KAPOKAARTAPPELS EMPANADAS

KAPOKAARTAPPELS EMPANADAS
Vanoggend na ek wildspasteitjies gemaak het, gebruik ek die oorblywende stukkies winkel pastei (puff) deeg en maak Empanadas. Helfte springbok vulsel en ander helfte, oorskiet 1 koppie kapokaartappels. Bak in olie tot bruin en geniet, heerlik gedip in sous van jou keuse. My man en kleinkinders sê die tuna was vir hul die lekkerste. Hulle is maar net deurgeëet aan die wild. Jy kan enige vulsel gebruik, the sky’s the limit. My dogter hou weer van kaas, jalenpinos en suikermielies.

1 rol “puff Pastry”
Tunavulsel:
1 koppie kapokaartappels
1 blik tuna
mayonnaise of peri peri sous na smaak
skoot suurlemoensap
visspeserye

Meng bogenoemde saam en gebruik.

Wildsvleis vulsel:
Wildsvleis afgekook met sout, peper en knoffelpoeier. Maak sous dik met oxtail soppoeier.
Rol die deeg uit op meelbestrooide oppervlakte.  Sny sirkels uit die deeg soos op die foto, plaas die vulsel in die middel en vou om ‘n driehoek te vorm, seël die kante baie goed deur dit te vou.
Braai in diep olie tot mooi goudbruin.
Nota:  Ek het 18 Empanadas uitgekry.
Vir pasteitjies kan jy dit met geklitste eier smeer en in die oond bak teen 180ºC tot mooi bruin, ongeveer 15 tot 20 min.
Resep en foto: Carla Botha