SANDWICH SPREAD – TROEBROODJIESMEER


SANDWICH SPREAD – TROEBROODJIESMEER
3 wortels
1 groot ui
1 groot komkommer
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
1 groen soetrissie
Bruin asyn (genoeg om die groentemengsel te bedek)
Mayonnaise na smaak (maak die mengsel net lekker nat met dit)
Verwerk al hierdie groente in ‘n voedselverwerker tot lekker fyn.
Giet bruin asyn oor die groente tot bo oor en laat staan oornag.
Volgende oggend dreineer die asyn af en skep lepelsvol groente in ‘n skoon doek, druk groente droog tot daar geen vloeistof meer uitkom.
Sprinkel sout en peper na smaak en ook so 4 eetlepels suiker.
Voeg laastens die mayonnaise by en meng goed.
Bottel nou in gesteriliseerde flesse en bewaar in yskas.
Resep: Sandy Berry