1

TAMATIE, HOENDER EN RYSSLAAI


TAMATIE, HOENDER EN RYSSLAAI
400 g gekookte rys
300g gaar hoender in blokkies gesny
2 tamaties in wiggies gesny
3 spruit uie fyngesny
1/2 groen rissie fyn gesny
60 g feta kaas gekrummel
15 ml basilie kruid optioneel asook ‘n paar olywe vir mooi lyk.
Vir die slaaisous:
50 ml olie
10 ml suurlemoen sap
20 ml wit asyn
1 fyngekapte sprui ui
2 ml gedroogte tiemie en roosmaryn
3 ml suiker
sout en peper na smaak

Plaas rys in bak en voeg hoender, tamatie en res van die bestanddele by en meng. Meng slaaisous bestanddele saam en meng liggies met rysmengsel. Giet in mooi slaaibak en garneer met basiliekruid blare en olywe.
Moet te minste 4 ure voor die tyd gemaak word. Jy kan ook die slaaisous maak en oor warm rys giet, meng en later as dit koud is die res in meng. Bedien 6 en hou vir 2 tot 3 dae in yskas.
Resep: Sandy Riggien