoond-pan en bak.
Bak 9 min by 100% krag.
SOUS:
110 ml suiker
30 ml kakao
250 ml water
5 ml vanilla geursel
15 ml koffie poeier of brandewyn of donker rum.
Voeg alles bymekaar en kook.
Wanneer koek uit mikrogolfoond kom, giet die sous oor.
Wag tot afgekoel.
Meng een blik Karamel treat met styf geklitste room of orleywhip. Smeer oor koek en breek ‘n flake oor.

9 MINUTE MICROWAVE CHOCOLATE CAKE:
250 ml flour
45 ml cocoa
250 ml boiling water
2 eggs
12 ml baking powder
250ml sugar
50 ml oil
2 ml salt
5 ml vanilla essence
Sift together all dry ingredients.
Add sugar.
Mix eggs, boiling water and oil then add the vanilla.
Mix into dry ingredients.
Pour mixture in a prepared microwave dish and bake for 9 minutes at 100% power.
Sauce:
110 ml sugar
30 ml cacao
250 ml water
5 ml vanilla
15 ml coffee powder or granules or brandy or dark rum.
Add all ingriedients to a pot and bring to a boil.
When cake comes out the microwave pour boiling sauce over cake and let cool down completely.
Mix one tin caramel treat with 250 ml whipped cream or orleywhip spread over the cake and top with broken flake
Bron en foto: James Gillespie.
2DE FOTO:  Magdaleen Matthee‎




ANYSKOEKIES

anyskoekiestested

ANYSKOEKIES
6 koppies koekmeel 6 teelepels bakpoeier
2 1/2 koppies suiker 375 gram botter
3 eiers 1/2 teelepel sout
1 eetlepel anys

1. Sif droë bestanddele saam.
2. Vry botter in. Moet krummelrig wees.
3. Klits eiers net +- 1/2 koppie melk , gooi by meelmengsel en meng.
(as die deeg te styf voel gooi nog bietjie melk by, dit moet kan uitrol)
4. Rol so 2millimeter dik uit, druk die vormpies van jou keuse, sit op bakplaat, smeer eier oor die koekies en bak teen 180grade vir so 20 min of tot lig bruin en gaar
Bron en foto: Anna-Marie van Staden




SOMARIE SE ROLY POLY

Somarie se roly polytested
SOMARIE SE ROLY POLY
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
knippie sout
½ koppie botter
1/4 koppie melk


Vryf botter meel en bakpoeier saam.
Meng met geklitste eiers en melk.
Rol die deeg uit. Smeer appelkooskonfyt oor (homemade appelkooskonfyt is soveel lekkerder).
Rol op soos Swiss Roll.
Maak sous vandie volgende op die stoof:
2 koppies suiker
3 koppies water
1 teelepel vanilla en
2 eetlepel botter
Giet die sous in ‘n oondbak.
Sny die deeg in wielietjies en pak in die sous in ‘n enkellaag.
Bak in oond by 180º C tot goudbruin.
Bedien warm of koud met vla.

Bron en 2ste foto: Somarié Muller
Foto: Gideon Louw
Nota:  Gideon het sy poeding op die kole in die swartpot gemaak 🙂




SHARON SE HORINGKIES

sharon se horingkiestested

SHARON SE HORINGKIES
8 koppies koekmeel
1 pkt kremetart
2 eiers
2 pkt 500g storkbake botter
1 glass koue water
Metode
Gooi meel in mengbak. werk kremetart in. Rasper een pkt 500g botter in meelmengsel en werk deur totdat soos broodkrummels lyk. Skei 2 eiers (net eiergele word gebruik) Gooi 1 glass kouewater by eiers en meng deeglik gooi by deegmengsel week lekker deur. As deeg the styf is gooi nog water by en werk deur.laat deeg vir uur rus in yskas . Ek verdeel my deeg in 2 dele as dit uit yskas kom en sny tweede pakkie botter ook in 2,dele Rol deeg oop op meel bestrooide oppervlak, rasper botter en vou deeg toe en rol. Ek wou my deeg 2 keer en rol en so.maak jy met 2 de deel ook. Laat rus weer n uur voor gebruik.
Bron en foto: Sharon Cupido