PLAATKOEKIES/PANNEKOEK/WAFELS VEERLIGTE DIKMELK WEERGAWE


PLAATKOEKIES/PANNEKOEK/WAFELS
VEERLIGTE DIKMELK WEERGAWE
Resep gekry van Anette Smith en geplaas deur Petro Borchard
Foto:  Petro Borchards
FOOD LOVERS RECIPES
Die melk of room moet werklik baie dik en baie suur wees – dis die geheim van die resep.
Droë bestanddele:
Sif saam:
2 koppies koekmeel
1 eetlepel maizena
1 teelepel koeksoda
½ teelepel sout
1 eetlepel suiker
Nat bestanddele:
2 eiers, geskei
2 koppies dik suur room of melk

Klop die eierwitte styf. Voeg die eiergele by die droë bestanddele saam met die dik suur room/melk. Meng.
Vou styfgeklopte eierwitte by en bak.
Werk ewe goed vir plaatkoekies, pannekoek of wafels.