WILDVLEIS POTJIE MET DROë VRUGTE

WILDVLEIS POTJIE MET DROë VRUGTE
FOOD LOVERS RECIPES
1,5 kg wildsvleis met bene in stukke gesaag.
MARINADE
500 ml rooi wyn
4 knoffelhuisies, gekneus
10 ml gedroogde gemengde kruie
100 ml olie
30 ml bruinsuiker
15 ml Worcestersous
50 ml botter
2 uie
1 wortel, gerasper
2 selderystingels, gekap
2 tot 3 lourierblare
6 heel naeltjies
6 wonderpeperkorrels
50 ml vars suurlemoensap
500 ml vleisaftreksel
250 ml rooiwyn
500 g droëvrugte
50 ml maroela-jellie

Marineer vleis twee dae lank in marinade.
Verwyder vleis uit marinade en behou die vloeistof.
Verhit botter en braai uie, wortel en seldery in swaarboompotjie.
Braai vleis tot bruin en plaas in potjie.
Skep uie-en-wortelmengsel bo- op.
Giet marinade oor.
Voeg lourierblaar, naeltjies, wonderpeperkorrels,suurlemoensap by.
Geur goed na smaak met aromat, sout en vars gemaalde peper.
Plaas pot op vuur en prut 3 uur lank.
Vul vloeistof aan met rooi wyn en vleisaftreksel soos benodig.
Vir ekstra geur kan 250 ml room bygeroer word net voordat dit voorgesit word.