BROODDEEG WIELE MET VULSEL


BROODDEEG WIELE MET VULSEL
Ek sien uit om die broodwiele vannaand saam met ‘n braai te eet.
1 pak brooddeeg
knoffel, fyngekap
roosmaryn, fyngekap
Cheddar- en/of Mozzarellakaas, gerasper
olywe, ontpit
pietersielie, gekap
gesmelte margarien vir oorverf
Rol die brooddeeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Smeer die knoffel en roosmaryn op die deeg, (ek het pietersielie en origanum ook oorgesprinkel.) Strooi die gerasperde kaas laastens oor.
Rol die deeg op en sny in ongeveer 2 cm skywe. Pak die skywe in ‘n gesmeerde bakplaat en laat rys die deegwiele vir ongeveer 25 min.
Druk olywe van eie keuse, groen of swart, tussenin die wiele en strooi gekapte pietersielie met nog gerasperde kaas oor die wiele, vir afronding.
Plaas die bak met die deegwiele in ‘n voorverhitte oond van 200°C en bak tot gaar. Smeer die gesmelte margarien oor die deegwiele sodra dit uit die oond verwyder word. (Net om dit mooi te laat blink).
Resep: Kiti de Jager
Foto: Hannie Steyn