RYK SJOKOLADEKOEK


RYK SJOKOLADEKOEK
My vriendin Salomé, het eendag hierdie koek by die werk geëet en die resep in die hande gekry. Dit is ‘n maklike koek wat nie baie skottelgoed maak nie en in ‘n plat bak gebak word. Geen koekpanne en versiersel en wat nog nie. Ryk en romerig.
Smelt saam en laat effens afkoel:
220 g botter
½ koppie kakao
1 teelepel koffiepoeier
1 koppie kookwater
Klits saam:
2 eiers
1 ½ koppie suiker
Voeg die kakao- en kookwatermengsel by die eiermengsel en roer goed saam.
Meng by:
1 ¾ koppies bruismeel
½ koppie room
2 teelepel vanilla geursel
Giet die deeg in ‘n gesmeerde oonbak en bak vir 30 minute teen 170˚C. Toets die koek met ‘n “tweetand vurk”, indien die koek gaar is, kom die vurk skoon uit. Druk die koek vol gaatjies met die vurk en plaas eenkant.
Bolaag:
3 x 58 g bar-one sjokolades
½ koppie room
1 teelepel botter
Smelt die bolaag bestanddele saam in ‘n potjie op die stoof of in die mikrogolf en giet die sous oor die warm koek waarin gate geprik is.
Resep en foto: Tosca de Villiers