MARLIZE SE BROODJIE MUFFINS


MARLIZE SE BROODJIE MUFFINS
Foto en resep: Marlize Williams
FOOD LOVERS RECIPES
Terug skool toe môre. 😏 Nou begin die kos insit weer. My seun hou nie van toebroodjies nie.
Ek hou oorskiet vleis, hoender etc in klein bakkies in die deep freeze.
snye brood
3 eiers
100 ml room
sout en peper
Rol snye brood uit.
Druk sirkels uit.
Sit in muffin pannetjie.
Ek sit dit solank in die oond by 180 ºC terwyl ek die eiers klits.
Klits die eiers met die room, sout en peper.
Skep lepels vol vulsel van jou keuse op sirkels.
Giet die eier mengsel oor.
Strooi kaas oor.
Bak so 15 minute.