GEBAKTE JOGURT KAASKOEK


GEBAKTE JOGURT KAASKOEK
Resep geplaas deur Riana Viviers
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml “double cream” vanilla jogurt
15 ml suurlemoensap
1 proppie suurleemoen geursel
1 blik Gold Cross kondensmelk
1 houer “plain” roomkaas
1 pakkie Marie beskuitjies; fyn fyn gemaak
110 g gesmelte Rama
Meng Rama en koekiekrummels en druk styf vas in groot ronde tertbak.
Meng res van die bestanddele en giet in tertkors.
Bak in oond by 180°C vir 20 minute (nie met thermofan aan nie).
Haal onmiddellik uit. Laat effe afkoel en plaas in die yskas