1

INGELEGTE KNOFFELPIEKELS

INGELEGTE KNOFFELPIEKELS
2 koppies wit asyn
2/3 koppies witsuiker
1/2 teelepel mostertsaad
1/2 teelepel selderysaad
4 koppies geskilde heel knoffel
Rooi soetrissie(opsioneel)
Plaas asyn en suiker in kastrol en knoop mosterd en selderysaad in gaasdoek toe en kook vir 5 min saam. Laat afkoel. Haal gaasdoek met spesery uit en verhit weer.
Sit knoffel en peppers by en kook stadig vir 5 min.
Bottel warm en laat vir paar weke staan voor gebruik. Baie lekker.
Resep:  Lorett Brittnell