1

FUDGE- EN NEUTESKYWE

FUDGE- EN NEUTESKYWE
185 g (330 ml) koekmeel
100 g (125 ml) suiker
125 g (125 ml) botter
Sif meel, voeg suiker by.
Vryf botter in om deeg te vorm.
Druk vas in gesmeerde pan.
Bolaag:
1 blik kondensmelk
60 g (60 ml) botter
30 ml goue stroop
60 g (125 ml) pekannuete grof gekap

Meng bolaag en skep bo-oor deeg.
Bak 15 tot 18 minute teen 180°C.
Laat effens afkoel en sny in blokke.
Laat heeltemal afkoel in pan.
Nota:
Dis dalk nie so goedkoop nie, want pekanneute is duur .. maar probeer dit met neut sprinkels
Resep: Annetjie van Huyssteen