LOUISE SE BREYANI

LOUISE SE BREYANI
Resep: Louise Groenewald(eie resep)
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg skaap of beesvleis of hoender
10 ml vars gerasperde gemmer
10 ml vars fyngedrukte knoffel
5 ml sout
250 ml bruin lensies
500 ml water
500 g Basmati of Tastic Rys
6 Aartappels, kwarte gesny en 80% gaar gemaak.
3 groot uie, dun gesny
Marinade vir vleis:
3 stukkies heel kaneel
5 cardamon sade (gekneus en saadjies uitgehaal, gebruik net die saadjies)
2 groen chillies, fyn gekap
5 ml borrie
35 ml Breyani Masala
15 ml Cumin Jeera
3 Steranys
5 Naeltjies
5 Pimentos
1 Blikkie tamaties (fyn, heel of uie mix)
250 ml karringmelk of plain jogurt

Vryf die gemmer, knoffel en sout in die vleis in. Meng bestandele vir marinade en meng met vleis. Laat marineer vir omtrent 3 ure. (Hoender 2 ure). Ek doen dit sommer die vorige aan en sit dit in die yskas, dan trek die geure lekker in.
Bedek die lensies met die water en kook tot sag en gaar (dit neem omtrent 25 minute). Gooi nog water by as dit droog raak.
Maak die rys gaar. Bedek net met water en gooi bietjie borrie en sout by. As jy Basmatirys gebruik hoef jy nie die water af te meet nie. Basmati rys raak gou gaar (10 – 15 min) en dan spoel jy dit in elk geval af. Die water absorbeer nie alles soos met ander rys nie.
Gebruik groot pot. Ek gebruik my swart pot of groot bazaarpot. Braai die uie tot amper gaar en sit dan die vleis by, met sous en al. Stowe die vleis vir omtrent ‘n halfuur, sit dan die aartappels by, dan die lensies en dan die rys. Stel hitte van plaat baie laag.
NB: Oppas vir aanbrand!!!
Kook rustig vir omtrent twee ure sonder om die deksel op te lig. As ek bees gebruik laat ek dit twee ure gaan, maar korter tyd vir skaap en hoender.