WENNER SWARTWOUDNAGEREG


WENNER SWARTWOUDNAGEREG
1 sjokolade rolkoek
2 houers gladde roomkaas
1 teelepel vanilla geursel
1 koppie suiker
1 groot blik swart kersies, gedreineer
3 groot sjokolade Flakes
fyn neute
kersie liqueur of sjerrie
1 houertjie room, styf geklitste

Sny die sjokolade rolkoek in skywe en voer die bodem en kante / rante van ‘n mooi ronde nagereg glasbak tot bo uit. Sprinkel die koek mildelik met liquer. Klits in ‘n bak die roomkaas, suiker en vanilla. Hou ‘n paar van die kersies eenkant en vou die res van die kersies by die roomkaasmengsel in. Skep die mengsel versigtig bo-op die rolkoek en maak mooi gelyk tot bo by die rante van die bak.
Plaas die oorblywende kersies bo-op vir versiering en sprinkel ‘n laag fyn neute bo-oor.
Spuit ‘n paar room rossette met die styf geklitsde room al om die rand van die nagereg.
Sprinkle die Flake sjokolade in die middel van die nagereg. Plaas in yskas tot bedien.
Resep: Yvonne Jones