GEBOTTELDE MIELIESLAAI

GEBOTTELDE MIELIESLAAI
Resep: Marie Oberholzer Botes
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg gevriesde mieliepitte (ongeveer 12 ore as jy vars gebruik)
180 ml suiker (bietjie meer na smaak)
500 ml witasyn
2 rooi soetrissies
1 groen soetrissies
3-4 selderystingels
1 Ui
1 eetlepel mosterdpoeier
1 teelepel borrie (Tumeric)
1 eetlepel sout (na smaak)

Meng asyn, sout en suiker in pot. Verhit tot suiker gesmelt het.
Meng mosterd en borrie met ‘n bietjie van die asyn mengsel en voeg by.
Kap soetrissies, uie en seldery fyn. So groot soos mielie pitte.
Voeg groente (mielie, uie, seldery en soetrissies) by asyn/suiker mengsel.
Kook vir so 12-15 minute.
Skep in gesterriseerde bottels.
Heerlik as dit so vir ‘n week of wat gestaan het. Geniet saam met braaivleis of koue kosse.